Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Skole se invloed op die onderbou van (on)geletterdheid
2023-10-11"Geletterdheid en lees met begrip, of eerder die gebrek daaraan onder graad 4-leerders, het onlangs onder die soeklig gekom. Wat sê kenners?"
Graad 2: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2023-09-28Is jy in graad 2 en moet jy in Wiskunde uitwerk hoeveel kinders daar in jou klas is as ’n prentjie van een dogtertjie al die tyd vyf dogtertjies voorstel en ’n prentjie van een seun dalk sewe seuns? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry ’n maklike manier om vir oulaas vir die toetsreeks voor te berei. As jy wonder hoekom hierdie twee kinders so mistroostig lyk, is die antwoord: Hulle weet nie dis amper vakansie nie!
Fedsas-persverklaring oor BELA: Is die koeël deur die kerk vir onderwys?
2023-09-28Ons, die mense van Suid-Afrika, sal moet opstaan vir openbare skole en baie harder baklei vir gehalte-onderwys vir elke kind in ons land. Ons moet besluitnemers aanspreeklik hou vir die nakoming van hul verantwoordelikhede. Goeie ouers moet hand opsteek en staan as kandidate in volgende jaar se beheerliggaamverkiesing en elke ouer moet gaan stem.
Die BELA-konsepwet is aanvaar: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2023-09-28"Geen van die bepalings in BELA gaan sorg vir goeie skole of goeie landsburgers nie. Die teendeel kan eerder gebeur, naamlik dat die staat goeie skole se taalbeleide kan verander of goeie skole oorvol kan maak met beheer oor toelatings."
Graad 1: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2023-09-21Is jy in graad 1 en kan jy tel hoeveel kameelperde op hierdie foto is? In die gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West wat jy hier kan aflaai, sal jy leer hoe om nie drie nie, maar ses kameelperde te verdubbel. Verdubbel sommer jou punte op jou rapport as jy vir oulaas hard vir jou toetsreeks voorberei.
Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal
2023-09-21Is jy in graad 9 en voel jy soms ongelukkig oor hoe mense by die skool optree? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen af en berei voor vir jou Afrikaans Huistaal-toets hierdie kwartaal. Jy sal boonop in een van die leesstukke verstommende wenke raaklees oor hoe om boeliegedrag te hanteer.
Graad 3: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2023-09-18Is jy in graad 3 en maak hierdie toebroodjies jou honger? Jy gaan jou honger na goeie punte kan stil deur hierdie gratis oefenvraestelle deur Lee-Ann West af te laai om vir jou toets voor te berei. Agterna kan jy smul aan ’n toebroodjie van jou keuse. Die vraestel gaan jou boonop help om te bereken wat vyf van hulle jou altesaam gaan kos.
"Mamma, hier’s huiswerk vir jou!"
2023-09-18"In laer grade het kinders tog hulp nodig met take. Dis hoe ons hulle voorberei om latere jare onafhanklik navorsing te kan doen en take te voltooi. Maar waar en wanneer trek ’n mens die streep? Moet ’n mens baie help? Of net ’n bietjie? Sommige mammas bederf dit vir die res van ons wat net probeer om ons kinders aan die asemhaal te hou."
ATKV-tienertoneel: ’n onderhoud oor Parel Vallei Hoërskool se drie benoemde toneelstukke
2023-09-13"ATKV-Tienertoneel neem ons almal op ’n reis van 'wording'! Drama is die grootste spansport en ’n hele gemeenskap, van die tieners en ouers tot ons familie en vriende, bou, groei en 'word' saam."
Graad 11: Lewenswetenskappetoets en -memo, derde kwartaal
2023-09-11Is jy in graad 11 en voel jy soos ’n vulkaan wil uitbars van spanning oor al die akademiese druk? Laat LitNet se gratis oefenvraestelle jou help. Laai Rita Engelbrecht se Lewenswetenskappe-vraestel af en hersien jou werk oor die menslike liggaam en leer sommer van vulkaniese eilande ook. Wanneer jy jou punte sien, sal jou volgende uitbarsting een van vreugde wees!
Graad 6: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2023-09-08As jy ’n volwassene is, weet jy dalk van die poësie in die sneeuvlokkie waaroor TT Cloete gedig het. As jy in graad 6 is, kan jy dalk nou al jou oë begin oophou vir die Wiskundevorms rondom jou. Dis ook ’n goeie plan om Lee-Ann West se gratis oefenvraestel hier af te laai en vir jou Wiskundetoets hierdie kwartaal te oefen.
Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Bibi Slippers
2023-09-01Bibi Slippers is by vanjaar se Woordfees! Haar volgende digbundel verskyn in Oktober, maar hierdie onderhoud met Bibi Slippers verskyn weens die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak. Bibi Slippers beantwoord hier vrae oor Bibi se agtergrond wat jong navorsers sal help."[W]at slegter is as om gedigte te skryf, is om te wil skryf en nie daarby uit te kom nie, omdat jy ander werk of verpligtinge het."
Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal
2023-08-31Is jy in graad 9 en moeg daarvoor om slegte rapportpunte te kry? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Zelda Mans af, en kry uiteindelik jou leeueaandeel van goeie punte vanjaar. (As jy nie die idioom verstaan nie, kan die vraestel jou ook help. Daar is boonop lekker ander stories van natuurreservate om te lees.)
Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Eldridge Jason
2023-08-31In die derde kwartaal moet leerders ’n literêrenavorsingstaak voltooi. Weens heelwat navrae oor sy agtergrond aan LitNet, verskaf Eldridge Jason die inligting waarna leerders op soek is: "Skryf is een van die wonderlikste uitlaatkleppe wat ’n mens kan kry."
Graad 10: Lewenswetenskappe – vraestel en memo, derde kwartaal
2023-08-28Is jy in graad 10 en leer julle hierdie kwartaal in Lewenswetenskappe van die hart? Teen hierdie tyd sal jy weet dat net jou ouers sulke outydse uitdrukkings soos "jou hart pomp tjoklits" gebruik en dat hierdie orgaan inderwaarheid ’n ander samestelling het. Laai egter hierdie vraestel deur Rita Engelbrecht gratis af om die soet smaak van goeie punte in die derde kwartaal se toetsreeks te proe.
Onderwyshulp en leesbegripstrategieë 7: Die maak van afleidings
2023-08-23"Die Covid-pandemie, twee jaar se min skoolkontak waar van die leerlinge tot 65% skooldae misgeloop het, en negatiewe sosio-ekonomiese toestande het hul tol geëis."
Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2023-08-22"As jy vanjaar in graad 7 is, weet jy dat ’n refleksie nie altyd ’n weerkaatsing beteken nie (behalwe as jy ’n Afrikaans-toets skryf). Laai hierdie gratis oefentoets deur Lee-Ann West af, oefen begrippe soos refleksies en translasies ... en jou rapportpunte vertaal sommer van 'goed' na 'uitstekend'."
Afrikaans Huistaal: Literêrenavorsingstaak – voorbeelde vir graad 9 en graad 11, kwartaal 3
2023-08-10In die derde kwartaal moet leerders ’n literêrenavorsingstaak voltooi. Dewald Koen verskaf raad en wenke aan leerders, ouers en onderwysers.
Graad 8: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2023-08-08Dis ’n week met ’n vakansiedag; wie’s lus om hulle oor Wiskunde te bekommer? As jy in graad 8 is en jy wil nie dat breuke jou hoofbrekens besorg nie, laai hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann West af. Maak sommer ’n pizza en kyk wie het al ’n derde van hul pizza geëet ... As jy aanhou oefen, verorber jy uiteindelik jou eie kommer stukkie vir stukkie en kry goeie punte in hierdie toetsreeks.
Graad 9: Wiskundetoets en memo, derde kwartaal
2023-08-04Toe jy in graad 1 was, het alfabetletters beteken jy is besig om te leer lees. Noudat jy in graad 9 is, besef jy dat die alfabetletters ook deel van algebra is. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry jou ABC onder die knie (en kry sommer goeie punte op jou rapport hierdie kwartaal vir Wiskunde daarby).

