Jonathan Ball-portaal

Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.

We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Pasverskyn: Seun deur Dana Snyman

LitNet Boeke en skrywers 2024-07-31

Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue. 

Koeke, terte, Paris se twisappel en ’n bietjie Marita van der Vyver

Izak de Vries Boeke en skrywers 2024-07-31

"Maar hierdie bepaalde geleentheid rondom die Griekse gode en ’n skunnige boek was anders en is op ’n heel, heel ander plek gehou."

Die poppe sal dans: ’n resensie van Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach

Ena Jansen Resensies 2024-07-29

"Die gelaagdheid van die roman is nooit swaarwigtig nie. Lering en vermaak gaan hand aan hand. Dit geld ook vir die politiek-ekonomiese kwessies wat deurlopend aangesny word en akuut op almal in die dorp inwerk."

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach | 3 Augustus, Stellenbosch

LitNet Boeke en skrywers 2024-07-29

Willem Anker sal in gesprek wees met Ingrid Winterbach by die bekendstelling van Onrus op Steynshoop op Saterdag 3 Augustus om 11:00 by die Stellenbosch Biblioteek in Pleinstraat, Stellenbosch.

Book launch invitation: What’s wrong with June? by Qarnita Loxton on 1 August at Wordsworth Books, Stellenbosch

LitNet Books and writers 2024-07-29

You are invited to the book launch of What’s wrong with June? by Qarnita Loxton. Eva Mazza will be in conversation with Qarnita Loxton on 1 August, Wordsworth Books, Stellenbosch Square at 18:00 for 18:30.

Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart deur Nicole Engelbrecht – ’n resensie

Pieter van Zyl Resensies 2024-07-26

"Kan hierdie boek uiteindelik lei tot die omvorming van paroolwetgewing? Eerder vroeër as later. Hoeveel moorde, verkragtings en ander geweldsmisdade moet nog plaasvind waar misdadigers op parool weer oortree?"

Die man wattie kinnes vang: ’n onderhoud met Nathan Trantraal

Annemarié van Niekerk, Nathan Trantraal Skrywersonderhoude 2024-07-24

"Die liewens van bryn en swat South Africans is alternative history. It is soes om te vra wat van as apartheid nooit geëindig hettie. Gan narie Cape Flats toe, dai sal jou vraag antwoord."

Harry Potter toor weer met Afrikaans: ’n kinderboekbespreking

Liné Loff Kinderboeke 2024-07-15

"Ek is dankbaar dat die Harry Potter-reeks in Afrikaans beskikbaar is. Nie net is dit ’n aanduiding dat Afrikaans lewend is nie, maar maak dit hierdie lieflike stories met belangrike lewenslesse meer toeganklik vir Afrikaanse kinders (én volwassenes), veral dié wat soms nodig het om aan die werklikheid te ontsnap."

Kaptein Onderbroek se avonture klink goed in Afrikaans: ’n resensie

Maryke Roberts Kinderboeke 2024-07-02

"Ek het die boeke geweldig baie geniet en hou van die kinderlike pret wat die twee seuns het. Die onderwerpe sluit alles van zombies en toilette met tande, bankrowers en wetenskapeksperimente, tot slegte snoepiekos in."

Draaie, swaaie en afdwaalpaaie: ’n onderhoud met Corlia Fourie en Annelize van Rooyen

Naomi Meyer, Corlia Fourie, Annelize van Rooyen Skrywersonderhoude 2024-06-24

"[Die bundel] het spontaan ontstaan uit ’n gesprek wat ons albei laat besef het hoe lekker dit is om herinneringe aan reise op te roep. Veral die reise wat, sê maar, skeefgeloop het, het met die tyd snaakser geword en lekkerder om oor te vertel."

Persverklaring: 2024-UJ-prys vir Afrikaans

LitNet Boeke en skrywers 2024-06-21

Die wenner van die 2024-UJ-prys is nou bekend.

Oor Sizzlers deur Nicole Engelbrecht, "oerwonde" en heling

Laurie Gaum Boeke en skrywers 2024-06-19

"Indien (wit) gay, manlike Suid-Afrikaners ’n oerwond het, is dit beslis die Sizzlers-bloedbad begin 2003 in Seepunt."

Marked by Gillian D’achada: reader impression

Christien Neser Books and writers 2024-06-18

"Teachers who have used Sharkey in their classes will feel very comfortable moving on to Marked. It is a solid classroom reader. It has enough flesh on the bone to tick all the boxes of the curriculum, while offering the children a fast-paced, enjoyable read."

Al wat tel deur Irma Venter: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2024-06-11

"Ek wil my verstout om te sê dat benewens die leesgenoet van ’n krimiroman, sy ook haar lesers ongemerk inlig oor presies watter booshede in die land én wêreld aangaan en dat Suid-Afrika allermins ’n eiland is – veral wanneer groot misdadigers speelplek soek."

Stefaans Coetzee in gesprek met Graham Coetzer, skrywer van Hunting with the Hawks

Stefaans Coetzee, Graham Coetzer Skrywersonderhoude 2024-06-07

"In sy 15 jaar as joernalis het Coetzer mense in die polisie ontmoet wat hulle lewens toewy aan hulle werk, ten spyte van nepotisme, politiese inmenging en min resources."

Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers: ’n skrywersonderhoud

Naomi Meyer, Elrien Scheepers Skrywersonderhoude 2024-06-05

"’n Boek moet nie net geléés word nie, ’n boek moet belééf word."

Darlings of Durban by Shafinaaz Hassim: a classic example of chick lit

Janet van Eeden Books and writers 2024-05-31

"Darlings of Durban is a great holiday read. While it deals with serious issues in some of the relationships of the women, the novel is not meant to be scoured for national political commentary."

Al wat tel deur Irma Venter: ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-05-31

"Toe Ami by die misdaadtoneel aankom, weet sy dis nie ’n gewone misdaadtoneel nie. Want hoekom is die Valke daar?"

Eerste slukkie: Platsak maak ’n plan deur Anneke Langner

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2024-05-22

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies. Die uittreksel in hierdie artikel sal opvoeders wat hierdie boek vir voorlees in die klaskamer wil gebruik, ’n voorsmakie van die boek gee.

Platsak maak ’n plan vir voorlees in die klaskamer: ’n onderhoud met die skrywer

Naomi Meyer, Anneke Langner Kinderboeke 2024-05-22

"Ek het ook grootgeword in ’n huis waar elkeen van ons kinders die voorreg gehad het om op ’n stadium ’n troeteldier te kon hê. Ek wens ek kon vir alle diere ’n goeie huis gee. As iemand wat my boek klaar gelees het, net ’n bietjie liewer is vir hul troeteldier, is dit reeds ’n wen vir my!" 

Top