LitNet

LitNet

Persverklaring: Bernadino Heights wen Artscape en Suidoosterfees se Hoërskool Dramafees

LitNet Teater 2023-08-29

Bernadino Heights Hoërskool van Scottsdene se Brandmerk is as beste produksie aangewys. Brandmerk, deur die dramaturg Stephren Saayman, het ook die prys vir die beste dramateks ontvang. Die stuk handel oor ’n seun wat ná ’n dramatiese insident ’n fobie vir roomys opdoen.

Graad 10: Lewenswetenskappe – vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-28

Is jy in graad 10 en leer julle hierdie kwartaal in Lewenswetenskappe van die hart? Teen hierdie tyd sal jy weet dat net jou ouers sulke outydse uitdrukkings soos "jou hart pomp tjoklits" gebruik en dat hierdie orgaan inderwaarheid ’n ander samestelling het. Laai egter hierdie vraestel deur Rita Engelbrecht gratis af om die soet smaak van goeie punte in die derde kwartaal se toetsreeks te proe.

Persverklaring van die kykNET Silwerskerm-toekennings vir film en TV: Hier is die wenners

LitNet TV 2023-08-28

Dié gala-aand het Saterdag 26 Augustus in Kaapstad plaasgevind aan die einde van ‘n bedrywige Silwerskermfees in Kampsbaai waar die jongste Afrikaanse films vertoon is. 

Persverklaring: Twintig skrywers se tekste by agtste Teksmark te sien

LitNet KKNK 2023-08-26

Twintig skrywers het vanjaar die geleentheid om hul teks-idees tydens die agtste Teksmark by die Baxter-teater in Kaapstad aan voornemende beleggers voor te lê.

Persverklaring: Drie van die bestes | Momentum Beleggings Aardklop 2023

LitNet Aardklop 2023-08-26

Drie van die bestes: Germandt Geldenhuys, bekend as akteur en vir sy kragtige tenoorstem, Mathys Roets met die rustige, fluweelstem en Danie Niehaus as bekroonde en veelsydige kunstenaar en liedjieskrywer.

LitNet: Jou renoster

LitNet Nuusbrief 2023-08-25

LitNet: Jou renoster

Persverklaring: kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse 2023 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-25

Die kortlyste is bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2022 verskyn het. Die kortlyste is saamgestel uit nagenoeg 80 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het.

Nuut by Lux Verbi: ’n Lewe deur Christina Landman

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-24

Christina Landman was nog altyd ’n voorloper. Sy is ook as onstuitbaar beskryf, iemand wat selfs ’n klip kan kwaadmaak. Maar agter die oënskynlike harde dop skuil daar ’n vrou met ’n gul hart vir ander vroue en gemarginaliseerdes, ’n vrou wat dankbaar is vir die kanse wat sy in die akademie en kerk gekry het. Hierdie is die verhaal van ’n moeder en ’n voorloper wat die weg gebaan het vir alle vroue, maar soveel meer, ’n verhaal van ’n vrou wat bly staan het – ’n seder.

 

Nuut by Jonathan Ball: Onkant! deur Hendrik Hancke

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-24

Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en ’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Nuut by Naledi: Oorwegings voor gesigseinder deur Kobus Krüger

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-23

Hierdie boek proklameer nie, voer geen propaganda-oorlog nie, maar tree in kort meditasiestukkies in gesprek met sy lesers, saam in gesprek met uitnemende mistieke denkers van die menslike verlede as een geheel, hier veral met Theravada Boeddhisme. Ons is pelgrims, as een lotsgemeenskap op weg na, en hopelik verlig terug van, ’n laaste, stil horison, met die moontlikheid van ’n lewe tot voordeel van alle lewe.

New from Umuzi: Mirage by David Ralph Viviers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-23

A century-old trunk has been dug up near the railway village of Sterfontein. Inside is the lost journal of Victorian author Elizabeth Tenant – and what appear to be the remains of a child. Michael, a university student recovering from a broken heart, is intrigued by what the journal describes: a scarlet curtain billowing above the desert, covering the entrance to another world. But things become even stranger when a line in the journal seems to be connected to Michael and his cosmologist mother, written a hundred years before their time.

New from Umuzi: Bridge by Lauren Beukes

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-23

Page-turning and ambitious, Bridge is a dazzlingly inventive speculative thriller with an unforgettable cast of characters, and the work of a novelist at the height of her powers.

Nuut by Tafelberg: Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-23

Anelia Heese hervertel die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970’s en 1980’s verplig is om weermagdiens te doen. In Diensplig praat van dié mans, baie van hulle vir die eerste keer, openhartig oor hul ervaringe.

Nuut by Protea Boekhuis: Dan sien ons mekaar deur James Scott

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-23

James Scott is ’n kliniese sielkundige: Hy sien mense en word deur hulle gesien. Die woorde “Dan sien ons mekaar” is die eerste keer geuiter deur die spesialis wat sy kornea-oorplantings behartig het. Dan sien ons mekaar is ’n versameling eg menslike stories oor die lief en leed op James se persoonlike lewensreis. Dit is ’n eerlike blik op hoe terapeut en kliënt mekaar se lewens raak.

Programma Festival voor het Afrikaans 2023 bekend

LitNet NeerlandiNet 2023-08-23

Het Festival voor het Afrikaans is een tweejaarlijks festival dat als doel heeft het Nederlandse en Vlaamse publiek te laten kennismaken met de rijkdom van de Afrikaanstalige cultuur. Deelnemers zijn onder meer Antjie Krog, Stef Bos, Adriaan van Dis, Amanda Strydom, Ronelda Kamfer, Babs Gons, Frazer Barry, Dean Balie, Marlo Minnaar en de Klimaatdichters | 24–26 november, theater De Regentes, Den Haag

Top