LitNet

LitNet

Nuut by Lux Verbi: Kultusse in Suid-Afrika deur Jana Marx

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-29

Jana Marx, bekende joernalis, bestudeer kultusse: van antieke kultusse, die verskil tussen ’n sekte en ’n kultus, wie word in ’n kultus ingetrek en die kenmerke van ’n kultusleier. 

Persverklaring: André Schwartz se Any Dream will Do – My pad met Webber op pad na feeste

LitNet Musiek 2023-09-28

André Schwartz se vertoning Any Dream will Do – My pad met Webber word op 3 en 4 Oktober by Momentum Beleggings Aardklop aangebied en op 10 en 13 Oktober by Toyota US Woordfees.

Persverklaring: 2023 Foxwoodfees vier die verlede én kyk vooruit

LitNet Feeste 2023-09-28

Vanjaar bied ook ’n fees van visuele kuns: elke kunstenaar met sy/haar eie lewensvisie en tegniese vaardigheid wat van hom/haar ’n nasionale en internasionaal erkende kunstenaar maak. Die uitstalling is saamgestel deur die kunstenaar en aktrise Isabella Mostert.

Fotoblad: kykNET-Rapport-boekpryse 2023

LitNet Boeke en skrywers 2023-09-28

Die gala-aand van die kykNET-Rapport-boekpryse het op Saterdagaand 23 September 2023 by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad plaasgevind. Hier is foto’s van die geleentheid.

Persverklaring: Die 2023-AVBOB Poësiekompetisie is ’n viering van Suid-Afrika se poësie-erfenis

LitNet Skryfkompetisies 2023-09-28

’n Keur van opdraggedigte en ses Khoisan-gedigte uit die Bleek en Lloyd-versameling rond die bloemlesing af. Hierdie omvattende bundel is saamgestel deur die hoofredakteur van die AVBOB Poësiekompetisie, Johann de Lange, en die Tshivenda-redakteur van die kompetisie, Agnes Mawela.

OmmiGhellie met Frazer Barry terug vir ’n tweede seisoen

LitNet kykNET Portaal 2023-09-28

Ons stories. Ons volkskatte. Ons erfenis. Dít is waaroor dit vir Frazer Barry in OmmiGhellie gaan, wat na kykNET&kie terugkeer vir ’n tweede seisoen op 6 Oktober. 

Persverklaring: Gewilde aandwedloop op Paarlberg vir goeie doel op 13 Desember 2023

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2023-09-28

Met die groeiende uitdaging om die lewensgehalte van pasiënte met lewensbedreigende siektes, asook hul gesinne, te verbeter, is dit nou die tyd om draf-draf (of stap-stap) geld in te samel vir die Drakenstein Palliatiewe Hospies. Boonop is talle kontantpryse op die spel wanneer die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Historium Trust, Drakenstein Palliatiewe Hospies en Paarl Atletiekklub se pretgelaaide Aandwedloop op Woensdag 13 Desember 2023 op die beeldskone Paarlberg plaasvind

Graad 2: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-28

Is jy in graad 2 en moet jy in Wiskunde uitwerk hoeveel kinders daar in jou klas is as ’n prentjie van een dogtertjie al die tyd vyf dogtertjies voorstel en ’n prentjie van een seun dalk sewe seuns? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry ’n maklike manier om vir oulaas vir die toetsreeks voor te berei. As jy wonder hoekom hierdie twee kinders so mistroostig lyk, is die antwoord: Hulle weet nie dis amper vakansie nie!

Pasverskyn: Laaste kans deur Marita van der Vyver

LitNet Boeke en skrywers 2023-09-28

’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se verjaardag te vier. Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis aan die Weskus. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party van lewensmaats en drome afskeid neem; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette, wat haarself nie so ver kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie.

Fedsas-persverklaring oor BELA: Is die koeël deur die kerk vir onderwys?

LitNet SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-09-28

Ons, die mense van Suid-Afrika, sal moet opstaan vir openbare skole en baie harder baklei vir gehalte-onderwys vir elke kind in ons land. Ons moet besluitnemers aanspreeklik hou vir die nakoming van hul verantwoordelikhede. Goeie ouers moet hand opsteek en staan as kandidate in volgende jaar se beheerliggaamverkiesing en elke ouer moet gaan stem.

Press Release: Celebration of Sindiwe Magona, Puku Children’s Literature Foundation

LitNet Books and writers 2023-09-28

Two highlights of the programme are the launch of Amazwi’s new exhibition on the life and work of literary legend Sindiwe Magona and the launch of the Masifunde Sonke Reading Programme by the Puku Children’s Literature Foundation and Rhodes University.

Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2023

LitNet Boeke en skrywers 2023-09-23

Die kykNET-Rapport-pryse, wat altesaam R1 miljoen bedra, is Saterdag vir die tiende keer oorhandig. Met dié pryse word jaarliks erkenning gegee aan uitnemende Afrikaanse boeke en resensies wat in die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is al die wenners!

ATKV-Woordveertjies 2023: Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys

LitNet ATKV-Portaal 2023-09-22

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Hier is die wenners van die Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys.

LitNet: Klanke van jou keel

LitNet Nuusbrief 2023-09-22

LitNet: Klanke van jou keel

Persverklaring: Aardklop vier Erfenisdag met 30% afslag!

LitNet Aardklop 2023-09-21

Momentum Beleggings Aardklop vier vanjaar Erfenisdag deur afslag op sekere kaartjies te gee. Hier is nog inligting.

Top