LitNet en die Langenhoven Gedenkfonds se wetenskapfiksiekompetisie
2023-08-10LitNet en die Langenhoven Gedenkfonds het alle skrywers uitgedaag om ’n wetenskapfiksiekortverhaal voor te lê vir publikasie.
Pasverskyn: Krag deur Fanie Viljoen
2023-08-10Aldan Valentyn is niemand nie. Hy plaas ʼn foto van homself sonder sy hemp op Instagram en word die bespotting van die skool, maar dit sal binnekort verander.
Nuut by LAPA: Pampoenpit kry ’n beat deur Bianca Flanders
2023-08-10Pampoenpit word een oggend wakker met ’n spesiale liedjie in haar hart. ’n Op en wakker ritme wat binne haar borrel en bruis … Die musiek is ongeduldig, dit wil almal graag laat sing. Die ritme wil die hele buurt laat dans en laat rondspring!
Nuut by LAPA: Elle-reeks Omnibus 4 deur Christien Neser
2023-08-10In hierdie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega avonture wat op Elle en haar pelle wag … Insluitend ’n nuwe storie!
Persverklaring: 3de Kaaps Simposium | 3re Kaaps Simposium | 3rd Kaaps Symposium
2023-08-10Ons verwelkom graag akademiese aanbiedings (plakkate, artikels, paneelbesprekings), kreatiewe werk en optredes. | Ôs welcome graag academic presentations (posters, atiekels, panel discussions), creative work en performances. | We invite academic presentations (posters, papers, panel discussions) and creative works and performances.
Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM gerat om geraas te maak
2023-08-08RUK EN RYM is oop vir enige klankskeppende kunstenaars wat alternatiewe musiek met Afrikaanse lirieke maak. Wat beteken "alternatief"? Dit beteken enigiets wat afwyk van die hoofstroom – kunstenaars wat innoveer en wat die strewe na vars klanke en ritmes hoër ag as om neigings te volg.
Persverklaring: Huldigingsgeleentheid vir CJ Langenhoven, 150 jaar ná sy geboorte
2023-08-08Die FAK se Kaapkantoor nooi graag die FAK-vriende in die Suid-Kaap uit na ’n huldigingsgeleentheid vir CJ Langenhoven om hom 150 jaar na sy geboorte, in 1873, te herdenk by sy woning, Arbeidsgenot, in Oudtshoorn. Bring gerus u familie en vriende saam.
Graad 8: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2023-08-08Dis ’n week met ’n vakansiedag; wie’s lus om hulle oor Wiskunde te bekommer? As jy in graad 8 is en jy wil nie dat breuke jou hoofbrekens besorg nie, laai hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann West af. Maak sommer ’n pizza en kyk wie het al ’n derde van hul pizza geëet ... As jy aanhou oefen, verorber jy uiteindelik jou eie kommer stukkie vir stukkie en kry goeie punte in hierdie toetsreeks.
Persverklaring: Fotografiekursus | Press release: Photography course
2023-08-07Taalmonument en Haarhoff bied gewilde werkswinkels vir beginners en bekwames. | Taalmonument and Haarhoff offer popular workshops for beginners and the experienced.
Persverklaring: Eerste Innibos Boekenaweek in September op Kaapsehoop gehou
2023-08-07Liefhebbers van lees, boeke en woorde moet nie die eerste Innibos Boekenaweek van Vrydag 1 September tot Sondag 3 September op Kaapsehoop misloop nie.
Persverklaring: ’n heerlike saamkuiergeleentheid met Joan Kruger
2023-08-04Die FAK in die Wes-Kaap nooi jou uit na ’n heerlike saamkuiergeleentheid waartydens Joan Kruger, joernalis, rubriekskrywer en voorheen redaktrise van Sarie, Rooi Rose en Vrouekeur, gesels oor haar navorsing van die aangrypende lewe van Maria du Plessis, née Marie Buisset (1679–1751), Hugenoot en vroedvrou.
Press release: The launch of The fall by Hans Pienaar
2023-08-04Travellers, explorers, meanderers ... come to the launch of The fall by Hans Pienaar.
Nuut by Human & Rousseau: Van vaders en vlugtelinge deur SJ Naudé
2023-08-04Daniël voer ’n trekvoëlbestaan tussen Londen en Kaapstad. Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat dié se testament ’n ongewone klousule: Daniël sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek aflê by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat.
