Video: Tweespoor deur Helena Gunter word bekendgestel

  • 0

Helena Gunter se bundel Tweespoor is Saterdag 8 September in die Drostdy-teater op Stellenbosch bekendgestel. Gerard Scholtz het met haar gesels.

Helena Gunter en Gerard Scholtz
Foto: Naomi Bruwer

Tweespoor

Helena Gunter

Protea Boekhuis

ISBN: 9781485309291

Opsomming

In 1920 skilder Paul Klee die olieverf-skildery, Angelus Novus. In 1940 vertolk Walter Benjamin in sy geskrif, “Űber den Begriff der Geschichte”, dat dít is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk: met oopgesperde vlerke, op die punt om weg te vlieg, kyk hy om. Hy sien ’n katastrofiese verlede, wil terug, die wrakstukke wat hy daar sien opruim, maar ’n storm uit die paradys het hom aan die vlerke beet, waai hom genadeloos die toekoms in.

In die eerste gedeelte van Tweespoor word ’n spesifieke suider-afrikaanse verlede ontgin, en in die tweede ’n stormagtige eietydse werklikheid. Benewens dié twee spore waarop die bundel kortprosa loop, veroorsaak die geskiedenis wat ingesement in die psiges van karakters lê, en die opsies wat die hede bied, ’n turbulensie wat mense in twee rye spore laat loop.

Bron: Protea Boekhuis

Lees ook

Tweespoor deur Helena Gunter: ’n resensie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top