Nuut by Human & Rousseau: Van vaders en vlugtelinge deur SJ Naudé
2023-08-04Daniël voer ’n trekvoëlbestaan tussen Londen en Kaapstad. Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat dié se testament ’n ongewone klousule: Daniël sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek aflê by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat.
Graad 9: Wiskundetoets en memo, derde kwartaal
2023-08-04Toe jy in graad 1 was, het alfabetletters beteken jy is besig om te leer lees. Noudat jy in graad 9 is, besef jy dat die alfabetletters ook deel van algebra is. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry jou ABC onder die knie (en kry sommer goeie punte op jou rapport hierdie kwartaal vir Wiskunde daarby).
Persverklaring: Hierdie skrywers het die US Woordfeeskortverhaalbundel 2023 gehaal
2023-08-04Vier-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel. Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, en vanjaar is dit dus Borrel.
Stemme in 2023 | Tien dialoë
2023-08-03Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.
Persverklaring: Waarom tans ’n gesagskrisis?
2023-08-02In sy verontrustende essay "Die gesagskrisis" postuleer die filosoof Ad Verbrugge dat die postmoderne mens en die markgerigte owerheid albei poreus geword het en dreig om te verbrokkel.
Die wenners van ’n aantal Crito-pryse word aangewys
2023-08-01Crito, LitNet se resensent van resensente, het weer ’n aantal wenners aangewys vir lesersindrukke gelewer van Februarie tot Junie 2023. Elke wenner sal R1 500 ontvang.
Die wenners van kaartjies na die Theuns Jordaan Tribute-konsert in Kaapstad is ...
2023-08-01Die volgende persone ontvang elkeen twee staanplekkaartjies na die Theuns Jordaan Tribute-konsert in Kaapstad ...
Pasverskyn: Deelfontein deur Nicole Jaekel Strauss
2023-08-01In 1900 reis die Britse dokter Oliver Glenville na Deelfontein in die Karoo om by ’n Britse veldhospitaal vir offisiere aan te sluit. Daar beland beseerde Britse soldate én Boerekrygers op sy operasietafel. Klara Grootboom, ’n skoonmaker, rig ’n versoek aan hom wat teen sy beginsels indruis, maar dis asof sy hom in ’n vangnet van haar eie het. Meer as ’n honderd jaar later skep ’n opkomende Kaapse kunstenaar ’n uitstalling uit Deelfontein se gegewens en ontdek ’n onverwagse familieband.
Persverklaring: Napier-Ekspedisie
2023-07-31Wilma Stockenström word vanjaar 90. Om hierdie groot figuur in die Afrikaanse letterkunde te gedenk, word ’n feesviering die komende naweek (5 en 6 Augustus) op haar geboortedorp, Napier, gehou.
Persverklaring: Onvergeetlike musikale Karoonag by Klassique
2023-07-31Een musikale hoogtepunt wat ’n onvergeetlike aand van musiek beloof, is ’n Karoonag met die Suid-Kaap Kinderkoor en vriende (Vrydag 4 Augustus 19:00). Dié multi-bekroonde streekskoor, onder leiding van Jan-Erik Swart, is te sien saam met Suid-Afrikaanse musieklegende Coenie de Villiers en twee soprane van Kaapstad Opera, Brittany Smith en Alida Scheepers
Persvrystelling: Hessequa Harmonie beloof ’n simfonie vir die sintuie in September
2023-07-31Hessequa Harmonie is ’n fokusfees met klassieke musiek as vertrekpunt en ’n fyn uitgesoekte progam van woordkuns en teaterervaringe om kuns van hoogstaande gehalte toeganklik te maak op die platteland.
Press release: Makhaola Ndebele’s One-Man Theatre Show Hits TheatreArts in Limited Season!
2023-07-31Inspired by the South African experience of being born in exile and yearning for a place to call home, Cantos of a Life in Exile weaves together a tapestry of diverse theatre and performance styles.
Persverklaring: Kunstekaap Women’s Humanity Festival
2023-07-31Die Artscape Women’s Humanity Festival is in werklikheid ’n fees vir almal. Met die styging in gender-gebaseerde geweld, moet alles in die stryd gewerp word om kulturele opvattings, onregverdige godsdienspraktyke, aanstootlike taalgebruik en gedrag te verander wat aanhou om vroue te ontmens en objektifiseer. Dus omarm die Fees die LGBTQ+-gemeenskap met ‘AbFab’ (Absolutely Fabulous)-stories wat byvoorbeeld gaan daaroor dat jy jouself as ’n mens aanvaar.
Persbericht: Etienne van Heerden en Deidré Jantjies over de kracht van verhalen in Boeken uit het Huis
2023-07-28Op donderdag 31 augustus begroet het Zuid-Afrikahuis een oude bekende. Dan is Etienne van Heerden online te gast om te praten over de herziene vertaling van zijn indrukwekkende debuutroman Toorberg (1986). Aan het gesprek wordt ook deelgenomen door vertaler Rob van der Veer en cultureel activist Deidré Jantjies, schrijfster van Stories in die wind.
