Jonathan Ball-portaal
Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.
We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Stefaans Coetzee gesels met Marecia Damons oor The Thabo Bester story
2024-02-05"In Oktober 2022 het my redakteur, Nathan Geffen, my eenkant toe in die kantoor geroep en gesê hy wil hê ek moet aan ’n tronkverhaal werk. Die besonderhede was vertroulik en ons moes in ’n aparte kantoor weg van die nuuskamer vergader om die storie te bespreek."
’n Geogebaseerde blik op aardgesentreerde Karootekste | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2024-01-30Wat het ’n hamerkopnes en breking gemeen? Linda Roothman is ’n boorling van die Karoo en ’n onderwyser wat onlangs gepromoveer het oor die werk van Etienne van Heerden. In hierdie gesprek kyk sy na die invloed van die mens op die natuur, en gebruik Van Heerden se werk as ’n lens.
Pasverskyn: Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks
2024-01-24"Een voet innie kabr isse boek wat ooloep met mystery, beauty, pyn en humour. Fredericks skryf ’n wêreld oep wat min gesien wôd in Afrikaans, en nog minner soe intimately en honestly." – Nathan Trantraal
Die Melkweg en die miskruier deur Jeanette Ferreira: ’n resensie
2024-01-04"Die rol van die vrou in die konteks van landbou, grond, oorlog, asook vredemakers en bewakers van die verlede word opnuut belig."
Die Melkweg en die miskruier: ’n onderhoud met Jeanette Ferreira
2023-12-20"Grond, soos water, soos lug, soos veld, soos diere, is so ’n groot verantwoordelikheid en vra soveel respek en kennis dat dit nie binne een geslag 'reggestel' kan word nie, veral nie terwyl bevoorregte elite – lees: invloedryke lede van die regerende party – wat net so min kennis het, glo grond is geld nie. Grond is die aarde se vel en ons moet die hele liggaam versorg."
Ontaard deur Pieter Odendaal: ’n resensie
2023-12-19"In Ontaard is betekenisvlakke op mekaar gestapel soos rotslae; dit kring uit soos die jaarringe van ’n boom. Leesstof vir die valkoog-fynleser."
Pasverskyn: Die melkweg en die miskruier deur Jeanette Ferreira
2023-12-12In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om nog net een maal weer hulle familieplaas Donkerhoek te sien en ’n neersitplek te soek vir die bondel wat sy al so lank saamdra. Sy het egter nie ’n telefoonnommer vir die nuwe eienaar nie en Google Maps weet nie van so ’n plek nie.
Inter-review with Megan Choritz, author of Lost property
2023-12-12"It’s difficult to explain, especially when asked what is and isn’t 'true', and I always end up saying that all the feelings are real, but that I may have made up the incidents and even the characters to put those feelings across."
Blaas asem in jou skryfwerk deur middel van kortverhale
2023-12-12"Jip, ek gebruik skaamteloos Hans se ongekende sukses as lokaas om aspirantskrywers aan te moedig om te skryf. Begin by kortverhale, dit is ’n goeie – maar vrek moeilike – medium om in te oefen."
’n Gesprek oor Gebeente | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-12-06Waarom kry ’n mens nie die dorpie Gebeente op ’n kaart nie? Hoekom het hierdie roman twee mense wat ’n misdaad moet ondersoek – die gewone speurroman het dikwels net een speurder nodig?
Ons skulde deur PP Fourie: ’n resensie
2023-12-06"Dan kan jy oor hierdie kleinigheidjies mor, maar wat veel meer tel, is daardie naelbyttonele teen die einde met ’n helikopter wat oor Bloemfontein stotter, polisiesirenes, flitsende ligte, ambulanse – en die moontlikheid dat almal – óns almal – reddeloos in ’n poel yskoue donker water wegsink."
Elders gesien: Op die heel mooiste manier
2023-12-04"So sluit die jaar se bekendstellings en boekgeleenthede op die heel mooiste manier af: Met Tom Dreyer wat voorlees uit een van 2023 se hoogtepunte (Nou in infrarooi) en Riku Lätti se blouste kitaarklanke en Danie Marais wat voorlees uit wat seersekerlik 2024 se digterlike hoogtepunt gaan wees (hou die koerante dop)."
Still breathing | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-30Tony Jackman interviewed Marita van der Vyver on her novel Still breathing and her memoir A long letter to my daughter. What is it like to get older? How does one hold an entire cast of characters in one’s hand? Are her characters based on real people? How does it feel to dream in a language that differs from the one your daughter dreams in?
Siembamba deur Madelein Rust: ’n lesersindruk
2023-11-22"Reeds vroeg in haar huwelik vind sy uit dat sy eintlik net ’n inskiklike vertoonstuk, gewillige seksmaat en nou broeimasjien van die Rochebrandt-familie is."
Leo deur Deon Meyer: ’n lesersindruk
2023-11-22"Wat is ’n speurder sonder ’n misdaad om op te los of Bennie sonder dranklus om te onderdruk? In Leo word sy troudatum ingespan om ekstra spanning op te bou."
Die kind van die skrywer bou ’n skans | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-15PP Fourie het ’n lesing gehou by die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 waarin hy gesels het oor sy eie reis om tot skryf te kom. Fourie verduidelik ook dat hy lank gedink het dit is bogpraatjies wanneer mense beweer dat skryf heling bring. Nou dink hy anders.
Die laaste kanariegeel notaboek | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-15“Geheime is gevaarlik,” sê Anchien Troskie vir AJ Opperman in hierdie onderhoud oor haar roman Die laaste kanariegeel notaboek. Die gesprek het plaasgevind tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023. Opperman vra uit oor die gebruik van kleur, die skryfproses en hoe sy die verskillende tydvakke in die roman nagevors het.
Leeskringresensie: I am Ella: a remarkable story of survival, from Auschwitz to Africa deur Joanne Jowell
2023-11-10"En die Ella wat van Warskou gekom het en in Brakpan haar lewe kom maak het, praat ’n bietjie Afrikaans! Sy noem haarself ’n boeremeisie en verklaar uitbundig hoe mal sy oor haar lewe in Brakpan was."
Die wêreld van Sagie | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-02In hierdie lesing by die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 praat Jan van Tonder oor die wêreld van Sagie en hy vertel hoe hy Sagie "ontmoet" het.
Die Feetjie-Polisiediens deur Leon-Ben Lamprecht: ’n lesersindruk
2023-11-02"Nou, wanneer jy die tradisionele sprokies lees, het jy al ooit gewonder: Is daar nie polisie in feetjieland wat al die misdade wat gedurig plaasvind, probeer bekamp nie? Is daar nie reg en geregtigheid nie?"
