
Foto van Lize Beekman: verskaf
Lize Beekman tree net in een vollengte solo-vertoning in 2023 in die Kaap op - en sy doen dit op 4 en 5 November by Die Boer-restaurantteater in Durbanville. Sy deel nuwe musiek en lirieke uit haar pen en tussendeur kan aanhangers ook die ou bekende gunstelinge geniet. Saam met haar op die verhoog is tjellis Anjulie de Vos en die vertoning beloof 'n sielvolle, intieme aand met woorde wat saak maak en rustige musiek waartydens jy kan terugsit en dieper asemhaal. Kaartjies kos R240 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

