LitNet

LitNet

Graad 1: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-21

Is jy in graad 1 en kan jy tel hoeveel kameelperde op hierdie foto is? In die gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West wat jy hier kan aflaai, sal jy leer hoe om nie drie nie, maar ses kameelperde te verdubbel. Verdubbel sommer jou punte op jou rapport as jy vir oulaas hard vir jou toetsreeks voorberei.

ATKV-Woordveertjies 2023: Prys vir poësie, Prys vir dramateks en Woordwystoekenning

LitNet ATKV-Portaal 2023-09-21

Die Afrikaanse woord seëvier by die ATKV-Woordveertjies 2023. Hier is die wenners van die Prys vir poësie, Prys vir dramateks en Woordwystoekenning.

Persverklaring: Die WAT se Nuutskeppingskompetisie 2023 en paneelbespreking by Toyota US Woordfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-21

Die WAT se jaarlikse Nuutskeppingskompetisie vind vanjaar weer tydens die Toyota US Woordfees in samewerking met Monitor op RSG plaas.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-21

Is jy in graad 9 en voel jy soms ongelukkig oor hoe mense by die skool optree? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen af en berei voor vir jou Afrikaans Huistaal-toets hierdie kwartaal. Jy sal boonop in een van die leesstukke verstommende wenke raaklees oor hoe om boeliegedrag te hanteer.

ATKV-Woordveertjies 2023: Die Afrikaanse woord word vereer in hierdie liefdesverhale

LitNet ATKV-Portaal 2023-09-20

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Boekwurms wêreldwyd sal jou vertel dat min dinge ’n goeie liefdesverhaal klop, en ook in Afrikaans staan liefdesromans hul plek op boekrakke vol.

Nuut by Naledi: Moerasperd deur die nag deur Louis Jansen van Vuuren

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-19

Moerasperd deur die nag is tegelykertyd digkuns én skildery én musiek ...

Nuut by Naledi: Oop deure deur Analize Viljoen en Trisa Hugo

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-19

Dié verhoudingsroman gaan oor vriendskappe in verskeie vorms, en komplekse familieverhoudings wanneer uiteenlopende mense saamgegooi word in ’n situasie waarin hulle hulself dalk nie normaalweg sou bevind nie.

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies vier kreatiwiteit

LitNet ATKV-Portaal 2023-09-19

Vind uit wat jong lesers se keuses vir die beste kinder- en jeugboeke van die jaar is! Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om leesbevordering aan te moedig. Terselfdertyd word erkenning verleen aan skrywers, uitgewers en illustreerders vir hul toegewyde werk. Die beoordelaars is jong lesers self – iets wat hierdie toekennings van ander onderskei.

Fresh off the press: A whistling of birds by Isobel Dixon

LitNet Books and writers 2023-09-19

Threaded throughout is the beautiful complexity and vulnerability of the planet, and the joy and difficulty of making art, as each poem becomes its own vivid testament to the natural world. 

Graad 3: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-18

Is jy in graad 3 en maak hierdie toebroodjies jou honger? Jy gaan jou honger na goeie punte kan stil deur hierdie gratis oefenvraestelle deur Lee-Ann West af te laai om vir jou toets voor te berei. Agterna kan jy smul aan ’n toebroodjie van jou keuse. Die vraestel gaan jou boonop help om te bereken wat vyf van hulle jou altesaam gaan kos.

LitNet: Jou 698 nuwe bladsye navorsing in Afrikaans

LitNet Nuusbrief 2023-09-15

LitNet: Jou 698 nuwe bladsye navorsing in Afrikaans

Persverklaring: Peter Martens is terug met Bach se Ses Tjello-suites op Montpellier-wynplaas in Tulbagh op Sondag 24 September

LitNet Musiek 2023-09-13

Peter Martens sal op 24 September terug wees op die pragtige Montpellier-wynplaas in Tulbagh om JS Bach se ses tjellosuites uit te voer. Elke suite word deur een van Montpellier de Tulbagh se uitsonderlike wyne ‘begelei’ om sodoende ’n unieke proe- en luisterervaring te skep waarby alle sintuie geprikkel word!

Pasverskyn: Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese

LitNet Boeke en skrywers 2023-09-13

Anelia vra soms ongemaklike vrae om haarself en ander – veral jonger – Suid-Afrikaners te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan.

Nuut by Naledi: Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-13

Die leser beleef Pippa se verhaal deur verskeie kunsvorme en kleurspatsels wat reliëf aan haar emosies gee. Kreatiewe skryfwerk word die luik waardeur Pippa begin om weer asem te haal.

New from Naledi: It’s always Friday somewhere in the universe by Joe Kitchen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-13

Kola K is marooned. He is not sure whether he is marooned on an island, a planet or in another dimension outside time and space. To make matters worse, he is suffering from amnesia.

Top