Persverklaring: kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse 2023 bekend
2023-08-25Die kortlyste is bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2022 verskyn het. Die kortlyste is saamgestel uit nagenoeg 80 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het.
Nuut by Lux Verbi: ’n Lewe deur Christina Landman
2023-08-24Christina Landman was nog altyd ’n voorloper. Sy is ook as onstuitbaar beskryf, iemand wat selfs ’n klip kan kwaadmaak. Maar agter die oënskynlike harde dop skuil daar ’n vrou met ’n gul hart vir ander vroue en gemarginaliseerdes, ’n vrou wat dankbaar is vir die kanse wat sy in die akademie en kerk gekry het. Hierdie is die verhaal van ’n moeder en ’n voorloper wat die weg gebaan het vir alle vroue, maar soveel meer, ’n verhaal van ’n vrou wat bly staan het – ’n seder.
Nuut by Jonathan Ball: Onkant! deur Hendrik Hancke
2023-08-24Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en ’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.
Nuut by Naledi: Oorwegings voor gesigseinder deur Kobus Krüger
2023-08-23Hierdie boek proklameer nie, voer geen propaganda-oorlog nie, maar tree in kort meditasiestukkies in gesprek met sy lesers, saam in gesprek met uitnemende mistieke denkers van die menslike verlede as een geheel, hier veral met Theravada Boeddhisme. Ons is pelgrims, as een lotsgemeenskap op weg na, en hopelik verlig terug van, ’n laaste, stil horison, met die moontlikheid van ’n lewe tot voordeel van alle lewe.
New from Umuzi: Mirage by David Ralph Viviers
2023-08-23A century-old trunk has been dug up near the railway village of Sterfontein. Inside is the lost journal of Victorian author Elizabeth Tenant – and what appear to be the remains of a child. Michael, a university student recovering from a broken heart, is intrigued by what the journal describes: a scarlet curtain billowing above the desert, covering the entrance to another world. But things become even stranger when a line in the journal seems to be connected to Michael and his cosmologist mother, written a hundred years before their time.
New from Umuzi: Bridge by Lauren Beukes
2023-08-23Page-turning and ambitious, Bridge is a dazzlingly inventive speculative thriller with an unforgettable cast of characters, and the work of a novelist at the height of her powers.
Nuut by Tafelberg: Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese
2023-08-23Anelia Heese hervertel die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970’s en 1980’s verplig is om weermagdiens te doen. In Diensplig praat van dié mans, baie van hulle vir die eerste keer, openhartig oor hul ervaringe.
Nuut by Protea Boekhuis: Dan sien ons mekaar deur James Scott
2023-08-23James Scott is ’n kliniese sielkundige: Hy sien mense en word deur hulle gesien. Die woorde “Dan sien ons mekaar” is die eerste keer geuiter deur die spesialis wat sy kornea-oorplantings behartig het. Dan sien ons mekaar is ’n versameling eg menslike stories oor die lief en leed op James se persoonlike lewensreis. Dit is ’n eerlike blik op hoe terapeut en kliënt mekaar se lewens raak.
Programma Festival voor het Afrikaans 2023 bekend
2023-08-23Het Festival voor het Afrikaans is een tweejaarlijks festival dat als doel heeft het Nederlandse en Vlaamse publiek te laten kennismaken met de rijkdom van de Afrikaanstalige cultuur. Deelnemers zijn onder meer Antjie Krog, Stef Bos, Adriaan van Dis, Amanda Strydom, Ronelda Kamfer, Babs Gons, Frazer Barry, Dean Balie, Marlo Minnaar en de Klimaatdichters | 24–26 november, theater De Regentes, Den Haag
Persverklaring: ’n Gospelkonsert | Press release: A gospel concert
2023-08-23Vang gees by Taalmonument met ’n spirituele sangfees. | Catch the spirit at Taalmonument with festival of sacred songs.
Pasverskyn: Leë blikkies vol liefde, ’n kortverhaalbundel saamgestel deur Fiona van Kerwel
2023-08-23’n Splinternuwe bundel met kortverhale vir leerders in graad 7 tot 9! Onder andere is daar werk van Jeremy Veary, Jan van Tonder, Carina Stander, Diana Ferrus, EKM Dido, Derick van der Walt, Elrien Scheepers en Allison Matroos opgeneem. Die aanslag is perfek vir klasgebruik met woordelyste, ’n kort opsomming van elke verhaal en biografie van die skrywer, asook vrae en aktiwiteite.
Persverklaring: Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend
2023-08-22Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Vanjaar is geen uitsondering nie en die ATKV sit graag ’n veer in die hoed van skrywers vir hul uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit.
Boekbekendstelling: "The Cape Muslim Vernacular" deur Mogamat Alexander | 26 Augustus 2023, Kaapstad
2023-08-22Sybrandus Adema: "Alexander brei ook uit op sy hartstog vir Arabies-Afrikaans – algemeen aanvaar as die eerste geskrewe vorm van die taal en ten nouste gekoppel aan gesproke Maleis-Afrikaans – met talle voorbeelde en transkripsies asook sy voorstelle vir die ‘vermiste’ moderne Afrikaanse klanke."
Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2023-08-22"As jy vanjaar in graad 7 is, weet jy dat ’n refleksie nie altyd ’n weerkaatsing beteken nie (behalwe as jy ’n Afrikaans-toets skryf). Laai hierdie gratis oefentoets deur Lee-Ann West af, oefen begrippe soos refleksies en translasies ... en jou rapportpunte vertaal sommer van 'goed' na 'uitstekend'."
