Org Potgieter

Org Potgieter is 'n vryskut resensent, artikelskrywer en taalversorger.

Sleeper deur Mike Nicol: ’n boekresensie

Org Potgieter Resensies 2018-12-05

"Die skrywer slaag daarin om jou met ’n paar beknopte en sinryke sinne in die middel van die aksie te plaas."

Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2018-10-03

"Wanneer sê 'n resensent 'n boek is briljant geskryf? Heel aan die begin is miskien die beste plek! Met Lam ter slagting – haar vyfde misdaadfiksie – het Rust haar eie grense verskuif."

Dowe gode deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2018-09-06

"Dowe gode is Breytenbach se vierde misdaadboek en span die kroon. Sy het geen moeite met haar navorsing en haar teks ontsien nie. Dit wys op elke bladsy."    

Dankie, Generaal deur Nico Moolman: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2018-08-28

"Die boek se grootste waarde lê in die geweldig groot aantal foto's – sommige ingekleur – waarop die skrywer-speurder op sy reise in museums en ontmoetinge met nasate van ABO-soldate aan albei kante afgekom het."

Ystervuis uit die see deur Arnè Söderland en Douw Steyn: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2018-08-10

"Baie boeke is al geskryf oor die Suid-Afrikaanse magte in die Grensoorlog, maar weinig is bekend oor die rol van ons seemagte. In hierdie boek word verslag gedoen van 50 uiters geheime see-operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot."

Kringloop deur Bets Smith: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2018-06-12

"Reine is 'n student en semifinalis in 'n skoonheidskompetisie. Dit bring haar in aanraking met verskeie instansies, soos 'n kleremaker, grimeerkunstenaar en 'n gesondheidspa."

Chanette Paul oor Uit die bloute en reise deur haar skrywersloopbaan

Org Potgieter, Chanette Paul Skrywersonderhoude 2018-05-16

"Maar die maniere waarop mense liefkry, hoe liefde ontspring, al kwyn dit dikwels weer, is ook vir my ’n baie groot deel van die lewe se geheimenisse. Daarom hou ek as skrywer daarvan om spanning en liefde in dieselfde stoompot te gooi."

Doodloopstraat deur Leon van Nierop: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2018-02-07

Org Potgieter resenseer Leon van Nierop se Doodloopstraat.

Moordhuis deur Madelein Rust: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2017-09-12

"Moordhuis is ’n vars en baie komplekse storielyn wat wye draaie maak, ook in die Bloemfonteinse onderwêreld van dwelms, bordele, molestering en kinderpornografie." 

Heiliger deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2017-09-07

"Heiliger kan – as jy geduldig deur die dryfsand gestoei het! – goed vergelyk met Dibi Breytenbach se debuut, Saliger, en sy opvolg, Vrediger. Sy het reeds 'n groot aanhang verwerf en lewer 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse spanningslektuur."

Sielsmokkelaar deur Leon van Nierop: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2017-04-19

"Aanhangers van Leon van Nierop sal nie teleurgesteld wees met hierdie boek nie. Nuwe lesers sal besef waarom hy een van die topverkopers is en hoekom Sielsmokkelaar ná 20 jaar herdruk is."

Boekresensie: Wildernis deur Wilbur Smith

Org Potgieter Resensies 2017-01-05

"Wilbur Smith is hier weer, soos in al sy ander boeke, die meesterlike storieverteller wat geslaagde karakters met uiteenlopende persoonlikhede – goed en sleg – saamsnoer in ’n verhaal wat op ’n spannende einde afstuur."

Onderhoud: François Bloemhof oor Doodskoot

François Bloemhof, Org Potgieter Skrywersonderhoude 2016-10-03

"Toe my eerste boek uitkom, het ek vir myself gesê ek sal eers soos ’n regte skrywer voel as ek drie boeke op die rak het. Maar dit voel steeds te goed om waar te wees, asof dit nie my regte werk is nie – en ek skat dis omdat dit nooit soos werk voel nie."

Boekresensie: Bloedlyn deur Madelein Rust

Org Potgieter Resensies 2016-09-21

"Rust slaag daarin om die raaisel enduit te voed en die leser betrokke te hou in afwagting op die slot, wat ook puik geskryf is. Haar karakters en die gebeure is almal geloofwaardig en die dialoog wissel tussen erns en gekskeer."

Boekresensie: Goud kan nie roes nie deur Paul-Constant Smit

Org Potgieter Resensies 2016-08-29

"Die verhaal begin met die koningin van Skeba (998vC) en spring dan na die vroeë goudvelde aan die rand (1883)."  

Top