- Let wel: Hierdie kompetisie het reeds gesluit.
LitNet vra: Wat is die Afrikaanse woord van 2017? Waaraan laat hierdie jaar jou dink? Watter woord vang die tydsgees vas? Hier onder is nog bekendes se inskrywings. Indien die woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.
- Lees hier inskrywings I, inskrywings II, inskrywings III
- Lees nog bekendes en LitNet skrywers se inskrywings: Mercy Kannemeyer; Ernst Kotzé; Danie Marais; Coenie de Villiers; Alfred Schaffer; Toast Coetzer; Candice Jantjies; Rudie van Rensburg; Zandra Bezuidenhout; en die redaksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal
My woord van die jaar is “teistering”. Of “seksuele teistering” as ek twee woorde mag kies. Dis 'n onderwerp wat die nuus in so 'n mate oorheers het dat dit selfs Time se Person(s) of the Year opgelewer het. ‒ Marita van der Vyver
Steinhofferasie, #metoo ‒ Joan Hambidge
fiasko, gatslag, skande ‒ Ena Jansen
eenheid ‒ Diana Ferrus
Esidimeni ‒ Ingrid Glorie
speurjoernalistiek ‒ Bettina Wyngaard
kaktiwiteite ‒ Denver Breda
verkiesingstres ‒ Irma Venter
doodskissaak ‒ Clinton V du Plessis
My eerste keuse is natuurlik “staatskaping”. Maar happend aan sy hakke: “Esidimeni”. ‒ Kirby van der Merwe
staatskaping ‒ Elmari Rautenbach
“algoritme”, met “ontnugtering” tweede. ‒ Jaco van der Merwe
fopnuus ‒ Francis Galloway
kubergeld ‒ Jean Oosthuizen
Esidimeni ‒ Hettie Scholtz
aapskeloeder. Ek waak al jare jaloers oor dié woord waarop ek en my jongste dogter een seevakansie afgekom het, maar ter wille van die taal en die volk deel ek dit met julle. En nee, dit verwys nié na enige president van enige land nie. Dis 'n ou Afrikaanse woord wat beteken: “gemene vent" of “vrotvel”. Dus 'n baie lekker woord om te sê wat jy wil sê sonder om dit te sê ... en ek is seker dis nie laster nie! ‒ Christine Barkhuizen le Roux