Persverklaring: Kortlys vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2023
2023-07-27Die wenner sal eersdaags aangekondig word. Die Ingrid Jonker-prysoorhandiging is Saterdag 16 September tussen 18:00 en 19:00 by die Breytenbach Sentrum in Wellington.
Press release: Virtual workshops – Place names and sign language glossary, University of the Free State
2023-07-27The Department of South African Sign Language and Deaf Studies (University of the Free State) is excited to announce a virtual workshop series in partnership with the Joint IGU/ICA Commission on Toponymy and the African Association for Lexicography (Afrilex) on 26 September 2023.
Pasverskyn: Die binneland in deur Dana Snyman
2023-07-26Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat ’n leeu uitoorlê het.
Nuut by Naledi: Marlene van Niekerk: Die tempteerbare oog, ’n huldiging deur Marius Crous (redakteur)
2023-07-26Die opstelle in hierdie bundel beskou haar werk vanuit ’n verskeidenheid teoretiese invalshoeke en handel oor die sentrale kwessies in haar oeuvre, naamlik die skeppende skryfproses, die aard en funksie van skryf, die mens en die omgewing, vertelling en vertaling, kos en kosmaak, asook die uitbeelding van universiteite.
Nuut by Naledi: Sirkelgang deur Johann Lodewyk Marais
2023-07-26Sirkelgang is die digter se 14de digbundel en verskyn toevallig 40 jaar ná sy debuutbundel.
New from Jonathan Ball: Finding endurance by Darrel Bristow-Bovey
2023-07-26Drawing on literature, natural history, personal memoir and the thrilling epics of polar adventure, this is a celebration of the human spirit.
Persverklaring: Die klawers dans binnekort by Klassique op Oudtshoorn
2023-07-25Van die mooiste melodieë in klavierliteratuur, virtuose stelle variasies uit die Barok, tot die tydlose skoonheid van musiek deur legendariese komponiste en unieke kombinasies. Dít alles wag van 3 tot 6 Augustus op klavierliefhebbers by dié winterfees van klassieke musiek, kuns, boeke, kos en wyn.
Persverklaring: Uit die feesgids | Kinderteater | Momentum Beleggings Aardklop 2023
2023-07-25Verwag ’n volronde aanbod vir die hele gesin, van teater tot musiek, kunsvlyt, kosstalletjies, gesprekke, visuele kunste en vele meer by Momentum Beleggings Aardklop.
Persverklaring: Uit die feesgids: Goed wat wag om te gebeur | Momentum Beleggings Aardklop 2023
2023-07-25Die teaterstuk Goed wat wag om te gebeur, ’n herinterpretasie van Ibsen se Ghosts, handel oor die sondes van die verlede wat by ’n familie bly spook. Met Gideon Lombard, Antoinette Kellermann en Emma Kotze. Teks en regie deur Philip Rademeyer.
Persverklaring: Die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie vir hoërskole 2023
2023-07-25Hierdie nasionale kompetisie vir hoërskoolleerders in graad 8 tot graad 12 is die eerste van sy soort vir Wikipedia wêreldwyd en met lekker groot pryse op die spel. Die eerste plek kry ’n R10 000-kontantprys, tweede plek R6 000 en derde plek R3 000!
Persverklaring: SA-legendes te sien in die fliekweergawe van Hans steek die Rubicon oor
2023-07-24Die rolverdeling van Hans steek die Rubicon oor bederf fliekgangers met die room van Suid-Afrikaanse akteurs – Pierre van Pletzen as Hans, Tobie Cronjé as Vasie, June van Merch as Baby, Sandra Prinsloo as Liesbet, en Nicola Hanekom as Matrone. Die jong akteur Juan-Pierre Moller is Esmeraldus; Danny Ross is Elvis; Diaan Lawrenson is Karla, en Ivan Abrahams is Jan Doppies.
"Unlocking the truth" is Klipkind’s Eskom commentary
2023-07-24When it became clear that Eskom’s electricity availability for the kiln in which he bakes his works is unreliable, Dirks built a clay kiln with inspection holes to regulate the very high temperature (between 1 000 and 1 200 ºC). Unfortunately, the recent heavy rains severely damaged this clay kiln.
Persverklaring: Paneelgesprek ter viering van Taaldag en -maand 2023
2023-07-24Die tema van die paneelgesprek is taalbeplanning en taalherlewing in Afrikaans. Daar is verskillende taalherlewingsprojekte aan die gang en die Afrikaanse Taalmuseum hoop om enkele van hierdie projekte, navorsing en betrokkenes te belig.
Persverklaring: NALN 50 | Met 'n pouveer in die hoed: Klinkklaar vier nege vrouedigters op Vrouedag
2023-07-24Toonsettings deur Joanita Erasmus-Alt met voorlesings en gesprek deur Karen de Wet vier die poësie van Sheila Cussons, Joan Hambidge, Ingrid Jonker, Antjie Krog, Bibi Slippers, Elisabeth Eybers, Heilna du Plooy, Petra Müller en Wilma Stockenström.
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo
2023-07-24Dit voel nog soos winter, maar dis ’n nuwe kwartaal met nuwe geleenthede. Hoewel daar ’n weervoorspelling in hierdie vraestel deur Eugene van der Westhuizen is, gaan dit leerders in graad 4 nie help om te weet wat vandag se temperature is nie. Dit gaan wel help met voorbereiding vir Afrikaans Huistaal hierdie kwartaal – en die punte op die rapport soos mooiweer en warm laat lyk. Klik hier om die vraestel en memo gratis in PDF-formaat af te laai.
