
Dink jouself gelukkig deur Pieter van Jaarsveld (Uitgewer: Lux Verbi)
Titel: Dink jouself gelukkig
Skrywer: Pieter van Jaarsveld
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796323521
Epub ISBN: 9780796323538
Gelukkige mense leef langer en is meer suksesvol in alles wat hulle aanpak. Die wonderlike is dat geluk nie daar buite is nie, maar binne-in jou!
Dit is ’n ingesteldheid: Verander jou ingesteldheid en jou lewe verander! Met Dink jouself gelukkig wys Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer.
Daar is praktiese, eenvoudige oefeninge wat jy kan doen om jou gelukkiger te maak. Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.

