Frans Rautenbach se groot liefde vir die Krugerwildtuin het gelei tot sy boek Jou Krugerwildtuin Gids, met stories wat pas by Tafelberg-Uitgewers verskyn het. In die boek deel hy praktiese wenke om jou vakansie in die Kruger onvergeetlik te maak en deel ook sy beste Kruger-stories.
By die bekendstelling het Rautenbach en Toast Coetzer gesels oor die boek en hulle ervarings van die Krugerwildtuin.
Jou Krugerwildtuin Gids, met stories is ook in Engels beskikbaar as Your Kruger National Park guide, with stories.

