LitNet25-skrywersberaad

Undoing villainy: Eastern Cape name changes

Mphuthumi Ntabeni LitNet25-skrywersberaad 2025-04-10

"If we mourn what needs to be mourned, we may find enough empathy to understand the legitimacy of calls for setting things in order that are based on natural justice. Only then, perhaps, we shall stop being angry with each other and begin healing from our historical traumas, and, per chance, even celebrate our history as part of our collective identity instead of as something that embarrasses us."

Wat staar ’n joernalis vandag in die gesig?

Julian Jansen LitNet25-skrywersberaad 2025-04-10

"Hierdie kommentators is soos koerante sonder nuusredakteurs, sonder hekwagte en weinig ag word geslaan daarop dat hierdie stories en gerugte deurspek met inligting is wat die individu wat dit plaas, dalk krimineel aanspreekbaar en vervolgbaar maak."

Waarom ek boekfeeste bywoon

Igno van Niekerk LitNet25-skrywersberaad 2025-04-10

"Mandela, die omie wat in die tronk was en met die aantrek van ’n rugbytrui opinies swaai in 1995. Einste Mandela wat een van die oorsake was dat ons weekliks in bruin kadetklere die skoolrugbyvelde tot paradegronde moes omskep. Hoe goed was ons nie?"

Die groot "Ek is": heuning uit die karkas van ’n leeu

Tom Dreyer LitNetKanaal op YouTube 2025-04-02

"Psychonauts, oftewel psigedeliese reisigers, beskryf die psige soms as ’n eindelose reeks kamers. En ek vermoed hulle het iets beet."

Kuns en/of moraliteit

Vasti Roodt LitNet25-skrywersberaad 2025-04-02

"Sy is beide ’n ma wat haarself versoen het met haar man se seksuele misbruik van haar 15-jarige dogter én die skrywer van weergalose prosa. Haar ontoereikendheid as ’n ouer is nie relevante gronde vir ’n oordeel oor haar toereikendheid as kunstenaar nie."

Kan ’n genre ’n versadigingspunt bereik? Of lê die fout voor die deur van die leser(s)?

Stefaans Coetzee LitNet25-skrywersberaad 2025-04-02

"Ek voel egter sterk dat plaaslike misdaadfiksieskrywers sal baat indien hulle na die gevaartekens (én natuurlik ook geleenthede) kyk wat ek opper voordat hulle die uitsprake oor eie werk onder ywerige lesers se fluisteringe sou hoor."

Die belang van lesersindrukke

Emily Smith LitNet25-skrywersberaad 2025-04-02

In 2024 is Emily Smith aangewys as ’n finalis tydens Netwerk24 se Smaakmaker-toekennings. Later dié jaar is sy tydens die jaarlikse Kokertoekennings deur die Afrikaanse Taalraad met ’n erepenning bekroon. In hierdie bydrae tot die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad gesels sy oor die belang van lesersindrukke en haar reis met boeke.

Jy’s seker nie ernstig nie

Jaco Jacobs LitNet25-skrywersberaad 2025-03-26

"Want jy skryf nie vir kinders omdat dit 'maklik' of 'oulik' is nie. As jy werklik opreg is in wat jy skryf, skryf jy vir kinders omdat jy besef daar is iets ongelooflik spesiaal en kosbaar en delikaat en skrikwekkend en onbevange en verbeeldingryk aan die leef- en ervaringswêreld van jongmense."

Transformasies: Is Rumi ’n mistikus of "social media crack cocaine"?

Dietloff van der Berg LitNet25-skrywersberaad 2025-03-26

"Hy was nie slegs ’n filosoof, mistikus, digter en stigter van ’n Soefi-orde met tollende bedelmonnike nie, maar iemand met diepgaande insig in die aard van die menslike bestaan, en waarskynlik een van die grootste mistieke digters van alle tye."

Dominion: ’n Boek wat sê waar en wat ons is, hoe ons hier gekom het

Andries Gouws LitNet25-skrywersberaad 2025-03-26

"Sy tese en argument is hoogs interessant en sy boek lees baie lekker. Ek vermoed dat daar baie waarheid is in die beeld wat hy gee van die Christelike oorsprong van ons huidige waardes."

Die Khoi-San se eeue-oue trauma

Willa Boezak LitNet25-skrywersberaad 2025-03-20

"Bowenal is ons geloof gegrond in Tsui //Goab, die Gewonde God wat empaties saam met ons treur."

Oor Griekwa-Afrikaans

Hans du Plessis LitNet25-skrywersberaad 2025-03-20

Op Vrydag 20 September 2024 het Hans du Plessis ’n praatjie by die Etienne van Heerden Veldsoirée gelewer waarin hy meer vertel het oor navorsing wat hy en Christo van Rensburg gedoen het oor Griekwa-Afrikaans. Dit was een van sy laastes. Hans is ’n maand later in Potchefstroom oorlede.

Ons moet mekaar kry by: Wat bedoel jy?

HemelBesem LitNet25-skrywersberaad 2025-03-20

As HemelBesem wil hy deur sy skeppings die bestaande idees rondom woordbetekenisse verruim. Eers dán, wanneer nuwe betekenis by die bestaande template gevoeg word, kan ons mekaar begin verstaan. Dan kan ons ook ons eie menswees begin omarm.

Die oop gesprek, die toe debat en die vernietiging van mense

Fanie Olivier LitNet25-skrywersberaad 2025-03-20

"Die gebruik deur die sogenaamde alternatiewe groeperings, die woke mense soos hulle hulleself noem, om binne kultuuroorloë persone of instansies met sterk opponerende menings te neutraliseer deur middel van iets wat bekend geword het as 'cancel culture', is goed bekend."

Quo vadis, o quo vadis?

Lizette Rabe LitNet25-skrywersberaad 2025-03-13

"Ja, natuurlik, neem kennis van daardie swart wolf en alle moontlike kakistokratiese, outokratiese, megalomaniese, narsistiese (klem op nar) geklikhede, plaaslik en globaal. Skryf daaroor sodat ons gewone mense kan verstaan wat aangaan op hierdie planeet van ons wat by die dag meer uit sy baan spin. Maar moenie histeries raak oor al die histeriese goed wat kwytgeraak word nie."

Oor ons trane, nou – en die mistiese groot trek

Johann Rossouw LitNet25-skrywersberaad 2025-03-13

"Nee, die beloofde land is net hier tussen ons, net hier waar dit al verkennend onder ons voete vorm aanneem en ons help om mekaar behoorlik te kan sien, omlyn deur ons wonde, littekens en kanniedoodskap."

Die impak van grootdata op tradisionele argiewe: ’n oorsig van uitdagings en geleenthede

Burgert A Senekal LitNetKanaal op YouTube 2025-03-13

"Ten spyte van die uitdagings bied grootdata ook geleenthede vir tradisionele argiewe. Deur nuwe tegnologieë te omarm en hul praktyke aan te pas, kan argiewe hul versamelings uitbrei en meer diverse inligting insluit, en steeds relevant bly in die digitale era."

In watter saal word gepraat? Hoe ver trek die klank?

SJ Naudé LitNet25-skrywersberaad 2025-03-05

"’n Mens kan nie regtig vir die Noorde skryf nie. Jy kan of behoort net te skryf wat jy noodsaaklik vind om te skryf, op die manier wat dit eis om geskryf te word, terwyl die onderbewuste dikteer."

Omvormie norm: Standaardafrikaans als voertaal

Earl Basson LitNet25-skrywersberaad 2025-03-05

"’n Standaardvariëteit issie net ’n gemeenskaplike kommunikasiemiddel, soes wat ons deesdae aanvaar, nie. As dit die case was, sou Langenhoven nie in sy pleidooi virrie standaardisering van Afrikaans die taal as ’n witmanstaal beskryf het nie."

Afrikaans se talle tonge

Michael le Cordeur LitNet25-skrywersberaad 2025-03-05

"Soos Small, glo ek dat Afrikaans aan almal behoort wat die taal praat, ongeag dialek of tongval. Die onskuld van Namakwa-Afrikaans, die eerlikheid van Griekwa-Afrikaans, die humor van Kaapse Afrikaans, tesame met sy ontronde Bolandse Afrikaans met sy Bolandse bry, is almal boustene van ’n taal wat ons ons eie noem, juis omdat dit ons saambind en nasiebou bevorder."

Top