Foto's: Boekbekendstelling van Split deur Debbie Loots

  • 0

Split se onlangse Kaapse boekbekendstelling was in Clarke’s Bookshop, die oudste boekwinkel in Kaapstad.

Die boekwinkel was gepak. Hulle het ekstra klank ingebring dat mense op die trappe en onder ook kom luister. Daar was heelwat jongmense.
 
Marga Stoffer het die onderhoud gevoer. Hulle het gesels oor Etienne van Heerden se kursus en hoe hy haar gehelp het om "met haar voete op die grond te bly".
 
Elke hoofstuk begin met ’n woordverklaring en hierdie spel met woorde en hulle betekenisse vind ook neerslag in die boek, byvoorbeeld waar ’n getroude vrou verstom staan by die lees van die woorde "female orgasm" - sy het nie geweet dit is moontlik nie.
 
Die boek speel af in die sewentigerjare en Loots sê sy het daardie tyd en die plekke gekies, want sy kon daaroor skryf. Sy was dáár.
 
“Is jy ’n feminis?” het Marga Stoffer gevra.
 
“Ja!” het Debbie Loots sonder skroom geantwoord.
 
“Hoekom het jou nou eers, in jou veertigs, gedebuteer?” wou Marga weet.
 
“Want ek het nou eers ’n storie om te vertel,” se Debbie.
 

split8

 
split9

Debbie Loots

split10

split12

split1

Carolyn Meads en Jan-Hendrik Swanepoel

split2

Debbie Loots en Eloise Wessels

split3

Debbie Loots en Marga Stoffer

split4

Debbie Loots en Nelia Retief

split5

Hester Carstens en Lien Botha

split7

Marga Stoffer en Debbie Loots

split14

split6

Marga Stoffer, Debbie Loots en Paula Marais

split15

Debbie Loots teken 'n boek.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top