Die Kanna-wenners in die 15 kategorieë, wat twee nuwe kategorieë vir tegniese uitnemendheid en beste teaterontwerp insluit, is Sondagaand 13 Mei by ’n spesiale geleentheid op Nasdak in Kaapstad bekend gemaak. Nina Swart was die gasvrou.
Die Kanna-kontantpryse is geborg deur Absa, die ATKV, Castle Lager, Huisgenoot, Kunste Onbeperk, Media24, NATi, Sarie en Ton en Anet Vosloo. Elke wenner het ’n Kanna-beeldjie deur Danélle Janse van Rensburg en ’n kontantprys ontvang. Totale prysgeld van R140 000 is uitgedeel.
Kanna vir die beste bydrae tot visuele kuns, geborg deur Absa
Johannes en Collen Maswanganyi (Dance and carve with my father)
Johannes en Collen Maswanganyi
Foto: Naomi Bruwer
Kanna vir die beste musiekproduksie, geborg deur Huisgenoot
Lepeltjie vol snare
Hannes Coetzee en Frazer Barry
Foto: Naomi Bruwer
Hannes Coetzee en Frazer Barry
Foto: Naomi Bruwer
Kanna vir die beste teateraanbieding, geborg deur die ATKV
Ons is almal freaks hier
Ingrid Winterbach. Gerrie Lemmer van die ATKV het die prys oorhandig.
Foto: Naomi Bruwer
Kanna vir die beste debuutwerk, geborg deur Media24
Babbelagtig
De Klerk Oelofse het die prys in ontvangs geneem.
Foto: Naomi Bruwer
Kanna vir die beste kinderteater-aanbieding, geborg deur NATi
Babbelagtig
Jenine Collocott. Cornelia Faasen van NATi het die prys oorhandig.
Foto: Naomi Bruwer
Kanna vir die beste Uitkampteater-aanbieding, geborg deur NATi
Doos/Box
Kanna vir die beste opkomende kunstenaar, geborg deur Ton en Anet Vosloo
Du Toit Albertze (Die Meermin-kompleks)
Du Toit Albertze
Foto: Naomi Bruwer
Kanna vir die beste nuutgeskrewe teks, geborg deur NATi
Bauke Snyman (Swerfgoed)
Kanna vir die beste byspeler: manlike, geborg deur Media24
Richard September (Swerfgoed)
Richard September. Wicus Pretorius het die prys oorhandig.
Foto: Naomi Bruwer
Kanna vir die beste byspeler: vroulik, geborg deur NATi
Nicole Holm (Swerfgoed)
Nicole Holm. Wicus Pretorius het die prys oorhandig.
Foto: Naomi Bruwer
Kanna vir die beste akteur, geborg deur Castle Lager
Mbulelo Grootboom (Gif/Poison/Ithyefu)
Mbulelo Grootboom
Foto: Naomi Bruwer
Kanna vir die beste aktrise, geborg deur SARIE
Antoinette Kellermann (Hierdie lewe)
Antoinette Kellermann
Foto: Naomi Bruwer
Kanna vir die beste regie, geborg deur die ATKV
Wolf Britz (Hierdie lewe)
Wolf Britz. Nita Cronjé van die ATKV het die prys oorhandig.
Foto: Naomi Bruwer
Kanna vir die beste teaterontwerp, geborg deur Absa
Wolf Britz (Hierdie Lewe)
Kanna vir tegniese uitnemendheid, geborg deur Kunste Onbeperk
Pieter-Jan Kapp
Pieter-Jan Kapp ontvang die prys van Karen Meiring.
Foto: Naomi Bruwer
Spesiale prys vir beste produksiebemarking, geborg deur Lumico
Moord in Ixiastraat – ’n Bal-oog-en-Brommel-avontuur
Willem Breytenbach van Lumico oorhandig die prys aan Sjaka Septembir.
Foto: Naomi Bruwer
Die Kanna-paneel, onder leiding van die sameroeper Mareli Stolp, het bestaan uit Amelda Brand, Retha Bornmann, Diane de Beer, Aidan Erasmus, Rafiek Mammon, Thami Mbongo, Laetitia Pople en Tracey Saunders.
Volgende jaar se feesdatums is 21 tot 27 Maart. Maak gereed vir die KKNK se 25ste verjaarsdag!