Persverklaring: Program van die twaalfde Tuin van Digters op 15 en 16 September 2023 in Wellington
2023-08-19Die gewilde Tuin van Digters-fees, wat oor die jare gevestig is as die Tuiste van die Afrikaanse digkuns in Suid-Afrika (en die wêreld!), vind op Vrydag 15 en Saterdag 16 September 2023 vir die 12de agtereenvolgende jaar by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas.
Persverklaring: Laaste week om programvoorstelle vir KKNK 2024 in te dien
2023-08-18Kunstenaars en kreatiewe skeppers en denkers het nog een week om programvoorstelle vir die 28ste KKNK in te dien. Slegs aanlyn voorstelle wat teen die sluitingsdatum van Vrydag 25 Augustus ingedien is, word oorweeg.
Laaste hulde aan Dan Sleigh
2023-08-17Die skrywer Dan Sleigh is op 29 Julie 2023 oorlede. LitNet plaas – met toestemming – huldeblyke en foto’s deur familie en vriende. (Uit die skrywes sou mens kon aflei dat Dan Sleigh se grootwordjare en sy vroeë blootstelling aan ’n VOC-baken op die plaas waar hy gebore is, dalk die inspirasie kon wees vir sy volgehoue belangstelling, navorsing en skrywes oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis.)
Persverklaring: Spesiale fokus op die landbou by die Etienne van Heerden Veldsoirée
2023-08-17Almal wat belangstel in Suid-Afrika se toekoms, en veral in die toekoms van ons landbougemeenskappe, moet solank hul kaartjies bespreek vir twee belangrike gesprekke op Saterdag 23 September by Buffelshoek, ’n plaas net buite Cradock.
Press release: Special focus on agriculture at the Etienne van Heerden Veldsoirée
2023-08-17Anyone who is interested in South Africa’s future, especially of our agricultural communities, should book their tickets for two important talks on Saturday, 23 September at Buffelshoek, a farm just outside Cradock.
Uitnodiging: Algemene Simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns | 28 en 29 September 2023
2023-08-17Akademielede en ander belangstellendes word aangemoedig om die simposium by te woon van 28 tot 29 September 2023. Die tema vir vanjaar se simposium is Volhoubare menslike welstand in Suid-Afrika.
Persverklaring: Boekherstel en -bindery | Press release: Book repair and binding
2023-08-16Taalmonument bied gevorderde klasse oor boekherstel en -bindery. | Book a date for Taalmonument’s advanced book repair and binding course.
Press release: The programme for the Midlands Literary Festival 2023
2023-08-16The Midlands Literary Festival takes place during the first weekend of September 2023 at the Yellowwood Café in Howick. Here is the programme.
LitNet | STAND-teaterresensieslypskool: aankondiging | announcement
2023-08-16LitNet is bly om die deelnemers en mentors van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool aan te kondig. | LitNet is pleased to announce participants and mentors to the LitNet | STAND theatre review workshop.
Pasverskyn: Decima deur Eben Venter
2023-08-15Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.
Nuut by Umuzi: Sluitstuk deur Johann Rossouw
2023-08-15Drie jaar ná die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het.
Nuut by Umuzi: Lokval deur Bettina Wyngaard
2023-08-15Die plot knoop met elke kinkel stywer vas. Roosbome in die tuine van hooggeplaastes verberg die afgryslikste geheime. Voor hul oë neem mensehandel skrikwekkende afmetings aan.
Persverklaring: Wenner van Ingrid Jonker-prys aangekondig
2023-08-14Dit is vir die pryskomitee ’n voorreg om vanjaar se wenner aan te kondig.
Persverklaring: Kortlyste vir kykNET-Rapport-boekpryse 2023 bekend
2023-08-13Altesaam 86 inskrywings is ontvang vir die vier boekpryse, wat ten doel het om erkenning te gee aan Afrikaanse skrywers en hulle aan te spoor om gehalteskryfwerk in hul moedertaal te lewer.
