Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

Graad 10: Fisiese Wetenskappe-vraestel en -memo (Fisika), vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-11-29

Is jy in graad 10 en nie meer lus vir die eksamen nie? Die goeie nuus is dat Luize Kroukamp se oefenvraestel op dieselfde golflengte as jy is. Dis asof die vraestel begryp dat jy hierdie kwartaal ’n brander van goeie punte benodig om jou voete onder jou uit te slaan. Jy kan dit gratis aflaai en vir jou eksamen voorberei (leer sommer om golflengtes uit te werk ook).

Graad 10: Wiskunde-vraestel (2) en -memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-11-23

Is jy in graad 10 en is jou lieflinghond op jou radar en nie juis jou eksamenwerk nie? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann West kan jy blitsig die radar-oefening gebruik om die vertikale hoogte van die vliegtuig bo grondvlak uit te werk. Dan kan jy met ’n geruste hart met jou hond gaan stap. Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af laai.

Graad 11: Wiskunde-vraestel (2) en -memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-11-23

Is jy in graad 11 en verkies jy eerder die geselskap van jou kat as dié van nog eksamenwerk? Die goeie nuus is dat hierdie vraestel deur Lee-Ann West onder andere ’n mond-en-snor-diagram bevat wat jou aan jou gunsteling-troeteldier kan herinner. Die ander goeie nuus is dat die vraestel jou in ’n japtrap vir jou eksamen voorberei en dan kan jy vinnig verdere aandag aan jou geliefde kat gee. Laai die vraestel gratis hier af.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-11-23

HGD? In gr 6 & mug v wrk? Klik hier om die vraestel wat Eugene van der Westhuizen vir LitNet opgestel het, gratis af te laai; dit maak voorbereiding makliker. (Daar is ook ’n afdeling in die vraestel wat oor SMS-taal handel, so dis hkm jy smr hierna eksamen oor Afrikaans én oor SMS-Afrikaans sal kan skryf.)  

Graad 11: Wiskundevraestel en memo (vierde kwartaal, vraestel 1)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-11-18

Is jy in graad 11 en lê jou Wiskunde-eksamen voor? Daar’s nie verniet 11 spelers in ’n hokkiespan nie. Saam met Lee-Ann West se vraestelle is Wiskunde spanwerk en kan jy maklik in hierdie eksamen ’n wendoel slaan.

Onderwyshulp en leesbegripstrategieë 3: Metakognisie en agtergrondkennis

Johan Anker SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-11-18

"Dit is ook beklemtoon dat die leser ’n groot bydrae kan en moet lewer om op sy manier en met sy agtergrond betekenis te skep uit en met die inligting wat in die teks verskaf word. Al die betekenis staan nie sommer net direk daar nie. Dit is dus ’n kommunikasie wat tussen die leser/hoorder en die teks moet plaasvind."

BELA-wetgewing en Afrikaans op skool: Merlyn van der Rheede gee haar mening

Naomi Meyer, Merlyn van der Rheede SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-11-10

"Sommige instansies sien hierdie voorgestelde wysigingswet as die staat se manier om totale beheer oor skole oor te neem en om skole die reg op moedertaalonderrig te ontsê. ... Politici het die geneigdheid om alles te politiseer en dit is nie noodwendig in die landsburgers se beste belange nie."

Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-11-09

Is jy in graad 10 en droom jy daarvan om eendag sakkevol geld te maak? LitNet se raad is om eerste hierdie eksamen deur te kom. Hierdie vraestel deur Lee-Ann West sal jou met die voorbereiding van die vierde kwartaal se Wiskunde help (en sommige van die vrae handel boonop oor sinvolle beleggings vir die toekoms).

Dryf deur Cecilia Steyn: ’n resensie

Henriëtte Loubser Resensies 2022-11-08

"Met Dryf vestig Steyn haarself as ’n bedrewe, veelsydige skrywer en verras sy lesers van haar heerlike liefdesverhale met ’n uitdagende en bevredigende speurverhaal. Dryf is ’n verhaal wat die leser mag bybly en laat nadink oor die vervlegtheid tussen mens en natuur en oor hoe lank dit nog moontlik sal wees om onbevange in die see te kan dryf asof jy 'tussen skitterende sterre sweef'."

Die lekkerlag-pretboek: ’n onderhoud met De Wet Hugo

Naomi Meyer, De Wet Hugo Skrywersonderhoude 2022-11-08

"Dis 100% geskik vir ’n lang rit in ’n motor of ’n vakansie waartydens niggies en neefs mekaar uiteindelik weer na ’n lang tyd sien. En dit kan selfs aan die begin van die skooljaar in die klaskamer gebruik word as ysbreker op die eerste dag."

Onderwyshulp, deel 2: Leesbegripontwikkeling – hardoplees en leesbegripstrategieë

Johan Anker SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-10-31

"Om doodgewoon aan die einde van ’n skooldag ’n storie te lees vir die klas of vanaand by die huis net voor slaaptyd, is dalk een van die belangrikste leergeleenthede van die dag. Want dit is die natuurlike manier hoe ons taal van kleins af leer; deur die luister daarna, die  vrae vra daaroor, die praat daaroor en die visualisering van wat gesê of gelees word."

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-10-25

Spinnekoppe kan blykbaar selfs in die gewigloosheid van die ruimte ’n netjiese web spin. As jy hierdie vraestel deur Eugene van der Westhuizen aflaai, kan jy hiervan lees en as jy in graad 9 is kan jy sommer ook vir jou eksamen voorberei. Twee vlieë met een klap ...

Graad 10: Wiskundevraestel (2) en memo, derde kwartaal-hersiening

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-10-25

Is jy in graad 10 en voel jy asof jy jou kapasiteit vir die jaar bereik het as jy aan jou derde-kwartaal-Wiskundepunt dink? As jy onseker is wat hiermee bedoel word, moet jy verkieslik nie na ’n Afrikaans-handboek kyk wat jou sal inlig dat dit ’n anglisistiese stelling is nie. Hersien wel jou Wiskunde deur Lee-Ann West se vraestel gratis af te laai en seker te maak jy het jou werk onder die knie.

Verrykingswiskunde: Die p-waarde en die verskil in smaak tussen melk eerste of tweede in jou tee

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-10-25

In hierdie Wiskundeverrykingsartikel skryf Pieta van Deventer oor waarskynlikheid en oor die vraag of dit moontlik is om die verskil in jou tee te proe tussen die gevalle waar die melk vooraf in die koppie geskink is teenoor wanneer die melk agterna by die tee gevoeg is.

Graad 8: Wiskundevraestel (1) en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-10-25

Is jy in graad 8 en droom jy nou al van die Desembervakansie? Een van hierdie woordsomme gaan jou beslis na swembadwater laat uitsien, en hierdie gratis vraestel en memo deur Lee-Ann West gaan boonop die lafenis bied om jou te help met jou eksamenvoorbereiding.

Graad 8: Wiskundevraestel (2) en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-10-25

Is jy in graad 8 en wonder jy wat Pythagoras eendag prakties vir jou kan beteken? Dink aan beroepe soos wetenskaplike, argitek, ruimtevaarder en ingenieur! Gebruik dus Lee-Ann West se vraestel en memorandum om hierdie eksamen te slaag – én toekomstige geleenthede te ontsluit.

Graad 8: Afrikaans EAT-begripstoets en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-10-20

As jy in graad 8 is, verlang jy miskien partykeer na ’n sorgelose tyd toe jy met Lego-blokkies lugkastele kon bou. Met Dewald Koen se Afrikaans Eerste Addisionele Taal-begripstoets is voorbereiding vir jou eksamen sommer kinderspeletjies (en een van die leesstukke handel juis oor Lego). Die begripstoets is gratis hier beskikbaar.

Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-10-20

Is jy in graad 9 en wonder jy hoe jy die munte in jou spaarvarkie vir die feesseisoen kan laat vermeerder? Die geldsomme in hierdie Wiskundevraestel deur Lee-Ann West gaan jou dalk nie daarmee kan help nie, maar dit sal jou in staat stel om deeglik voor te berei vir jou vierde-kwartaal-eksamen. Daarna kan jy met ’n geruste hart gaan vakansie hou.

Onderwyshulp en leesbegrip: Johan Anker beantwoord lesers en opvoeders se navrae

Johan Anker Skole 2022-10-19

’n Onlangse artikel oor skoolkinders se onvermoë om behoorlik te lees het aandag getrek en lesersnavrae ontlok. Hier beantwoord Johan Anker die navrae.

Graad 11: Wiskundige geletterdheid – tweede vraestel en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-10-13

As jy in graad 11 is, weet jy dat Wiskunde meer as net kinderspeletjies is. Stuur jou ouers om die magnetiese getalle op die yskas te gaan rangskik, graad 11-leerder, want LitNet bied hulp vir jou. Gebruik Lee-Ann West se oefenvraestel en memo om jou aan die begin van die kwartaal met jou Wiskundige geletterdheidshersiening help.

Top