Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

Graad 1: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-01-21

Bewerkstellig ’n aptyt by jou graad 1-kind vir Wiskunde, soveel as vir roomys – deur aan hierdie lekker vraestelle van Lee-Ann West te proe. In hierdie vraestelle word aandag gegee aan die werk waarmee die kinders nou, aan die begin van die jaar, besig is.

Graad 5: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-01-18

Is jy in graad 5 en is vanjaar die jaar wat jy Wiskunde onder die knie gaan kry? LitNet kan help! Lee-Ann West het 'n vraestel en memo opgestel waarmee jy die splinternuwe werk kan oefen.

Persverklaring: Terug skool toe met LAPA en Penguin

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2022-01-18

"Ons hoop almal van julle het ’n heerlike blaaskans gehad en dat die nuwe jaar minder drama en meer boeke sal bring; minder pandemies en meer stories."

Kuberklas Kreatief: Sonsondergang

Terry Terblanche Botha Kuberklas Kreatief 2021-12-22

Terry Terblanche is sestien jaar oud en deel ’n gedig met LitNet.

Medisyne vir die siel

Marochel Barnard Kuberklas Kreatief 2021-12-20

"Vincent van Gogh het geel verf geëet. Hy het vas geglo dat geel ’n gelukkige kleur is en dat as hy dit gaan eet, hy van binne af gelukkig gaan wees. Ek het nooit gedink dat iemand so ongelukkig kan wees dat selfs die idee om die mure van jou organe geel te verf sodat alles beter sal voel deur jou kop sal gaan nie."

Wiskunde, graad 7: Vraestel en memo (vierde kwartaal)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-12-14

Moenie dat die Wiskunde jou uitvang nie! Wees soos Einstein en oefen met LitNet se hersieningsvraestelle. Hier is vir oulaas vraestelle vir graad 7-leerders, opgestel deur Lee-Ann West. Onthou sommer ook om dit volgende jaar te gebruik! En daar is baie ander vraestelle wat jy gratis van LitNet kan aflaai.

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Zelda Bezuidenhout se kortverhaal oor siekte en sustersliefde

Naomi Meyer, Zelda Bezuidenhout Skrywersonderhoude 2021-12-07

"Ek was aanvanklik huiwerig om oor ernstige siekte vir daardie ouderdomsgroep te skryf, maar het gou besef dat kinders van jongs af aan dié soort trauma blootgestel word. Soos alle stories met 'ongemaklike' onderwerpe, sal dié een hulle hopelik minder alleen laat voel."

Graad 4: Wiskundevraestel en -memo (November)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-12-03

Is jy in graad 4 en moet jy in hierdie laaste week van die kwartaal nog Wiskunde-eksamen skryf? Moenie moed verloor nie! Oefen jou kennis met Lee-Ann West se vraestel en memo.

Graad 11: Fisika-vraestel en -memo (vierde kwartaal)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-11-26

Die laaste druppels van die jaar loop uit. Is jy in graad 11 en moet jy voorberei vir jou Fisika-eksamen? Luize Kroukamp se vraestel en memo kan help. Laai dit gratis hier af.

’n Klein bietjie magic, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-11-26

"Die verhaal handel uiteindelik oor Janke se ontwikkelende vriendskap met Stefan, wat belangstel in en kennis het aangaande sterre – hy wil ’n sterrekundige word. Hy en Adriaan en hulle pa woon in McDougallsbaai en gee vroeg in die verhaal te kenne dat hulle ’n ruimteskip gesien het en dit geheim hou."

Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel (vierde kwartaal)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-11-25

Is jy in graad 4 en wil jy jou Afrikaans-eksamen vanjaar met 'n towerstaf aanraak en die eksamen met punte slaag wat almal se verbeelding aangryp? Hersien jou werk met Eugene van der Westhuizen se eindeksamenvraestel.

Op die maat van Maya, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-11-22

"Die titel is meerduidig – dit kan handel oor musiekritme (maat), en ook oor Maya se vriende (maats)."

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Nelia Engelbrecht se kortverhaal oor vreemde familielede

Naomi Meyer, Nelia Engelbrecht Skrywersonderhoude 2021-11-19

"Begripstoetse: ’n Gedeelte van die storie kan aangebied word en vrae (die wat in die boek verskyn of eie vrae) kan daaroor gevra word. Onderwysers kan byvoorbeeld vir die leerders vra waarom hulle dink Kedoef is ’n goeie naam vir ’n olifant."

Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-11-18

Is jy in graad 6 en kry jy nagmerries oor prismas en piramides? LitNet se gratis vraestelle kan daardie nagmerries nek omdraai! Laai Wilhelm du Toit se oefenvraestel en memo hier af en oefen daardie somme totdat jy dit regkry.

Wiskunde, graad 10: Vraestel en memorandum (November)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-11-10

Is jy in graad 10 en wil jy ’n Wiskundevraestel uitwerk om jou jaar se werk te hersien? Moenie toelaat dat Wiskunde jou oorweldig nie! Hier is ’n gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West.

Wiskunde, graad 5: Vraestel en memorandum (November)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-11-10

Is jy in graad 5 en moet jy binnekort Wiskunde-eksamen skryf? Hoe meer jy oefen, hoe meer gaan jy van Wiskunde hou – later soveel soos van jou gunsteling-troeteldiere! Laai gratis oefenvraestelle deur Lee-Ann West hier af.

Wiskunde, graad 9: Vraestel en memorandum (November, vraestel 2)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-11-10

Is jy in graad 9 en wil jy ’n Wiskundevraestel uitwerk om jou jaar se werk te hersien? Hier is nog ’n gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West. Dit is vraestel nommer 2.

Wiskunde, graad 9: Vraestel en memorandum (November, vraestel 1)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-11-10

Is jy in graad 9 en wil jy ’n Wiskundevraestel uitwerk om jou jaar se werk te hersien? Hier is ’n gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West.

Wiskunde met LitNet-video: Graad 4, vloeidiagramme

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-11-10

In hierdie video verduidelik Lee-Ann West vir graad 4’s insetwaarde, uitsetwaarde en die berekenings wat te doen het met vloeidiagramme. Laat dit soos musieknote oor jou vloei – en dan verstaan jy sommer jou eksamenwerk beter!

Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Cliffordene Norton oor haar storie, "Die kind smaak jou"

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2021-11-09

"Hierdie karakters het net opgedaag, maar ek het eenkeer in Kaapstad verby ’n paar wit hekke gery, en ’n private skool het in my kop opgepop. Ver van oorspronklik, so ek het dit laat gaan totdat ek Lincoln effe windgat teen daardie pilaar sien leun het."

Top