
Merk deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2020-10-08"Merk is hoogs toeganklike leesstof. Dis trouens een van die boeiendste ervarings wat jy in ’n lang tyd sal hê."

Resensie: Klaskamer deur Vita du Preez
2020-01-24"Vita du Preez verdien lof vir haar waagmoed om die BDSM-tema (in Afrikaans) te takel. As die Fifty Shades-reeks wel vir jou boeiend was, skaf gerus Klaskamer aan."

NouNet-mening: Drink en bestuur – "Mamma wag nie vir my nie"
2019-09-26"’n Nuwe perspektief oor drink en bestuur is nodiger as ooit. En dit sluit nie padblokkades en blou ligte in nie."

Boekresensie: Liefde agter tralies deur Carla van der Spuy
2019-09-26"Die gevangenes en hul metgeselle buite die tronk vertel hul verhaal in ’n eiesoortige stem. Dis asof karakters in ’n roman aan die woord is."

Seks, leuens en die internet deur Erla-Mari Diedericks: ’n resensie
2019-09-14"Die memoire behoort byval te vind by almal wat hul horisonne wil verbreed. Vroue, veral dié met lewenservaring, sal met Diedericks kan identifiseer. Mans kan meer oor die alfavrou uitvind."

Om tot verhaal te kom – Verwerk trauma en verlies deur skryfterapie deur Lizette Rabe: ’n resensie
2019-05-02"Hierdie skryfgids beantwoord vrae soos: Hoekom skryf? Kan jy jouself 'gesond' skryf? Die 21 hoofstukke bevat basiese skryfwenke (soos 'vermy byvoeglike naamwoorde en clichés'). Jy lees ook hoe belangrik dit is om net te begin."

Sondag deur Irma Venter: ’n FMR-resensie
2019-04-16"Jy hoef nie voorheen ’n Venter-roman te gelees het nie; Sondag is ’n verhaal wat op sy eie sin maak. Dis trouens ’n boeiende blitsblaaier wat ek heelhartig aanbeveel."

Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita: ’n resensie
2019-04-12"Sommige van die skrywer se ervaringe en waarnemings is so verstommend, dis asof die gode wél ingegryp het. Die bundeltitel verwys juis na Hermes, die boodskapper van die gode. Ook na ’n soort tikmasjien wat ’n skrywer soos Etienne Leroux gebruik het. En kyk net watter woorde het hý teweeggebring!"

Kainsmerk deur Annelie Botes: ’n resensie
2019-03-09"Nes die karakters, sal die meeste lesers van die broeiende verhale in Kainsmerk in hul menswees groei."

Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos: ’n resensie
2019-01-15"Hoewel Aankoms en vertrek nie dieselfde oemf as Stamatélos se vorige romans het nie, is dit wel die lees werd. Buiten die geloofwaardigheid van die karakters, verras die wendings en ontmoet die verskillende verhaalelemente mekaar op ’n besonderse wyse."

Sielskos – Stories oor verlange en hoop deur Koos van der Merwe: ’n resensie
2018-11-24"Sielskos sluit verhale oor bekende mense in. Die pad wat die sanger Elvis Blue gestap het, inspireer, terwyl die rubriek oor die aktrise Wilna Snyman pleinweg mooi is."

Van kant gemaak deur Kris van Steenberge: ’n FMR-resensie
2018-08-30"Indien jy nog nie ’n leser van Nederlandse letterkunde is nie, sal hierdie roman jou waarskynlik inspireer om meer hieroor uit te vind. Van kant gemaak is Van Steenberge se eerste roman. Wat ’n meesterstuk is dit nie!"

Tweespoor deur Helena Gunter: ’n resensie
2018-07-25"Gunter se werk is toeganklik, maar daag die leser terselfdertyd uit. Dis ’n skop teen die kop wat jou dwing om anders kyk."

Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) deur André le Roux: ’n resensie
2018-04-18"As jy met ’n glimlag wil gaan slaap en ook so wil opstaan, geniet elke aand een of twee rubrieke. Jy sal ná die lees van Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) jou lewensmaat, man óf vrou, veel beter verstaan."

Begin ’n lewe van sukses deur Hennie J de Villiers: ’n resensie
2018-02-16"Die inligting in die boek is nie heeltemal nuut of aardskuddend nie, tog het dit waarde, want mens vergeet so maklik die waarhede wat daarin vervat is."