Annie Olivier skryf op Facebook:
Op ’n dag iewers in Oktober 2008 loop ek vir die eerste keer in by NB Uitgewers se Kaapse kantoor vir ’n onderhoud by Erika Oosthuysen, hoof van die niefiksie-afdeling, om ’n pos as niefiksie-uitgewer. Die senuwees knaag en by ontvangs aangekom, vra ek vir Erika de Beer, ’n vorige lynhoof uit my dae as joernalis.
“Jy bedoel seker Erika Oosthuysen,” sê ’n man met ’n baard skielik langsaan my. Ek herken hom dadelik as Kerneels Breytenbach, destydse uitgewershoof.
Aarde sluk my in! Nou kan ek koebaai sê vir daai pos, dink ek. Wie soek nou ’n niefiksie-uitgewer wat so ’n feitefout begaan.
Gelukkig bly Erika salig onbewus van my flater en kry ek sowaar die pos. Daarmee begin my loopbaan as uitgewer in Desember 2008 – ’n lewensveranderende moment op professionele en persoonlike vlak. Ek het van die eerste oomblik wat ek met skrywers en hul manuskripte begin werk het, geweet ek het my roeping gevind.
Vanoggend stap ek weer in by NB Uitgewers se kantoor, nou as die nuwe hoofbestuurder, of kortweg uitgewershoof van NB. Soveel van dit wat ek van uitgewer-wees weet, het ek hier op die 12de vloer van die Media24-gebou onder Erika (Oosthuysen!) en haar destydse span geleer. Dis waar die fondasie gelê is. My horisonne is verder verbreed sedert ek in 2016 by Jonathan Ball Uitgewers aangesluit en blootstelling aan ’n andersoortige uitgee-tradisie ontvang het. Eugene Ashton, uitvoerende hoof van Jonathan Ball Uitgewers en nuwe uitvoerende hoof van Media24Boeke, het my onder meer geleer wie nie waag nie, wen nie.
Noudat ek my is’e en my are’s grotendeels onder beheer het, keer ek vandag terug na my wortels. Dit voel soos ’n tuiskoms.
***
Dear friends in the publishing industry
A wonderful opportunity has come my way – I have been appointed as the new general manager of NB Publishers, which includes the imprints Tafelberg, Human & Rousseau and Kwela, among others. As part of a consolidation process of the publishing divisions within Media24, NB Publishers will move in under Jonathan Ball Publishers from 1 April. I will therefore remain part of the bigger JBP team, although my new home will be at NB Publishers.
In December 2008, I started my career as a publisher at Tafelberg, so in many ways this is a homecoming for me. I look forward to working with you in my new capacity.
Kommentaar
Geluk, Annie!! So bly vir jou!