Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

ATKV-tienertoneel: ’n onderhoud oor Parel Vallei Hoërskool se drie benoemde toneelstukke

Naomi Meyer, Lindie Strydom, Darryl Spijkers ATKV-Portaal 2023-09-13

"ATKV-Tienertoneel neem ons almal op ’n reis van 'wording'! Drama is die grootste spansport en ’n hele gemeenskap, van die tieners en ouers tot ons familie en vriende, bou, groei en 'word' saam."

Graad 11: Lewenswetenskappetoets en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-11

Is jy in graad 11 en voel jy soos ’n vulkaan wil uitbars van spanning oor al die akademiese druk? Laat LitNet se gratis oefenvraestelle jou help. Laai Rita Engelbrecht se Lewenswetenskappe-vraestel af en hersien jou werk oor die menslike liggaam en leer sommer van vulkaniese eilande ook. Wanneer jy jou punte sien, sal jou volgende uitbarsting een van vreugde wees!

Graad 6: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-08

As jy ’n volwassene is, weet jy dalk van die poësie in die sneeuvlokkie waaroor TT Cloete gedig het. As jy in graad 6 is, kan jy dalk nou al jou oë begin oophou vir die Wiskundevorms rondom jou. Dis ook ’n goeie plan om Lee-Ann West se gratis oefenvraestel hier af te laai en vir jou Wiskundetoets hierdie kwartaal te oefen.

Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Maja Meyer, Bibi Slippers Skole 2023-09-01

Bibi Slippers is by vanjaar se Woordfees! Haar volgende digbundel verskyn in Oktober, maar hierdie onderhoud met Bibi Slippers verskyn weens die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak. Bibi Slippers beantwoord hier vrae oor Bibi se agtergrond wat jong navorsers sal help."[W]at slegter is as om gedigte te skryf, is om te wil skryf en nie daarby uit te kom nie, omdat jy ander werk of verpligtinge het."

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-31

Is jy in graad 9 en moeg daarvoor om slegte rapportpunte te kry? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Zelda Mans af, en kry uiteindelik jou leeueaandeel van goeie punte vanjaar. (As jy nie die idioom verstaan nie, kan die vraestel jou ook help. Daar is boonop lekker ander stories van natuurreservate om te lees.)

Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Eldridge Jason

Naomi Meyer, Eldridge Jason Skrywersonderhoude 2023-08-31

In die derde kwartaal moet leerders ’n literêrenavorsingstaak voltooi. Weens heelwat navrae oor sy agtergrond aan LitNet, verskaf Eldridge Jason die inligting waarna leerders op soek is: "Skryf is een van die wonderlikste uitlaatkleppe wat ’n mens kan kry."

Graad 10: Lewenswetenskappe – vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-28

Is jy in graad 10 en leer julle hierdie kwartaal in Lewenswetenskappe van die hart? Teen hierdie tyd sal jy weet dat net jou ouers sulke outydse uitdrukkings soos "jou hart pomp tjoklits" gebruik en dat hierdie orgaan inderwaarheid ’n ander samestelling het. Laai egter hierdie vraestel deur Rita Engelbrecht gratis af om die soet smaak van goeie punte in die derde kwartaal se toetsreeks te proe.

Onderwyshulp en leesbegripstrategieë 7: Die maak van afleidings

Johan Anker Skole 2023-08-23

"Die Covid-pandemie, twee jaar se min skoolkontak waar van die leerlinge tot 65% skooldae misgeloop het, en negatiewe sosio-ekonomiese toestande het hul tol geëis."

Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-22

"As jy vanjaar in graad 7 is, weet jy dat ’n refleksie nie altyd ’n weerkaatsing beteken nie (behalwe as jy ’n Afrikaans-toets skryf). Laai hierdie gratis oefentoets deur Lee-Ann West af, oefen begrippe soos refleksies en translasies ... en jou rapportpunte vertaal sommer van 'goed' na 'uitstekend'."

Afrikaans Huistaal: Literêrenavorsingstaak – voorbeelde vir graad 9 en graad 11, kwartaal 3

Dewald Koen Skole 2023-08-10

In die derde kwartaal moet leerders ’n literêrenavorsingstaak voltooi. Dewald Koen verskaf raad en wenke aan leerders, ouers en onderwysers.

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-08

Dis ’n week met ’n vakansiedag; wie’s lus om hulle oor Wiskunde te bekommer? As jy in graad 8 is en jy wil nie dat breuke jou hoofbrekens besorg nie, laai hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann West af. Maak sommer ’n pizza en kyk wie het al ’n derde van hul pizza geëet ... As jy aanhou oefen, verorber jy uiteindelik jou eie kommer stukkie vir stukkie en kry goeie punte in hierdie toetsreeks.

Graad 9: Wiskundetoets en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-04

Toe jy in graad 1 was, het alfabetletters beteken jy is besig om te leer lees. Noudat jy in graad 9 is, besef jy dat die alfabetletters ook deel van algebra is. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry jou ABC onder die knie (en kry sommer goeie punte op jou rapport hierdie kwartaal vir Wiskunde daarby).

Persverklaring: Die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie vir hoërskole 2023

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-07-25

Hierdie nasionale kompetisie vir hoërskoolleerders in graad 8 tot graad 12 is die eerste van sy soort vir Wikipedia wêreldwyd en met lekker groot pryse op die spel. Die eerste plek kry ’n R10 000-kontantprys, tweede plek R6 000 en derde plek R3 000!

WoW (World of Work) Career Festival: an interview with Daniel Galloway

Naomi Meyer, Daniel Galloway Skole 2023-07-25

"One of the greatest catalysts of the festival is that it broadens horizons for those who might never have known that a career in logistics, or eventing, or catering, or agriculture, or finance, was even a possibility. This, in part, motivates a focus in the hearts and minds of the learners, which leads to a positive, gainfully employed work life ahead."

Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-07-24

Dit voel nog soos winter, maar dis ’n nuwe kwartaal met nuwe geleenthede. Hoewel daar ’n weervoorspelling in hierdie vraestel deur Eugene van der Westhuizen is, gaan dit leerders in graad 4 nie help om te weet wat vandag se temperature is nie. Dit gaan wel help met voorbereiding vir Afrikaans Huistaal hierdie kwartaal – en die punte op die rapport soos mooiweer en warm laat lyk. Klik hier om die vraestel en memo gratis in PDF-formaat af te laai.

Die storie van elektrisiteit

Koos Holtzhausen Seminare en essays 2023-06-26

In hierdie artikel bied Koos Holtzhausen ... ’n oorsig van die storie van elektrisiteit. Hierdie skrywe sal volwassenes interesseer. Ook behandel graad 6-leerders gedurende die derde kwartaal elektrisiteit as onderwerp in Natuurwetenskappe. Nuuskierige leerders kan meer lees oor elektrisiteit se geskiedenis. ’n Verrykingsartikel vir oud en jonk!

Graad 11: Wiskundevraestel en memo (2), tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-06-12

Is jy in graad 11 en voel jou skoolloopbaan nou al soos ’n marathon? Hierdie gratis Wiskunde-vraestel deur Lee-Ann West sal jou help om hierdie kwartaal 'n goue medalje van 'n punt te behaal. (En as jy gister heeldag liewers na die uitsending van die Comrades-marathon op die TV gekyk het, is dit nog steeds nie te laat nie. Daar is baie ander oefenvraestelle op LitNet wat jou met jou voorbereiding vir die res van die jaar kan help.)

Graad 11: Wiskundevraestel en -memo (1), tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-06-09

Is jy in graad 11 en droom jy van die snoesige wintervakansie wat een van die dae aanbreek? As jy hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann West aflaai en vir jou Wiskunde-eksamen voorberei, het jy goeie punte waarna jy ook kan uitsien.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-06-06

As jy in graad 9 is, weet jy seker nou al wat die sinonieme vir "spanning" en "stres" in die eksamentyd is: "Ma" en "Pa". Laat Zelda Mans se gratis Afrikaans Huistaal-oefenvraestel daardie angstigheid laat bedaar, jou help om goeie punte te behaal én weer goeie gesinsverhoudinge te beleef (onthou ook dat "Ma", "Pa", "spanning" en "stres" totaal verskillende soorte selfstandige naamwoorde is, en nie sinonieme nie).

Eksamenwenke aan ouers en leerders: Faeed Amardien, ’n opvoeder, gee raad

Naomi Meyer, Faeed Amardien Skole 2023-06-01

"[J]y weet reeds waarom jy elke dag vroeg opstaan en skool toe kom. Hou aan met hierdie narratief. Dit is nie tevergeefs nie. Ignoreer die geraas rondom jou. Jy het die vermoë om sukses te behaal."

Top