Persverklaring: Kom lees jou gedigte by Tuin van Digters in Wellington
2023-09-11Enige digter of voornemende digter met gedigte in die onderste laai of in die kop kan dit Saterdag 16 September om 12:00 by die jaarlikse Tuin van Digters by die Breytenbach Sentrum in Wellington kom voordra of voorlees.
Tuin van Digters 2023 se program
2023-09-11Laai die volledige program van die Tuin van Digters 2023 in PDF-formaat hier af.
Persverklaring: Taalgesprek, Arabies-Afrikaans, pieknieks, kursusse, gospel en ander aktiwiteite by die Taalmonument
2023-09-11Van werkswinkels in Arabies-Afrikaans, boekherstelwerk en fotografie tot volmaan- en sterrekykpieknieks: lees meer oor die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se somerprogram hier.
Persverklaring: ATKV-Mediaveertjies bekroon weer ondersoekende joernalistiek
2023-09-11Joernaliste in alle genres (drukmedia, digitale media, radio en televisie) wat nie skroom om moeilike vrae te vra, diegene in magsposisies tot verantwoording te roep, of die stories te vertel waarvan ander wegskram nie, word genooi om in te skryf in drie kategorieë: LEES, LUISTER en KYK. | Inskrywings sluit op 15 September 2023.
Graad 11: Lewenswetenskappetoets en -memo, derde kwartaal
2023-09-11Is jy in graad 11 en voel jy soos ’n vulkaan wil uitbars van spanning oor al die akademiese druk? Laat LitNet se gratis oefenvraestelle jou help. Laai Rita Engelbrecht se Lewenswetenskappe-vraestel af en hersien jou werk oor die menslike liggaam en leer sommer van vulkaniese eilande ook. Wanneer jy jou punte sien, sal jou volgende uitbarsting een van vreugde wees!
Toyota US Woordfeesprogram 2023
2023-09-11Laai die volledige Toyota US Woordfeesprogram 2023 in PDF-formaat hier af. Die volledige boekeprogram is ook hier beskikbaar.
Statues and Storms: Leading through change by Max Price | Book launch on 21 September, Cape Town
2023-09-11You are invited to attend the book launch of Statues and Storms: Leading through change by Max Price on 21 September at Exclusive Books, V&A Waterfront in Cape Town. The book offers a gripping insider's account of Max Price’s tenure as Vice-Chancellor of the University of Cape Town during a transformative period in South African higher education.
Kennisgewing: MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat, 2024
2023-09-11Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith.
Graad 6: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2023-09-08As jy ’n volwassene is, weet jy dalk van die poësie in die sneeuvlokkie waaroor TT Cloete gedig het. As jy in graad 6 is, kan jy dalk nou al jou oë begin oophou vir die Wiskundevorms rondom jou. Dis ook ’n goeie plan om Lee-Ann West se gratis oefenvraestel hier af te laai en vir jou Wiskundetoets hierdie kwartaal te oefen.
Nuut by Naledi: Van Alexandrië na Ithaka deur Konstantinos Kavafis, vertaal deur Louise Cilliers
2023-09-07Kavafis se gedigte, alhoewel meer as ’n eeu gelede in ’n verre land geskryf, spreek steeds tot mens vandag; dit resoneer oor land en tydgrense heen. Uys Krige het Kavafis as ’n moderne praatdigter beskryf; dit is asof hy op ’n gemaklike doodgewone manier met jou praat en dit kom goed oor in Afrikaans.
Nuut by Tafelberg: Die lewe is ’n asem lank, saamgestel deur Frieda van den Heever
2023-09-07’n Versameling van 100 gedigte oor verlies en vertroosting deur van Afrikaans se bekendste digters. Dis verse oor die dood, rou, afskeid, verganklikheid en menswees. Die lewe is ’n asem lank is die ideale geskenk aan iemand wat ’n geliefde vir altyd moes groet – veral wanneer ’n mens nie die woorde kan vind om te troos nie.
Nuut by Protea Boekhuis: Stasies deur Joan Hambidge
2023-09-07Dis die elegiese verslag van ’n stad wat radikaal verander het, ’n opskryf van ’n wêreld wat nie meer bestaan nie, ’n fassinerende dokument in die tradisie van Jeanette Winterson, Sigrid Nunez, Anne Michaels. Al is dit fragmentaries kom daar ’n sekere samehang en balans na vore; ’n droomlogika.
Nuut by Naledi: erf en elders, ’n digbundel deur Kleinboer
2023-09-07Kleinboer skryf oor hoe hy en sy gesin in die stad oorleef, oor herinneringe aan sy kinderjare, en sy avonture in die “underbelly”, asook oor die verliese wat die dood van geliefdes bring. Hy ontsnap dikwels met ’n glasie wyn na ’n vuur in sy agterplaas.
