
- Lees hier inskrywings I, inskrywings III en bekendes se inskrywings (IV).
LitNet vra: Wat is die Afrikaanse woord van 2017? Waaraan laat hierdie jaar jou dink? Watter woord vang die tydsgees vas? Hier onder is sommige van ons lesers se inskrywings.
- Indien die woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.
- Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom.
- Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.
staatskaping ‒ Jacolien Odendaal
fopnuus ‒ Jaco Barnard-Naudé
kokkedoortjie, vroueteistering, mensehandel, parlementmoles, belastingdebakel, rugbysirkus, brexitpaniek, staatskaping, grondhervorming, grondonteiening, dekolonisering, asielsoekers, vlugtelinge, rebelle, taalbeleid, wisselkoers, staatskas, korrupsie, wildstropers, skoolkrisis, gaydebat, ontkerkliking, dienslewering, boekbedonnerd, boekklub, werkloosheidskwessie, Frieskoeiboesem, straatmuisies, gimgenote, saunaseks, rooiwynwaggel, Jan-sensasie ‒ Zandra Bezuidenhout
nog-van-nog (so wat is nuut, politiek/geweld/petrolpryse, mens word stomp), stomp, voos, noordkykend (kyk noord en gaan voort; been there, done that) ‒ Toni Matthee
staatsbestand – dit wat ’n mens vanjaar moes probeer word ‒ Piet le Roux
Wat van die ou goedige Zupta, soos in Zupta-ekonomie – ’n ekonomie gegrond op die beginsel dat privaat maatskappye deur staatsgeld onderhou word. Zupta-gebeurtenis – ’n verrassende, onlogiese gebeurtenis met ooglopende motiewe soos ’n skielike kabinetskommeling. Zupta-houding, ens. ‒ Servaas de Kock
Pauw ‒ Pieter Veldman
covfefe ‒ Pieter Hugo
kitsrykdom, rommelstatus, biljoenêr ‒ Petro Reyneke
waterbeperkings ‒ Phillip Louw
fopnuus ‒ Johan Horn
gatvol ‒ Jeanette Snyman
(wit)monopoliekapitaal ‒ Jackie de Vos
immigrant ‒ Sunita Keyser
rommel ‒ Amanda Ebersohn
voor die hand liggend ‒ William Davies
Guptas ‒ Anne-Marie Muller
My woord van die jaar is "diepdelf" vir die Engelse gonswoord "deep dive" waarna almal heeltyd verwys wanneer politici sê daar moet gekyk word na ’n oplossing vir al die land se huidige probleme. ‒ Hendrien Smit
fopnuus (fake news) ‒ Maryke Ciorovich
dekolonialisering. Die woord het my aanvanklik ontstel en selfs bang gemaak. Tot fopnuus en Twitter-rekeninge wat oneerlik bekom is, amper die diskoers tot stilstand gebring het. Elke dag as ek kyk hoe miljoene Suid-Afrikaners werk toe stroom per voet, per trein, per taxi – heel gemoedelik maar doelgerig om die dag aan te pak en om aan die einde van die week of maand betaal te word. Ek sien mediese wonderwerke (ek self het ’n beenmurgoorplanting gekry wat suksesvol blyk te wees), en so het ek baie mense ontmoet van alle uithoeke van Suid-Afrika wat saam met my by die kankerkliniek in Pretoria-Oos se Netcare-hospitaal opgedaag het. Nou weet ek: ek is ’n kind van Afrika. Ek is nie bang as iemand die term bespreek nie, of as mense ’n optog hou of ’n universiteit wil afbrand nie. Ek verstaan die frustrasies en teleurstellings, maar weet ook in my hart dat daar genoeg mense in Suid-Afrika is wat weet dat dekolonialisering nie moontlik is nie. Inteendeel, dit het ’n geriefswoord geword. As ’n politikus dit gebruik op die begrafnis van ’n kind wat in ’n puttoilet verdrink het, beteken dit vir my een ding: niks gaan gebeur nie. Suid-Afrika strompel miskien rond in ’n politieke woestyn. Dekolonialisering is nie moontlik nie en nie ’n oplossing nie. As “dekolonialisasie” beteken om iets uit ’n Afrika-perspektief te sien – goed so. Watter Afrika, wie se Afrika? Die miljoene wat werk toe en terug stroom, of die duisende wat ’n politieke stem wil hê om hul frustrasie met ’n mislukte onderwysstelsel te laat hoor? ‒ Marina Pretorius
#GuptaLeaks ‒ Loammi Wolf
twirt. My weergawe vir: maaifoedie ‒ Christi Rossouw
appelleer ‒ Elsa du Plessis van Rooyen
plaasmoorde ‒ Engela Geyer
woer-woer ‒ Leana Lategan
veldbrand ‒ Ivor Swartz
Flakka (mens sal sweer dis waarop ons besluitnemers funksioneer, van daar dus ons rommelstatus, onderwyskrisis en dies meer) ‒ Nadia Crous
My woord vir 2017 is "diskoers" wat "gesprekvoering" beteken. Die totale afwesigheid van sinvolle diskoers in hierdie land was tekenend van 2017. ‒ Susanne Pike


Kommentaar
Poespas! Ja, dis nou vir jou `n deurmekaarspul