Org Potgieter

Org Potgieter is 'n vryskut resensent, artikelskrywer en taalversorger.

Heiliger deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2017-09-07

"Heiliger kan – as jy geduldig deur die dryfsand gestoei het! – goed vergelyk met Dibi Breytenbach se debuut, Saliger, en sy opvolg, Vrediger. Sy het reeds 'n groot aanhang verwerf en lewer 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse spanningslektuur."

Sielsmokkelaar deur Leon van Nierop: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2017-04-19

"Aanhangers van Leon van Nierop sal nie teleurgesteld wees met hierdie boek nie. Nuwe lesers sal besef waarom hy een van die topverkopers is en hoekom Sielsmokkelaar ná 20 jaar herdruk is."

Boekresensie: Wildernis deur Wilbur Smith

Org Potgieter Resensies 2017-01-05

"Wilbur Smith is hier weer, soos in al sy ander boeke, die meesterlike storieverteller wat geslaagde karakters met uiteenlopende persoonlikhede – goed en sleg – saamsnoer in ’n verhaal wat op ’n spannende einde afstuur."

Onderhoud: François Bloemhof oor Doodskoot

François Bloemhof, Org Potgieter Skrywersonderhoude 2016-10-03

"Toe my eerste boek uitkom, het ek vir myself gesê ek sal eers soos ’n regte skrywer voel as ek drie boeke op die rak het. Maar dit voel steeds te goed om waar te wees, asof dit nie my regte werk is nie – en ek skat dis omdat dit nooit soos werk voel nie."

Boekresensie: Bloedlyn deur Madelein Rust

Org Potgieter Resensies 2016-09-21

"Rust slaag daarin om die raaisel enduit te voed en die leser betrokke te hou in afwagting op die slot, wat ook puik geskryf is. Haar karakters en die gebeure is almal geloofwaardig en die dialoog wissel tussen erns en gekskeer."

Boekresensie: Goud kan nie roes nie deur Paul-Constant Smit

Org Potgieter Resensies 2016-08-29

"Die verhaal begin met die koningin van Skeba (998vC) en spring dan na die vroeë goudvelde aan die rand (1883)."  

Boekresensie: Vrediger deur Dibi Breytenbach

Org Potgieter Resensies 2016-06-17

"Misdaadfiksie sonder 'n speurder as hoofkarakter, verrassende wendinge en oortuigende ontknopings maak van Vrediger 'n boek wat 'n mens sterk kan aanbeveel."

Die Uile – en Trompie – vlieg steeds hoog!

Org Potgieter Boeke en skrywers 2016-06-08

"Dis goed om te weet dat Trompie se kouse steeds oor sy skoene hang en dat Blikkies nog grassies kou en dat Saartjie steeds sukkel met die weerbarstige krul op haar voorkop."

Boekresensie: Stories van die kantlyn deur Theuns Stofberg

Org Potgieter Resensies 2016-06-01

"Stofberg skryf onderhoudend, ook oor die wel en wee van 'n Springboktoerspan, soos die gesukkel met die rooi taal in van die lande."

Boekresensie: Springbokrugby-vasvra deur Pierre François Massyn

Org Potgieter Resensies 2016-04-12

"Dis 'n boek vir waar en wanneer rugbygeeste vergader en sal tot 'n lekker stryery, rondkrap in die geheue, raaiwerk en gesels lei."

Boekresensie: Die Verdwyning van Billy Katz deur Chris Karsten

Org Potgieter Resensies 2015-12-14

"'Karakters dryf my stories, nie gebeure nie. Ek hou veral van karakters wat bietjie afwyk van die geykte vorm en wat gedryf en gemotiveer word deur ou spoke wat soms vir hulle bekend lyk, soms onbekend.' En dit werk!"

Onderhoud: Madeleine Rust oor Die 13de Kaart en Monstersaad

Madelein Rust, Org Potgieter Skrywersonderhoude 2015-09-30

"Sy staan soggens vieruur op en kom saans eers ná sewe tuis. Skryftyd is net Saterdag- en Sondagoggende van vieruur totdat sy minstens een hoofstuk voltooi het."

Boekresensie: Komplot deur André Krüger

Org Potgieter Resensies 2015-09-16

"Komplot is Krüger se tweede historiese roman, hierdie keer met die Spaanse Burgeroorlog as agtergrond. Soos in sy bekroonde debuut, Die Twee Lewens van Dieter Ondracek, (met die Tweede Wêreldoorlog as agtergrond) is daar ook vir hierdie hoofkarakter, Thomas Jacobs, 'n tweede lewe."

Boekresensie: Saliger deur Dibi Breytenbach

Org Potgieter Resensies 2015-08-04

"Dibi Breytenbach verdien applous vir haar eerste poging met 'n boek wat lekker lees en teen die einde moeilik neergesit word."

Resensie: Wynie – my bloed is blou deur Wynie Strydom (met Alita Steenkamp)

Org Potgieter Resensies 2015-07-07

"Dis ’n boek wat veral vir Blou Bul-ondersteuners en die groot aantal spelers en mense met wie Wynie se paaie gekruis het, ’n bate sal wees."

Top