
Foto: Canva.com
Mercy Kannemeyer skryf op Facebook:
Ek het in alle eerlikheid genoeg gehad van Afrikaanse stories waar bruin en swart mense slegs as die huishulp of skoonmakers feature. En as iemand my gaan vertel: “Maar Suidooster en Arendsvlei is mos daar vir julle” gaan ek my hele huis deur die venster gooi.
Respek aan Suidooster en Arendsvlei, maar die ander shows met wit families en die bruin en swart mense aan die kant? In Suid-Afrika? In 2020? In hierie ekonomie? Mis my met hierie afwesigheid van realiteit. Mis my.


Kommentaar
Ek kan nie meer met jou saamstem nie. Maak soos ek maak. Moenie meer TV kyk nie. Ek sit ook en wonder of mans en vrouens (verskillende geslag) nie meer trou in die land nie. Ek wonder ook of witmense (dieselfde ras) nie meer mekaar trou in die land nie. Hoekom kyk jy Afrikaanse programme as dit jou so erg grief.
Ja, ek dink die tyd het aangebreek dat ons die bruin en swart huishulpe en skoonmakers moet vervang met witmense; nie alleenlik net op TV nie, maar in die werklike lewe in ons huise ook. Andersins moet ons ons luiheid afskud en self uitspring en die werk doen.
Ek sal darem nie omgee vir so 'n Reginald Jeeves as butler nie.