Inskrywings vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2017 (III)

  • 0

  • Let wel: Hierdie kompetisie het reeds gesluit.

LitNet vra: Wat is die Afrikaanse woord van 2017? Waaraan laat hierdie jaar jou dink? Watter woord vang die tydsgees vas? Hier onder is nog van ons lesers se inskrywings. Indien die woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.



onsie
. Groepterm vir “selfie”. Dan “fokol”. ’n Hele ellelange bespreking het in die parlement gevolg nadat ’n EFF-lid hierdie woord gebruik het om aan te dui dat dit “niks” in Afrikaans beteken. ‒ Christi Rossouw

rommelstatus ‒ Esmé Roux

weerwraak ‒ Christine Stoman

staatskaping ‒ Petro Reyneke

klikaas (vir “clickbait”), Swart Maandag, Spur-boikot, en “Spur” ook in die werkwoordposisie: “Ons gaan hulle Spur/spur.” ‒ Nini Bennett 

swarthond, onaantasbaar (Zuma), gryswater (droogte) ‒ Marthé McLoud

waarnatoe ‒ Luan Staphorst

krimpflasie. Dawie Roodt het my die eerste keer attent gemaak op hierdie term wat al hoe meer in die sake-afdelings van koerante gebruik word. ‒ Lianda van der Merwe

’n Naam wat alles saamvat wat met ons land skeefgeloop het die afgelope tyd, is Gupta. Noem die naam Gupta en sien die reaksie. Vraag is wie regeer die land – Zuma of ’n Gupta? ‒ Francois Bekker

My twee woorde, of eerder woord en frase, is “plaasmoorde” en “Swart Maandag”. ‒ Elize Bresler

liewe land! ‒ Elize Webb

“die K-woord”-KFC-saak, Penny Sparrow, doodskissaak, Vicki Momberg-saak, Parysboere-saak ‒ Marlené Veldman

Steinhoff-krake ‒ Andries Botha

rommelstatus, Zumafikasie ‒ Marie Schoeman

stinksprinkaan ‒ Christel Coetzer

toi-toi ‒ Marie Reyneke

Zuma ‒ Estelle Le Roux

cryptocurrency (crypto-geldeenheid) ‒ Riana Willemse

staatskaping ‒ Tilla Olivier

president, damvlakke ‒ Helena Theart

Gupta-sypeling ‒ Liesel Barnard

kriptogeld, algoritmunte ‒ Ronel Bierman

bedank !!! ‒ Petro Reyneke

smeergeld of sirkus ‒ Corrie Verwey

plaasmoorde of Zuma-moet-val ‒ Danel Verwey

Woorde wat na my mening baie in 2017 gebruik is en wat emosies en omstandighede vasgevat het is: korrupsie, geweld, misdaad, plaasmoorde. ‒ Driekie Stander

oorwinningsasse ‒ Marita du Preez

eZuma-voorstoepstront, staatskoffers, KunsgeBit (Bitcoin-foefie), Oscar-vrylatingrichterskaalskok ‒ Louisa Snyman

Water” was op almal se lippe gedurende 2017. Die water was te min in vele stede en dorpe en op plase. Die water was te veel, soos tydens die vloede in Durban. Die water was te vuil in vele damme en riviere. Die water was vol plastiekkorrels in die grote oseaan. Die water word potensieel besoedel in die Karoo weens vooruitsigte van hidrobreking. Die water het kosbare lewens ingesluk via onbewaakte swembaddens, wateremmers en oseane. Die water was afwesig toe brande geblus moes word by Bloemfontein se stadsaal. “Laat Gods water oor Gods akker loop”-houding moet nie meer deel van Suid-Afrikaners se gesindheid wees nie. ‒ Annelien Diedericks

rommelstatus ‒ Johan Diedericks

poespas: ’n snaakse mengelmoes, ’n deurmekaarspul. Suid-Afrika se parlementsopening is in 2017 gekenmerk deur ’n poespas van gekruide taal en fisieke geweld. ‒ Chris Joubert

droogte ‒ Remona Voges

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top