Mercy Kannemeyer

Mercy Kannemeyer het in 2017 haar honneursgraad in drama en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch voltooi, en begin in 2018 met haar meestersgraad. Sy spesialiseer in toegepaste teater en haar droom is om vir so lank as wat sy kan te skep, skryf en speel.

Sy is uitgesproke oor Afrikaans en moedertaalonderrig en ontvang in 2017 ’n erepenning van die Afrikaanse Taalraad vir haar dokumentêr Die ander kant. Die dokumentêr vra die vraag: "Wat het ons om te verloor indien Afrikaans afgeskaf word as onderrigtaal?"

In haar vrye tyd lees sy graag en woon gereeld teater by, en alhoewel sy dikwels aktivisties werk, probeer sy plekke vind waar sy haarself nie te ernstig hoef op te neem nie.

#opdielug met Mercy Kannemeyer

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Mercy Kannemeyer Onderhoude 2020-01-07

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met Mercy Kannemeyer oor haar gunsteling Afrikaanse woord, haar nuutste projekte en die toekoms van Afrikaans.

US geherkoloniseer

Mercy Kannemeyer Universiteitseminaar | University Seminar 2019-10-18

"My Afrikaans is bruin. My Afrikaans het my bevry. En my Afrikaans gaan nou daaronder ly."

Tuin van Digters 2019: Mercy Kannemeyer se indrukke

Mercy Kannemeyer Seminare en essays 2019-10-04

"Dit het my ’n rukkie gevat om hierdie rubriek te skryf. Ek wou bepeins oor dit wat ek deurgemaak het. En in my gedagteproses het ek ook besef dat die fees steeds oorwegend wit is. Hier kan ’n mens moontlik op ’n paar tone trap, want natuurlik het ek groot agting vir almal wat op hul manier tot die sukses van so ’n fees bydra. Die volgende vrae het wel in my kop gedwaal: waar is die bruin of swart akademici?"

Mercy Kannemeyer skryf oor Azille Coetzee se In my vel

Mercy Kannemeyer Boeke en skrywers 2019-08-23

Mercy Kannemeyer het onlangs met Azille Coetzee oor haar debuut In my vel gesels. Mercy skryf oor dié insiggewende gesprek. 

US Woordfees 2019: ’n Gesprek met Mercy Kannemeyer

Naomi Meyer, Mercy Kannemeyer Toyota US Woordfees 2019-02-15

"Ons gesels vanjaar onder andere oor teatertoekennings, transformasie en teater, kulturele toe-eiening, wat jongmense teater toe sal lok, en feeshoogtepunte. Ek is baie opgewonde oor naggesprekke en dink mense moet almal kom bywoon."

2018: Mercy Kannemeyer gesels oor teaterhoogtepunte by kunstefeeste

Mercy Kannemeyer Feeste 2018-12-20

"Die uiterlike affekteer die innerlike. Kunstefeeste gebeur nie in isolasie nie en dit sal skadelik wees indien dit wat op ’n gegewe tydstip in die land aan die gebeur is, nié op een of ander manier by ’n kunstefees uitgelig word nie." 

Kinnes deur Chase Rhys: ’n resensie

Mercy Kannemeyer Resensies 2018-10-29

"Rhys kry dit reg om deur middel van die karakters se lewens die lewe en realiteite van talle ander op die Kaapse Vlakte te ontbloot. Hy doen dit egter met soveel empatie en deernis dat die leser toegelaat word om met elke karakter te simpatiseer."

Onderhoud met Chase Rhys, skrywer van Kinnes, ’n novelle

Mercy Kannemeyer, Chase Rhys Skrywersonderhoude 2018-10-24

"Vind uit wie jy is en skryf dan van daai posisie. Om persoonlike ervarings in jou skryfwerk te gebruik hoefie seer te wies nie – jy sal verstaan dis net deel van jou story, dis nie wie jy is nie." 

PEN Afrikaans by die Tuin van Digters

Mercy Kannemeyer PEN Afrikaans 2018-10-11

"ConVerse beoog om gesprek aan te wakker oor poësie en dit wat in die verlede as die norm vir poësie voorgestel is. Gesprekke rondom veeltaligheid, vertaling en dit wat nie maklik vertaal kan word nie, word ook deur die bundel belig."

Die derde Kunste Onbeperk Teksmark: ’n oorsig

Mercy Kannemeyer Teater 2018-09-06

"Die derde Kunste Onbeperk Teksmark het op die derde en vierde September in die Baxter-teater in Kaapstad plaasgevind. Vyftien skrywers se tekste is voorgelê en die projek bied geleentheid vir skrywers, regisseurs en akteurs om saam te werk."

kykNET Silwerskermfees 2018: Hoogtepunte en indrukke

Mercy Kannemeyer Film 2018-08-31

"Kykers het baie om na uit te sien. Die kykNET Silwerskermfees bied geleentheid vir fliekmakers om te waag en hulself uit te daag, en sodoende bied dit ook aan gehore die geleentheid om te leer en hulle in plaaslike talent te verlekker."

Afrikaans se komvandaan

Mercy Kannemeyer Menings 2018-08-28

"Op watter maniere is Afrikaans besig om mense se lewens ekonomies, sosiaal en maatskaplik te verbeter, en hoe kan dit bydra tot kohesie in ons samelewing?"

Vrystaat Kunstefees: ’n kort oorsig

Mercy Kannemeyer Feeste 2018-07-25

"Die Afrikaanse landskap is egter ongelukkig so verdeeld dat dit samewerking bemoeilik. Ek wil graag glo daar is meer mense wat wíl saamwerk om die taal te red en van hul eie agendas ontslae sal raak ten einde ’n taalharmonieuse omgewing te skep waarin verskeie mense kan leef. Benoude katte maak benoude spronge, maar nou is nie die tyd daarvoor nie. Dis tyd vir werk."

Vrystaat Kunstefees 2018: Gesprek oor Afrikaans

Mercy Kannemeyer Feeste 2018-07-13

"Bestaansangs en vrees oor Afrikaans gaan ons nêrens bring nie. Ons moet fokus op die dele van die taal wat goed doen en wat kultuur en erfenis bevorder – soos letterkunde, teater, flieks, ens."

Vrystaat Kunstefees 2018: RAAK deur Kanya Viljoen, ’n onderhoud

Mercy Kannemeyer Feeste 2018-07-13

"Dit word ’n intieme ondersoek na die geweld van verwagting, nie net die verwagtinge wat ons vir onsself skep nie, maar wat die samelewing skep. Of dalk net die geweld van liefhê."

Top