Afrikaans se komvandaan
2018-08-28"Op watter maniere is Afrikaans besig om mense se lewens ekonomies, sosiaal en maatskaplik te verbeter, en hoe kan dit bydra tot kohesie in ons samelewing?"
Vrystaat Kunstefees: ’n kort oorsig
2018-07-25"Die Afrikaanse landskap is egter ongelukkig so verdeeld dat dit samewerking bemoeilik. Ek wil graag glo daar is meer mense wat wíl saamwerk om die taal te red en van hul eie agendas ontslae sal raak ten einde ’n taalharmonieuse omgewing te skep waarin verskeie mense kan leef. Benoude katte maak benoude spronge, maar nou is nie die tyd daarvoor nie. Dis tyd vir werk."
Vrystaat Kunstefees 2018: Gesprek oor Afrikaans
2018-07-13"Bestaansangs en vrees oor Afrikaans gaan ons nêrens bring nie. Ons moet fokus op die dele van die taal wat goed doen en wat kultuur en erfenis bevorder – soos letterkunde, teater, flieks, ens."
Vrystaat Kunstefees 2018: RAAK deur Kanya Viljoen, ’n onderhoud
2018-07-13"Dit word ’n intieme ondersoek na die geweld van verwagting, nie net die verwagtinge wat ons vir onsself skep nie, maar wat die samelewing skep. Of dalk net die geweld van liefhê."
Vrystaat Kunstefees 2018: Rooilug deur Jefferson J Dirks-Korkee, ’n onderhoud
2018-07-13"So ek probeer beklemtoon dat kinders reeds mense is en nie besig is om nog mense te word nie. In die stuk wat ek vertel, sien die kind die geweld in sy huis en ervaar ook self van daardie geweld."
Vrystaat Kunstefees 2018: Kawakawas, ’n onderhoud
2018-07-12"Die storie is belangrik omdat mense nie regtig daaroor wil praat nie. En hoe gaan ons die problem oplos as ons nie daaroor praat nie?"
Vrystaat Kunstefees 2018: GodgOdgoD – ’n teaterresensie
2018-07-10"Die produksie raak ’n ontmoetingsplek vir verskillende mense. Oud en jonk. Jy hoef nie van alles te hou nie. En jy hoef nie alles te verstaan nie. Nes die lewe. GodgOdgoD is vir seker ’n hoogtepunt op die Vrystaat Kunstefees se program."
#JustMen by die Baxter-teater: ’n teaterresensie
2018-07-03"Die stuk handel oor verkragtingskultuur en die geweld wat gepleeg word teen vroue en kinders. Dit plaas mans en hul aksies in die kollig en hoe hulle moet begin opstaan en verantwoordelikheid neem vir hul gruweldade en ook nie moet toelaat dat ander mans daarmee wegkom nie."
WhatAbout-ism (ja, maar wat van ...)
2018-06-20"Is dit oor ons bestaansangs? Of omdat ons te vinnig aanstoot neem? Of is dit omdat ons voel die media dek nie genoeg kwessies van dit wat vir ons belangrik is nie? Of het ons bloot net nie genoeg insig tot ander se geleefde ervaringe nie?"
You suck! (And other inescapable truths): agtergrond en indrukke
2018-05-14"Die geleentheid om jou storie te kan vertel en sodoende direk met ’n gehoor te kan kommunikeer is die rede waarom Klara in die eerste plek besluit het om drama te studeer."
Sasolburg: Common “birds” of South Africa: ’n onderhoud met Candice von Litsenborgh en Daneel van der Walt
2018-05-09"Daar is ook sterk sosiale kommentaar in die stuk en alhoewel jy vir die karakters (en ’n bietjie ook vir jouself) lag, kom daar temas van onderdrukking en vooroordeel deur wat nie geïgnoreer kan word nie."
’n Blik op die toekomswaarde van Afrikaans
2018-05-08"Ek weet dat dit vir sommige taalaktiviste nie genoeg is dat mense net Afrikaans praat nie – dit moet op tersiêre gebied ook prioriteit geniet. En ek stem gedeeltelik saam, maar Afrikaans gaan moet leer om ander tale te omarm, sodat die taal nie op ’n eiland groei nie."
Suidoosterfees 2018: ’n teateroorsig
2018-05-03"Dit is die ideale plek vir ons samelewing en die Kaapse omgewing om hande te vat, saam te lag en vermaak uit die boonste rakke te geniet."
Suidoosterfees 2018: Die toneelstuk NRNNSA, transformasie en die toekoms van teater: ’n onderhoud met Mercy Kannemeyer
2018-04-18"Rakende transformasie is daar baie belangrike en nodige dinge besig om te gebeur. Ons wat nou op universiteit saam met die Fallist-beweging grootword (dis nou onder andere die Fees Must Fall- en Rhodes Must Fall-bewegings), leef in ’n tyd waar ons nie kan bekostig om apaties te wees nie. Dinge is aan die gebeur, en ons sal moet luister en deelneem as ons aktiewe burgers wil wees. As ons ernstig is oor transformasie, sal ons moet saamwerk."
Ons is almal freaks hier: ’n resensie
2018-03-15"As gehoorlid het ek ook onkant betrap gevoel, want soos jy staan en kyk na die aksie en toneelspel, kyk jy ook na die gehoorlede wat oorkant jou staan of sit, en die hele proses voel soos ’n ontbloting, ’n ontmaskering – dit voel asof jy vir die persoon oorkant jou wil sê: 'Ons is saam in hierdie ding.'"

