Persverklaring: Hier is die benoemdes – 14de kykNET Fiëstas

  • 0
Met die ses groot Afrikaanse kunstefeeste – Suidoosterfees, KKNK, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Toyota US Woordfees en Momentum Beleggings Aardklop – wat die afgelope jaar weer volstoom aan die gang was, het dié in die kunste weer gewys dat talent in Suid-Afrika volop is.

Die kykNET Fiëstas vereer sedert 2011 jaarliks uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste wat in die voorafgaande jaar by kunstefeeste te sien was.

Volgens Robyn van der Rheede, sameroeper van die paneel, is 2023 die eerste jaar sedert die pandemie waartydens al ses feeste weer in hulle volle glorie kon feesvier: “Hoë gehalte werk het gehore na hulle asems laat snak! Die Fiëstas-paneel wil graag die feeste en kunstenaars gelukwens vir 'n suksesvolle feesjaar.

Hiermee die benoemdes:

Beste akteur

Dawid Minnaar – Mirakel
Dean Balie – Ver in die wêreld, Kittie
Eldon van der Merwe – Fietsry vir dommies
Frank Opperman – Reünie

Beste aktrise

Amalia Uys – Mirre en aalwyn
Antoinette Kellermann - Teen wil en dank
Lee-Ann van Rooi – The woman who fed the dogs
Shimmy Isaacs – Gin my die genade

Beste manlike byspeler

André Roothman – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston
Eben Genis – Mirakel
Geon Nel – Mooiplaas
Wilhelm van der Walt – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston

Beste vroulike byspeler

Antoinette Kellermann – Goed wat wag om te gebeur
Bettie Kemp – Mirakel
Daneel van der Walt – Mirre en aalwyn
Jill Levenberg – Droomwerk

Beste regie

Jaco Bouwer – Die vegetariër
Marthinus Basson – Mirakel
Nico Scheepers – Braam en die engel
Neil Coppen, Craig Leo en Tiffany Saterdacht – Droomkraan-kronieke

Beste teaterontwerp

Jaco Bouwer – Die vegetariër
Nico Scheepers en Nell van der Merwe – Braam en die engel
Neil Coppen en Craig Leo – Droomkraan kronieke
Wolf Britz – Tuis, ek’s liefie

Beste nuutgeskepte Afrikaans teks, verwerking of vertaling

Antjie Krog, Nunke Khadimo en verskeie digters – Met woorde soos kerse
Dana Snyman – Reünie
Marthinus Basson - Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston
Tiffany Saterdacht, Neil Coppen, Carlo Daniels en inwoners van Oudtshoorn – Droomkraan kronieke
Lynthia Julius & Veronique Jepthas – My kroon se krank

Beste oorspronklike musiek

Graeme Lees – Classical Calabash
Loki Rothman en Nataniël – Ring van vuur
Mbuso Ndlovu – Echoes of Heritage
Melissa van der Spuy – House of Rhythm

Beste prestasie in klassieke musiek

Erik Dippenaar en Ralitza Macheva – Variations
Megan-Geoffrey Prins, Suzanne Martens en Peter Martens – Harmony of Serenity: Arvo Pärt’s Musical Meditations
Jacobus de Jager, Nina Schumann en Megan-Geoffrey Prins – Rachmaninoff’s 150th Birthday Bash

Beste prestasie in visuele kuns

Carin Bester – She had a name 365
Dineke van der Walt – Kurator: Hide & Seek: Reimagined Histories
Liza Grobler – Inkommers, laatkommers en laatlammers
Tafadza Tega – Chisi Hachieri Musi Wacharimwa: A Seed Will Take Its Time To Grow

Beste musiekgedrewe produksie: buitelug of podium

Innibos kykNET-konsert
Anders/Eenders
Classical Calabash
Echoes of heritage

Beste musiekgedrewe produksie: teater

Amanda Strydom – Amber/Ombré
David Kramer – Ver in die wêreld, Kittie
Ensemble – Met woorde soos kerse
Nataniël – Ring van vuur

Beste opkomende kunstenaar

Gift Wamala – Heterogene Homo Sapiens
Esmé Marthinus – Stof
Kerscha Titus – Jantjies and the Pearls
Van der Aven – Uit volle bosch

Beste feesproduksie

Braam en die engel – Toyota US Woordfees
Die vegetariër – Toyota US Woordfees
Droomkraan-kronieke – KKNK
Echoes of heritage – Vrystaat Kunstefees

Beste ensemble

Anders/Eenders
Braam en die engel
Echoes of heritage
Droomkraan-kronieke
Mirakel

Beste kinder- of opvoedkundige produksie

Braam en die engel – Regisseur: Nico Scheepers
Liewe Heksie vang vis – Margit Meyer-Rödenbeck
Hans Haas sê hallo! – Regisseur: Alexander Steyn
Stars – linkwenzkwezi – sterre – Regisseur: Amelda Brand

Die wenners word op 7 Maart 2024 by The Lookout in Kaapstad aangekondig. Die geleentheid is slegs vir benoemdes en ander rolspelers en word nie regstreeks uitgesaai nie. Daar sal wel insetsels vir verskeie programme verfilm word.

Vereerdes vir die 14de kykNET Fiëstas word vroeg in 2024 bekendgemaak.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top