Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

Graad 5: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-08-10

As jy in graad 5 is, weet jy mens kry vyf soorte voedselgroepe: lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed en lekkergoed. Toemaar, ons by LitNet wens ook dit was waar (maar daar is ’n som oor pannekoeke hier versteek). Ons kan jou dag tog so effens versoet deur hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West met jou te deel. Klik hier om dit gratis af te laai en begin sommer vandag al daaraan smul.

Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-08-05

Is jy in graad 7 en weet jy hoeveel kontinente daar op aarde is? Wag, op hierdie prent is een van hulle soek! As jy voel daar is ook ’n leemte in jou Wiskunde-kennis kan hierdie vraestel deur Wilhelm du Toit ’n meer volledige legkaart help pak. Laai sy oefenvraestel en -memo hier af. Hierdie toetsreeks hoef verlore legkaartstukkies jou nie te frusteer nie.

Kinderboeke: Rafiek Mammon se Faizel versamel sterre in Afrikaaps

Rafiek Mammon, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2022-08-04

"Kaaps is nie iets waaroor ek mal of passionate is nie. Ek glo jy moet jouself kan uitdruk soos jy wil. Dis tog waarvoor ons geveg het, is dit nie?" Rafiek Mammon gesels oor sy boeke vir bloedjong lesers, Faizel en die sterre en ’n Goue ster vir Faizel, en vertel hoe sy Moslem-karaktertjie ’n stem help gee aan gemarginaliseerdes.

Kinderboeke wat verheug, vermaak en verruim

Lindie Koorts Boeke en skrywers 2022-07-29

"Wat is dit wat ’n kinderboek suksesvol maak? Soos in enige boek, of dit nou vir grootmense of vir kinders is, gaan dit oor aangrypende karakters. Die lys kan eintlik maar daar eindig. Maar daar is wel veel meer."

Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-07-27

As jy in graad 6 is, weet jy teen hierdie tyd dis so seer soos ’n bysteek as jy nie vir jou Wiskundetoets voorberei het nie. (Jy weet natuurlik ook die byekorf bestaan uit heksagonale selle, of hoe?) Met hierdie gratis oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West is die toetsreeks so soet soos heuning! Gebruik die oefenvraestel en -memo om vir die kwartaal se werk voor te berei.

Graad 3: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-07-27

’n Rukkie gelede het jy nog op ’n driewiel rondgery. Nou is jy al graad 3 en moet jy oefen vir volgende jaar se eerste Wiskunde-eksamen! Met Lee-Ann West se oefenvraestel is die voorbereiding sommer groot pret. Laai die vraestel en memo gratis hier af.

Graad 11: Fisiese wetenskappe-vraestel en -memo, hersiening

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-07-19

Is jy in graad 11 en wil jy sommer vandag al jou hersieningsrooster vir die nuwe kwartaal lanseer? Krag en beweging is juis sommige van die temas wat in hierdie gratis Fisika-vraestel deur Luize Kroukamp behandel word. Laai vandag nog die vraestel en memo af om jou akademiese jaar met vlieënde vaandels te slaag.

Graad 4: Afrikaans Huistaalvraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-07-19

Het jy die vakansie die Afrika-pikkewyne by Bettiesbaai sien broei? As jy in graad 4 is, kan ’n leesstuk in hierdie gratis oefenvraestel en -memo van Eugene van der Westhuizen jou aan hierdie heerlike seevakansie herinner. Berei voor met die prettige oefenvraestel – en voordat jy jou oë uitvee, is dit weer vakansie!

Graad 8: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-06-22

’n Seekat het agt tentakels, maar kan hy Wiskunde doen? Gebruik hierdie gratis vraestel vir graad 8-leerders, opgestel deur Lee-Ann West, om jou Wiskundevaardighede op te skerp.

Gesprek: Multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes (MRL) en selfgerigte lees

Ronel van Oort, Estelle Kruger Onderhoude 2022-06-22

"Hoe kan ek letterkunde en leesgeletterdheid kreatief onderrig en dit steeds met die KABV se vereistes integreer?" Ronel van Oort van Noordwes-Universiteit beantwoord hierdie en ander vrae waarmee opvoeders worstel aan Estelle Kruger.

Graad 6: Afrikaans Huistaalvraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-06-15

Wil jy hierdie kwartaal goeie punte vir Afrikaans Huistaal kry? Laai die vraestelle en memorandums vir vraestel 1, 2 en 3 vir graad 6-leerders, opgestel deur Eugene van der Westhuizen, gratis hier af.

Graad 8: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-06-15

In potspel kan die sink van die 8-bal die spel maak of breek, nes jou Wiskundepunt op jou rapport. Gebruik hierdie gratis vraestel vir graad 8-leerders, opgestel deur Lee-Ann West, en seëvier oor jou volgende Wiskundevraestel.

Graad 9: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-06-14

Draai die ratte in jou kop soos jy probeer sin maak van Wiskunde? Hierdie vraestel vir graad 9-leerders deur Lee-Ann West is gratis beskikbaar en kan jou help voorberei vir jou eksamen.

Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-06-13

Daar is sewe dae in ’n week, maar jy wil sekerlik nie élke dag Wiskunde doen nie? As jy in graad 7 is, gebruik dié gratis vraestel van Wilhelm du Toit om jou werk vinnig onder die knie te kry.

Graad 7: Wiskundevraestel en -memorandum, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-06-08

Is jy in graad sewe en droom jy daarvan om eendag die wêreld se sewe wonders te sien? Hier op LitNet is daar Geografie-vraestelle waar jy meer hiervan kan leer. Of, van sewe gepraat: berei met sukses voor vir hierdie graad 7-Wiskunde-eksamen deur Lee-Ann West se vraestel gratis hier af te laai.

Graad 12: Begripslees-vraestel, Afrikaans Eerste Addisionele Taal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-06-02

Is jy in matriek en neem jy Afrikaans Eerste Addisionele Taal? Dewald Koen se begripsleesvraestel en –memo sal jou help om voor te berei vir die eksamen. Dit sal boonop jou verbeelding aangryp – heeltemal gratis!

Kuberklas Kreatief: "Drie dimensies van haar"

Terry Terblanche Botha Kuberklas Kreatief 2022-06-02

"Soos sy onthou,
Soos sy vergeet,
Soos sy leer om daarmee saam te leef ..."

Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-27

Is jy in graad 6 en kry jy koue rillings as jy die woord "Wiskunde" hoor? Met die vraestel en memo wat Wilhelm du Toit vir LitNet opgestel het, gaan jy die werk maklik onder die knie kry! Dit is gratis hier beskikbaar.

Meer bek as binnegoed het baie om die lyf: ’n onderhoud oor die ATKV se idiome-bordspeletjie

Naomi Meyer, Mercia Eksteen, Esmé du Toit ATKV-Portaal 2022-05-26

"Dit is juis omdat ons nie meer hoor dat mense idiome in alledaagse gesprekke gebruik nie dat ek begin dink het aan ʼn manier – ’n bordspeletjie – om dit weer terug te bring. Toe besef ek die kinders se opstelle is net so 'vaal', want hulle ken nie die Afrikaanse idiome nie, daarom gebruik hulle dit nie."

Graad 4: Afrikaans Huistaalvraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-17

Is jy in graad 4 en hou jy daarvan om see toe te gaan? Mens kan nou al droom van ’n lekker lang strand en om agter jou hond se vier pote aan op die sand te gaan stap. Eers moet jy voorberei vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen. Dis sommer groot pret met Eugene van der Westhuizen se vraestel en memo, wat jy gratis hier kan aflaai.

Top