LitNet-skrywersberaad
Quo vadis, o quo vadis?
2025-03-13"Ja, natuurlik, neem kennis van daardie swart wolf en alle moontlike kakistokratiese, outokratiese, megalomaniese, narsistiese (klem op nar) geklikhede, plaaslik en globaal. Skryf daaroor sodat ons gewone mense kan verstaan wat aangaan op hierdie planeet van ons wat by die dag meer uit sy baan spin. Maar moenie histeries raak oor al die histeriese goed wat kwytgeraak word nie."
Oor ons trane, nou – en die mistiese groot trek
2025-03-13"Nee, die beloofde land is net hier tussen ons, net hier waar dit al verkennend onder ons voete vorm aanneem en ons help om mekaar behoorlik te kan sien, omlyn deur ons wonde, littekens en kanniedoodskap."
Die impak van grootdata op tradisionele argiewe: ’n oorsig van uitdagings en geleenthede
2025-03-13"Ten spyte van die uitdagings bied grootdata ook geleenthede vir tradisionele argiewe. Deur nuwe tegnologieë te omarm en hul praktyke aan te pas, kan argiewe hul versamelings uitbrei en meer diverse inligting insluit, en steeds relevant bly in die digitale era."
In watter saal word gepraat? Hoe ver trek die klank?
2025-03-05"’n Mens kan nie regtig vir die Noorde skryf nie. Jy kan of behoort net te skryf wat jy noodsaaklik vind om te skryf, op die manier wat dit eis om geskryf te word, terwyl die onderbewuste dikteer."
Omvormie norm: Standaardafrikaans als voertaal
2025-03-05"’n Standaardvariëteit issie net ’n gemeenskaplike kommunikasiemiddel, soes wat ons deesdae aanvaar, nie. As dit die case was, sou Langenhoven nie in sy pleidooi virrie standaardisering van Afrikaans die taal as ’n witmanstaal beskryf het nie."
Afrikaans se talle tonge
2025-03-05"Soos Small, glo ek dat Afrikaans aan almal behoort wat die taal praat, ongeag dialek of tongval. Die onskuld van Namakwa-Afrikaans, die eerlikheid van Griekwa-Afrikaans, die humor van Kaapse Afrikaans, tesame met sy ontronde Bolandse Afrikaans met sy Bolandse bry, is almal boustene van ’n taal wat ons ons eie noem, juis omdat dit ons saambind en nasiebou bevorder."
Resensent of smaakmaker – edelmetaal of klatergoud?
2025-03-05"Die woord kritiek verwys na die vermoë om te analiseer, ’n geldige, eie opinie te vorm én dit te substansieer aan die hand van literêre teorieë."
Laster en belediging: ’n oorsig oor tersaaklike regsbeginsels
2025-03-05"Selfs indien die eiser daarin geslaag het om te bewys dat die bewerings wat die skrywer gepubliseer het, na hom/haar verwys en volgens bogenoemde benadering as lasterlik bestempel kan word, beteken dit nie sonder meer dat die skrywer aanspreeklik is nie."
Die LitNet Afrikaanse Skrywersberaad
2025-03-05In 2024 is die eerste fase van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad aangebied ter viering van LitNet se kwarteeubestaan. Steeds gaan dié gesprek voort as die LitNet Afrikaanse Skrywersberaad.
