Jonathan Ball-portaal

Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.

We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Boekresensie: In die blou kamp deur Dana Snyman

Riette Rust Resensies 2015-07-21

"In die blou kamp sou ’n tydsdokument genoem kon word, want ’n deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat reeds aan die uitsterf is, word opgeteken – met empatie, verwondering en humor."

Video's en foto's: Dana Snyman se In die blou kamp word bekendgestel

Naomi Bruwer Jonathan Ball-portaal 2015-07-16

Dana Snyman se boek In die blou kamp is Woensdag, 8 Julie by die Dros-restaurant in Willowbridge-Noord bekendgestel.

Boekresensie: Die jaar toe Emma begin kook het deur Ilse de Korte

Mila de Villiers Resensies 2015-07-10

"Die jaar toe Emma begin kook het pas gerieflik in sy eie kategorie in: Afrikaanse chicklit vir enige Merlot-drinkende kosfundi en boekliefhebber op soek na spitsvondige en lekker vakansieleesstof. Emma is annie brand!"

It might get loud by Ingrid Winterbach (translated by Michiel Heyns): the uncut review

Chantelle Gray Resensies 2015-07-07

"Michiel Heyns beautifully retains the individual idiolects of characters in the translation, as well as giving careful consideration to Winterbach’s idiosyncratic language use, including Engfrikaans. In this way, It might get loud reveals itself as having the 'capacity to provoke new and singular responses' (Attridge 2004:75) that are accented."

Boekresensie: Judaskus deur Rudie van Rensburg

Jaco Fouché Resensies 2015-06-26

"Die boek is baie visueel sonder om in beskrywing vas te val. Dis duidelik dat Van Rensburg die plekke ken waaroor hy skryf en dat hy weet van dinge soos filatelie en polisieoptrede. Die onderliggende komplot is ook intrigerend en ontvou op sy tyd terwyl die pas in sy geheel danksy die baie gebeure en gereelde toneelwisseling terselfdertyd goed volgehou word."

Boekresensie: Swemlesse vir 'n meermin deur Marita van der Vyver

Dewald Koen Resensies 2015-06-26

Swemlesse vir ’n meermin is ’n voortreflike opvolger vir Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. Dié tweeluik sal tienerlesers boei en selfs ’n paar volwasse lesers met nostalgie aan hul tienerjare laat dink. Met haar jongste jeugroman bewys Van der Vyver weer eens dat sy in voeling is met haar lesers en weet wat in tieners se koppe broei.

Reader's review: Wasted by Mark Winkler

Jonathan Amid Books and writers 2015-06-24

"If we are to listen to one  another, and to one another’s stories, we must be willing to recognise not only  our own wounds but the wounds of others."

Resensie: Die respektabele Meneer Hartslief deur Chris Karsten

Madri Victor Resensies 2015-06-24

"Chris Karsten se  wenresep in Die respektabele Meneer  Hartslief is dat hy weer eens genuanseerde karakters skep waarmee die  gewone leser kan identifiseer."

Resensie: Geheime revolusie: Memoires van ’n Spioenbaas deur Niël Barnard en Tobie Wiese

Jaco Fouché Resensies 2015-06-24

"Ek het die boek byna  hand aan hand met my eie herinneringe aan die tagtigs gelees. Ek kon sê: in  1980 was ek so oud; in 1985 se noodtoestand was ek hier; in 1988, toe PW Botha  siek word, daar. En natuurlik onthou baie van ons seker een Sondagmiddag vroeg  in 1990 toe Nelson Mandela uit die tronk gestap het."

Tien vrae (en foto's): Wonderboom deur Lien Botha

Lien Botha, Naomi Meyer Boeke en skrywers 2015-06-22

Lien Botha, visuele kunstenaar, gesels oor haar boek Wonderboom en vertoon foto's van omgewings wat haar gedurende die skryfproses inspireer het.

Onderhoud: Wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015

Dan Sleigh, Naomi Meyer Jonathan Ball-portaal 2015-06-18

"’n Romanskrywer woon in sy verbeelding, kies self sy tydperk, en dáár bestaan geen 'hedendaags' nie. Die leser kyk deur ’n venster na binne; wat hy sien, hang van hom af."

LitNet Akademies-resensie-essay: Ikarus deur Deon Meyer

Jonathan Amid Boeke en skrywers 2015-06-12

"Dit is deesdae byna  onmoontlik om na 'n speurfiguur te verwys sonder dat kaptein Bennie Griessel as  verwysingspunt dien ..."

Foto's: 2015 Media24 Boeke Literêre Pryse

Naomi Bruwer Jonathan Ball-portaal 2015-06-09

Die wenners van die 2015 Media24 Boeke Literêre Pryse is Vrydagaand in Kaapstad aangekondig tydens 'n glansgeleentheid in die Hilton Hotel.

Wenners van die 2015 Media24 Boeke Literêre Pryse aangekondig

LitNet Boeke en skrywers 2015-06-05

Die wenners van die 2015 Media24 Boeke Literêre Pryse is Vrydagaand in Kaapstad aangekondig. Totale prysgeld van meer  as R200 000 is aan die wenners oorhandig.

Resensie: Matriks deur Joan Hambidge

Thys Human Resensies 2015-06-05

 "Matriks behels enersyds  die aangrypende naspoor van die uiteenlopende invloede en patrone wat ’n  skrywerslewe help vorm het. Andersyds behels dit ook ’n skrywende sinmaak ..."

LitNet Akademies resensie-essay: Eugene de Kock – Sluipmoordenaar van die staat

Linda de Jager Boeke en skrywers 2015-06-04

"Deur Anemari Jansen se boek word Eugene de Kock letterlik weer eens opgeroep om in diens te bly staan van ’n ander stryd wat groter is as hy self, ’n broodnodige proses van versoening en waarheid in die ware sin van die woord."

Uit Stasi se oogpunt: Moestas deur Deborah Steinmair

Annelie de Wet Boeke en skrywers 2015-06-03

As jy 'n karakter in 'n boek was, hoe sou jy die fiksie beleef wat rondom jou afspeel? Stasi - oftewel Annelie de Wet - die hoofkarakter in Deborah Steinmair se Moestas, verklap háár ervaring.

Boekresensie: Debora en seuns deur Helene de Kock

Riette Rust Resensies 2015-06-02

"Mens sou dit ’n historiese verhoudingsroman kon noem. Vir  lesers van liefdesverhale werk dit - maar hierdie roman is veel, veel meer as  net dit."

Book review: Wasted by Mark Winkler

Michael King English 2015-06-02

"Mark Winkler’s command of the warp and weft of his  plot, his depiction of place, and his powerful and clear delineations of  character, both Nathan’s and the surrounding characters – all make for a strong  read."

Tien vrae en 'n uittreksel: Boer kry 'n vrou deur Jan van Staden

Cheetah, Naomi Meyer Jonathan Ball-portaal 2015-06-02

"Ek het al verskeie verhale op LêNet [LitNet se ruimte vir die hygliteratuur - redaksie] geplaas ... en dít is waar die uitgewer my raakgesien het."

Top