Naomi Bruwer

Naomi Bruwer het 'n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. Haar passie vir Suid-Afrikaanse letterkunde en kunste het gelei tot groot betrokkenheid by die Stellenbosse Woordfees. Na drie jaar as projekbestuurder by dié fees het sy besluit dit is tyd vir 'n nuwe uitdaging. Sy het in 2005 by LitNet aangesluit en is tans Senior Inhoudsbestuurder. Kontak Naomi by naomibruwer@litnet.co.za.

Protea Boekhuis Skrywersfunksie: Kaapse funksie 2018 – foto's

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2018-09-26

Protea Boekhuis se jaarlikse Kaapse Skrywerspartytjie is onlangs by Simonsig-wynlandgoed aangebied. By die geleentheid is hulle hoogtepunte van die afgelope jaar gedeel.

Video: Tweespoor deur Helena Gunter word bekendgestel

Naomi Bruwer Skrywersonderhoude 2018-09-19

Helena Gunter se bundel Tweespoor is Saterdag 8 September in die Drostdy-teater op Stellenbosch bekendgestel. Gerard Scholtz het met haar gesels.

Foto's: ATKV-Woordveertjies 2018

Izak de Vries, Naomi Bruwer ATKV-Portaal 2018-09-06

Die ATKV-Woordveertjies is vanjaar vir die 11de keer aangebied. Die prysfunksie is Vrydag 31 Augustus in Stellenbosch gehou. Izak de Vries en Naomi Bruwer deel hulle foto's.

Video: Steinhoff en die Stellenbosse Boys word bekendgestel

Naomi Bruwer, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2018-07-26

James-Brent Styan se Steinhoff en die Stellenbosse Boys is Donderdag 19 Julie in die Hofmeyrsaal op Stellenbosch bekendgestel. Jan-Jan Joubert het met hom gesels.

Video: Die Afrikaners word bekendgestel

Naomi Bruwer Skrywersonderhoude 2018-07-04

Hermann Giliomee se Die Afrikaners, die verkorte en bygewerkte weergawe van Die Afrikaners: 'n biografie, is Donderdag 28 Junie in die Drostdy-teater op Stellenbosch bekendgestel. Albert Grundlingh het met hom gesels.

Foto's: Kanna-wenners van die KKNK 2018

Naomi Bruwer KKNK 2018-05-14

Die Kanna-wenners in die 15 kategorieë, wat twee nuwe kategorieë vir tegniese uitnemendheid en beste teaterontwerp insluit, is Sondagaand 13 Mei by ’n spesiale geleentheid op Nasdak in Kaapstad bekend gemaak.

Video en foto's: Bekendstelling van Ingrid Jonker – ’n biografie deur Petrovna Metelerkamp

Naomi Bruwer Skrywersonderhoude 2018-05-09

Petrovna Metelerkamp se omvattende biografie van Ingrid Jonker is by die Suidoosterfees bekendgestel. Suzette Kotzé-Myburgh het met haar oor die nuwe onthullings wat in die boek na vore kom, gesels. Kyk na die video van die gesprek.

Foto's en commendatio's: Drie ATKV|SA Akademie-pryse oorhandig

Naomi Bruwer Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2018-04-26

Drie van die ag ATKV|SA Akademie-pryse van 2018 is Woensdagaand by ’n byeenkoms van die Werkgemeenskap Wes-Kaap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oorhandig. Vier LitNet Akademies-artikels is vanjaar bekroon; die pryse vir twee van hulle is by dié funksie oorhandig.

Video: Launch of The land is ours by Tembeka Ngcukaitobi

Naomi Bruwer Skrywersonderhoude 2018-04-24

Tembeka Ngcukaitobi's historical book The land is ours: South Africa's first black lawyers and the birth of constitutionalism was launched at Protea Bookshop Stellenbosch on 19 April 2018. Ngcukaitobi was interviewed by Hermann Giliomee and Albert Grundlingh. Watch the video of the conversation.

Suidoosterfees 2018: ’n onderhoud oor die Jakes Gerwel Stigting se diskoers- en boekgesprekke

Naomi Bruwer, Theo Kemp Suidoosterfees 2018-04-19

"Dit was Jakes Gerwel se droom om ’n fees in die Kaap te begin wat totaal en al naatloos is en waar die ryke kulturele leefwêrelde van die uiteenlopende gemeenskappe by mekaar uitkom en sodoende verrykend en verruimend is van die kunste in al sy verskeie gedaantes."

Video: openbare domein word bekendgestel

Naomi Bruwer Skrywersonderhoude 2018-04-19

Daniel Hugo se digbundel openbare domein is Saterdag 14 April in Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel.  Gunther Pakendorf het met hom gesels.

Video: Vandag wil ek my blou skoene dra word bekendgestel

Naomi Bruwer Skrywersonderhoude 2018-04-12

Koos Kombuis se digbundel Vandag wil ek my blou skoene dra is Saterdag 7 April in Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel.  Danie Marais het met hom gesels.

’n Onderhoud met bekroonde navorser Helgard Raubenheimer

Helgard Raubenheimer, Naomi Bruwer Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2018-04-05

"Dit was vir baie jare pret om op die gebied van goudchemie, een van my gunstelinggebiede, te werk en dit verder te ontwikkel."

US Woordfees 2018: Foto's van die SASNEV-borrel

Naomi Bruwer NeerlandiNet 2018-03-15

 Die jaarlikse SASNEV-borrel het Saterdag 10 Maart by die US Woordfees plaasgevind. By dié geleentheid is die Eenders & Anders-reeks, uitgegee deur Protea, bekendgestel.

US Woordfees 2018: Fotoblad 6

Naomi Bruwer, Gerrit Rautenbach Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-03-12

Die sesde fotoblad van die US Woordfees 2018 se skrywersprogram.

Top