Nog inskrywings: LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2017 (II)

  • 1

LitNet vra: Wat is die Afrikaanse woord van 2017? Waaraan laat hierdie jaar jou dink? Watter woord vang die tydsgees vas? Hier onder is sommige van ons lesers se inskrywings. 

  • Indien die woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.

  • Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom.

  • Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.


staatskaping
‒ Jacolien Odendaal

fopnuus ‒ Jaco Barnard-Naudé

kokkedoortjie, vroueteistering, mensehandel, parlementmoles, belastingdebakel, rugbysirkus, brexitpaniek, staatskaping, grondhervorming, grondonteiening, dekolonisering, asielsoekers, vlugtelinge, rebelle, taalbeleid, wisselkoers, staatskas, korrupsie, wildstropers, skoolkrisis, gaydebat, ontkerkliking, dienslewering, boekbedonnerd, boekklub, werkloosheidskwessie, Frieskoeiboesem, straatmuisies, gimgenote, saunaseks, rooiwynwaggel, Jan-sensasie ‒ Zandra Bezuidenhout

nog-van-nog (so wat is nuut, politiek/geweld/petrolpryse, mens word stomp), stomp, voos, noordkykend (kyk noord en gaan voort; been there, done that) ‒ Toni Matthee

staatsbestand – dit wat ’n mens vanjaar moes probeer word ‒ Piet le Roux

Wat van die ou goedige Zupta, soos in Zupta-ekonomie – ’n ekonomie gegrond op die beginsel dat privaat maatskappye deur staatsgeld onderhou word. Zupta-gebeurtenis – ’n verrassende, onlogiese gebeurtenis met ooglopende motiewe soos ’n skielike kabinetskommeling. Zupta-houding, ens. ‒ Servaas de Kock

Pauw ‒ Pieter Veldman

covfefe ‒ Pieter Hugo

kitsrykdom, rommelstatus, biljoenêr ‒ Petro Reyneke

waterbeperkings ‒ Phillip Louw

fopnuus ‒ Johan Horn

gatvol ‒ Jeanette Snyman

(wit)monopoliekapitaal ‒ Jackie de Vos

immigrant ‒ Sunita Keyser

rommel ‒ Amanda Ebersohn

voor die hand liggend ‒ William Davies

Guptas ‒ Anne-Marie Muller

My woord van die jaar is "diepdelf" vir die Engelse gonswoord "deep dive" waarna almal heeltyd verwys wanneer politici sê daar moet gekyk word na ’n oplossing vir al die land se huidige probleme. ‒ Hendrien Smit

fopnuus (fake news) ‒ Maryke Ciorovich

dekolonialisering. Die woord het my aanvanklik ontstel en selfs bang gemaak. Tot fopnuus en Twitter-rekeninge wat oneerlik bekom is, amper die diskoers tot stilstand gebring het. Elke dag as ek kyk hoe miljoene Suid-Afrikaners werk toe stroom per voet, per trein, per taxi – heel gemoedelik maar doelgerig om die dag aan te pak en om aan die einde van die week of maand betaal te word. Ek sien mediese wonderwerke (ek self het ’n beenmurgoorplanting gekry wat suksesvol blyk te wees), en so het ek baie mense ontmoet van alle uithoeke van Suid-Afrika wat saam met my by die kankerkliniek in Pretoria-Oos se Netcare-hospitaal opgedaag het. Nou weet ek: ek is ’n kind van Afrika. Ek is nie bang as iemand die term bespreek nie, of as mense ’n optog hou of ’n universiteit wil afbrand nie. Ek verstaan die frustrasies en teleurstellings, maar weet ook in my hart dat daar genoeg mense in Suid-Afrika is wat weet dat dekolonialisering nie moontlik is nie. Inteendeel, dit het ’n geriefswoord geword. As ’n politikus dit gebruik op die begrafnis van ’n kind wat in ’n puttoilet verdrink het, beteken dit vir my een ding: niks gaan gebeur nie. Suid-Afrika strompel miskien rond in ’n politieke woestyn. Dekolonialisering is nie moontlik nie en nie ’n oplossing nie. As “dekolonialisasie” beteken om iets uit ’n Afrika-perspektief te sien – goed so. Watter Afrika, wie se Afrika? Die miljoene wat werk toe en terug stroom, of die duisende wat ’n politieke stem wil hê om hul frustrasie met ’n mislukte onderwysstelsel te laat hoor? ‒ Marina Pretorius

#GuptaLeaks ‒ Loammi Wolf

twirt. My weergawe vir: maaifoedie ‒ Christi Rossouw

appelleer ‒ Elsa du Plessis van Rooyen

plaasmoorde ‒ Engela Geyer

woer-woer ‒ Leana Lategan

veldbrand ‒ Ivor Swartz

Flakka (mens sal sweer dis waarop ons besluitnemers funksioneer, van daar dus ons rommelstatus, onderwyskrisis en dies meer) ‒ Nadia Crous

My woord vir 2017 is "diskoers" wat "gesprekvoering" beteken. Die totale afwesigheid van sinvolle diskoers in hierdie land was tekenend van 2017. ‒ Susanne Pike

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top