Jonathan Ball-portaal

Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.

We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Liefdesroman en Prys vir Romanses

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-18

Boekwurms wêreldwyd sal jou vertel dat min dinge ’n goeie liefdesverhaal klop, en ook in Afrikaans staan liefdesromans hul plek op boekrakke vol.

Nina-omnibus – Die awesome speurklub deur Elizbè van der Colff: 'n resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-09-17

"Leerders kan ’n paar goeie idees vir entrepreneursdae by Nina en haar klasmaats kry. Lesers sal hulle ook met die gemoedelike onderonsies tussen seuns en meisies en die stryery onder sibbe kan vereenselwig. Ek vermoed hulle gaan ook gril, en ek sal nie verbaas wees as daar koppe ná hierdie storie jeuk nie."

Cliff-hanger: Foto’s & fairy lights deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud

Cliffordene Norton, An-Mari do Carmo Boekrubrieke 2024-09-11

Cliffordene Norton bespreek Foto’s & fairy lights en gesels met die skrywer, An-Mari Carmo: "Ek het meer idees as wat ek tyd het om te skryf, en daar is so baie kwessies waarmee hedendaagse jongmense te doen het wat ek dink meer verteenwoordiging kort in boeke." 

Heks deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

Jonathan Amid Resensies 2024-09-05

"Sien Heks dan as ’n lekkerleesboek met ’n kragtige kinkel; ’n moderne fabel waar die boodskap en die boodskapper van belang is, maar wat veel dieper strek as wie die hardste en aanhoudendste kan skree."

Hoekom is mans bang? In gesprek met Dibi Breytenbach oor Heks

Izak de Vries, Dibi Breytenbach Skrywersonderhoude 2024-09-04

"Se dinges. As ’n mens heksdom bereik, sien jy dit vir wat dit is. Dalk het ek te veel Foucault gelees – dat diegene met mag diskoerse tot hulle eie voordeel skep, terwyl hulle hulle intensies verskuil. Soewereine magsmisbruik op die kleinste skaal."

Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

Willie Burger Resensies 2024-09-04

"Soos met die meeste groot kunswerke is dit eerder ’n gewaarwording dat jy in die omgewing van iets groots is wat veel meer as ’n verwoordbare insig is. Jy maak die boek toe met die wete dat jy iets belangriks belééf het, iets baie betekenisvol wat moeilik verduidelik kan word."

Die onsigbare: ’n onderhoud met PJO Jonker

Trisa Hugo, PJO Jonker Skrywersonderhoude 2024-09-04

"Die onsigbare is so goed soos ’n ware verhaal vir my. Daar is nie navorsing wat hierin gegaan het nie, liewer belewing en inlewing. Ek weet hoe ruik skaapwol, hoe dit voel as ’n skaap jou kaal voet raaktrap. Feite is terloops. Ek weet in elk geval nie meer wat is waar en wat is verbeelde werklikheid nie."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: video-opname van gesprek met Dana Snyman oor Seun

Johann Rossouw, Dana Snyman Onderhoude 2024-09-03

Dana Snyman gesels in hierdie videogesprek met Johann Rossouw oor die geboorte van Seun en oor die raakpunte in hul onderskeie verwysingsraamwerke.

Almal moet kan vlieg: ’n resensie van Heks deur Dibi Breytenbach

Erla Diedericks Resensies 2024-09-02

"Sy vergelyk hul verhouding met die dramaturg, Aristofanes, se vertelling in Plato se Simposium van die kragtige, endogene, ronde skepsels, man én vrou, wat eens op aarde was en toe deur ’n jaloerse Zeus geskei en vervloek is om vir altyd rond te dwaal op soek na hul ander helfte."

Ek en jy bestaan nie: ’n onderhoud met Danie Marais

Naomi Meyer, Danie Marais Skrywersonderhoude 2024-08-29

"Namate die bundel begin vorm aanneem het, het ek besef hierdie woorde omvat op verskeie maniere wat my bedruk, bedroef en bekommer rondom al die sosiopolitieke kwessies wat ek hier bo genoem het en hoe dit ons persoonlike verhoudinge beduiwel."

Hemel en aarde en ons deur Zirk van den Berg: ’n resensie

Jonathan Amid Resensies 2024-08-21

"Die whodunit, die trajek van duisterheid en onsekerheid na helderheid, klarigheid en uitsluitsel, na ondubbelsinnige antwoorde, word met ’n 'konseptuele kinkel' moontlik na ’n ander bestemming geneem."

Invitation: Book launch of The truth about Cape slavery by Patric Tariq Mellet – 2 September 2024, Cape Town

LitNet Books and writers 2024-08-21

Clarence Ford will be in conversation with Patric Tariq Mellet about his new book, The truth about Cape slavery, on Monday, 2 September 2024 at 17:30 for 18:00 at Exclusive Books, Cavendish Square, Cape Town.

kykNET Silwerskermfees 2024: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout, skrywer van Die dekonstruksie van Retta Blom

Naomi Meyer, Zelda Bezuidenhout kykNET Portaal 2024-08-21

"’n Storie op die silwerskerm bereik ’n mark wat die boek nie noodwendig sal bereik nie. Die feit dat al hoe minder mense boeke lees, is hartseer maar waar. En daar is stories wat eenvoudig met daardie wyer mark resoneer. Ek dink Die dekonstruksie van Retta Blom is so ’n verhaal."

Nuut by Tafelberg: Die onsigbare deur PJO Jonker

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-20

Wanneer spraakstramme skaapboer Jada Olivier op sy Karooplaas Erfdeel met die bewustelose, gebroke liggaam van ’n vreemdeling aankom, sluit hy die ketting van die plaashek en raak ’n gevangene van sy besluit.

Fresh off the press: The truth about Cape slavery by Patric Tariq Mellet

LitNet Books and writers 2024-08-20

In The truth about Cape slavery, Patric Tariq Mellet argues that modern South Africa – its economy and politics – is shaped and established on the foundation of chattel slavery just like the United States of America. Cape slavery, rather than minor, was a crucial feature of maritime capitalism. This then moved to become the cornerstone of the Cape’s agricultural economy. 

Ons eie Kleuterbybel deur Juliana Nothnagel en Johann Strauss: ’n teologies-estetiese perspektief

Elmarié Dercksen Kinderboeke 2024-08-15

"Behalwe vir volpunte vir die visuele ervaring, verdien die boek ook onderskeiding vir taalgebruik en teologie."

Stefaans Coetzee gesels met Nicole Engelbrecht oor Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart

Stefaans Coetzee, Nicole Engelbrecht Skrywersonderhoude 2024-08-14

"Ja, lesers gaan dinge raaklees wat nog nooit in die media gedek is nie." Stefaans Coetzee kuier saam met Nicole Engelbrecht, skrywer van die blitsverkoper, Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart.

Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Thys Human Resensies 2024-08-14

"In ek en jy bestaan nie is dit nie 'Daantjie' se (mislukte) verset nie, maar eerder die gewetensworsteling wat sy middelklasbestaan in ’n Stellenbosse suburb by hom ontketen, wat poëties gestalte kry in buitengewoon ambivalente perspektiewe ten opsigte van dié voorstedelike domein."

Die geskenk deur Riette Rust: ’n onderhoud met die skrywer

Naomi Meyer, Yolanda du Toit, Riette Rust Skrywersonderhoude 2024-08-08

"Terselfdertyd besef ek ook om te lewe is om pyn te hê, en om pyn te hê is om te lewe."

First sip: One pot cookbook for South Africans by Louisa Holst

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2024-08-01

One pot is for anyone looking for quick-and-easy family supper solutions using economical, local ingredients. The book is ideal for busy people, families and young adults, as well as for weeknight meals and camping trips and has everything from cooking tips, soups, stir-fries, pasta and rice dishes, to batch cooking and sweet treats. Read a selection of recipes here.

Top