Persverklaring | Kortkursus 2023: Tekste vir leeskringe en resensiekunde by die Departement Afrikaans en Nederlands (US)
2023-09-01Skryf vanjaar in vir die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands se gesamentlike kortkursus: tekste vir leeskringe en resensiekunde aangebied deur Louise Viljoen en Ronel Foster.
Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal
2023-08-31Is jy in graad 9 en moeg daarvoor om slegte rapportpunte te kry? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Zelda Mans af, en kry uiteindelik jou leeueaandeel van goeie punte vanjaar. (As jy nie die idioom verstaan nie, kan die vraestel jou ook help. Daar is boonop lekker ander stories van natuurreservate om te lees.)
Persverklaring: Bekende skrywer Jaco Jacobs se Charlie Prins beloof om te bekoor en te verras
2023-08-31’n Storiefilm uit die pen van die gewilde en bekroonde jeugboekskrywer Jaco Jacobs maak op Saterdag 2 September 20:00 sy debuut op kykNET (DStv-kanaal 144) en beloof om oud en jonk bekoor.
Persverklaring: Donkies huppel oor Kaapstad se filharmoniese orkes by Robertson optree
2023-08-31Groot opgewondenheid bou in die Breërivier-vallei op vir ’n seldsame musiekgebeurtenis. Vir die eerste maal ooit tree die gewilde Kaapstadse Filharmoniese Orkes in Robertson op, by die Oos-Kerk op Sondag 8 Oktober, 15h00. Om dié dag nog dieper betekenis te gee, word die sprankelende musiekprogram ten bate van Eseltjiesrus Donkey Sanctuary op McGregor aangebied.
New from Kwela: Domestic terror: Intimate partner violence in South Africa by Nechama Brodie
2023-08-31Nechama Brodie explores decades of brutal domestic violence and coercive control and she examines women’s changing rights and current legal protections.
New from Tafelberg: Statues and storms: Leading through change by Max Price
2023-08-31Statues and storms offers a gripping insider’s account of Max Price’s tenure as vice-chancellor of the University of Cape Town during a transformative period in South African higher education.
Fresh off the press: Rich state, poor state by Greg Mills
2023-08-31Why do some states thrive, grow their economies and uplift their people while others, facing similar challenges, slide into low growth, social dysfunction and failure?
Persverklaring: Sy hart met ’n wye boog terug na Suid-Afrika
2023-08-30Die Vlaminge se gunsteling-Suid-Afrikaner, Stefan Dixon, reik vir die eerste keer in tien jaar ’n nuwe Afrikaanse enkelsnit "Vanaand gaan ons terug" uit.
Persverklaring: Internasionale erkenning vir Suid-Afrikaanse hiperteks-digkunsprojek – opname in die Hypertext & Art-uitstalling te Rome
2023-08-29Die agt jaar oue Byderhandprojek van die vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit het onlangs besondere erkenning te beurt geval. Aspekte daarvan is naamlik verkies om opgeneem te word in ’n internasionale hiperteksskeppings-uitstalling wat eersdaags in Rome plaasvind.
Persverklaring: Bernadino Heights wen Artscape en Suidoosterfees se Hoërskool Dramafees
2023-08-29Bernadino Heights Hoërskool van Scottsdene se Brandmerk is as beste produksie aangewys. Brandmerk, deur die dramaturg Stephren Saayman, het ook die prys vir die beste dramateks ontvang. Die stuk handel oor ’n seun wat ná ’n dramatiese insident ’n fobie vir roomys opdoen.
Graad 10: Lewenswetenskappe – vraestel en memo, derde kwartaal
2023-08-28Is jy in graad 10 en leer julle hierdie kwartaal in Lewenswetenskappe van die hart? Teen hierdie tyd sal jy weet dat net jou ouers sulke outydse uitdrukkings soos "jou hart pomp tjoklits" gebruik en dat hierdie orgaan inderwaarheid ’n ander samestelling het. Laai egter hierdie vraestel deur Rita Engelbrecht gratis af om die soet smaak van goeie punte in die derde kwartaal se toetsreeks te proe.
Persverklaring van die kykNET Silwerskerm-toekennings vir film en TV: Hier is die wenners
2023-08-28Dié gala-aand het Saterdag 26 Augustus in Kaapstad plaasgevind aan die einde van ‘n bedrywige Silwerskermfees in Kampsbaai waar die jongste Afrikaanse films vertoon is.
Persverklaring: Twintig skrywers se tekste by agtste Teksmark te sien
2023-08-26Twintig skrywers het vanjaar die geleentheid om hul teks-idees tydens die agtste Teksmark by die Baxter-teater in Kaapstad aan voornemende beleggers voor te lê.
Persverklaring: Drie van die bestes | Momentum Beleggings Aardklop 2023
2023-08-26Drie van die bestes: Germandt Geldenhuys, bekend as akteur en vir sy kragtige tenoorstem, Mathys Roets met die rustige, fluweelstem en Danie Niehaus as bekroonde en veelsydige kunstenaar en liedjieskrywer.
