Nuut by Tafelberg: Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese
2023-08-23Anelia Heese hervertel die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970’s en 1980’s verplig is om weermagdiens te doen. In Diensplig praat van dié mans, baie van hulle vir die eerste keer, openhartig oor hul ervaringe.
Nuut by Protea Boekhuis: Dan sien ons mekaar deur James Scott
2023-08-23James Scott is ’n kliniese sielkundige: Hy sien mense en word deur hulle gesien. Die woorde “Dan sien ons mekaar” is die eerste keer geuiter deur die spesialis wat sy kornea-oorplantings behartig het. Dan sien ons mekaar is ’n versameling eg menslike stories oor die lief en leed op James se persoonlike lewensreis. Dit is ’n eerlike blik op hoe terapeut en kliënt mekaar se lewens raak.
Programma Festival voor het Afrikaans 2023 bekend
2023-08-23Het Festival voor het Afrikaans is een tweejaarlijks festival dat als doel heeft het Nederlandse en Vlaamse publiek te laten kennismaken met de rijkdom van de Afrikaanstalige cultuur. Deelnemers zijn onder meer Antjie Krog, Stef Bos, Adriaan van Dis, Amanda Strydom, Ronelda Kamfer, Babs Gons, Frazer Barry, Dean Balie, Marlo Minnaar en de Klimaatdichters | 24–26 november, theater De Regentes, Den Haag
Persverklaring: ’n Gospelkonsert | Press release: A gospel concert
2023-08-23Vang gees by Taalmonument met ’n spirituele sangfees. | Catch the spirit at Taalmonument with festival of sacred songs.
Pasverskyn: Leë blikkies vol liefde, ’n kortverhaalbundel saamgestel deur Fiona van Kerwel
2023-08-23’n Splinternuwe bundel met kortverhale vir leerders in graad 7 tot 9! Onder andere is daar werk van Jeremy Veary, Jan van Tonder, Carina Stander, Diana Ferrus, EKM Dido, Derick van der Walt, Elrien Scheepers en Allison Matroos opgeneem. Die aanslag is perfek vir klasgebruik met woordelyste, ’n kort opsomming van elke verhaal en biografie van die skrywer, asook vrae en aktiwiteite.
Persverklaring: Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend
2023-08-22Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Vanjaar is geen uitsondering nie en die ATKV sit graag ’n veer in die hoed van skrywers vir hul uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit.
Boekbekendstelling: "The Cape Muslim Vernacular" deur Mogamat Alexander | 26 Augustus 2023, Kaapstad
2023-08-22Sybrandus Adema: "Alexander brei ook uit op sy hartstog vir Arabies-Afrikaans – algemeen aanvaar as die eerste geskrewe vorm van die taal en ten nouste gekoppel aan gesproke Maleis-Afrikaans – met talle voorbeelde en transkripsies asook sy voorstelle vir die ‘vermiste’ moderne Afrikaanse klanke."
Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2023-08-22"As jy vanjaar in graad 7 is, weet jy dat ’n refleksie nie altyd ’n weerkaatsing beteken nie (behalwe as jy ’n Afrikaans-toets skryf). Laai hierdie gratis oefentoets deur Lee-Ann West af, oefen begrippe soos refleksies en translasies ... en jou rapportpunte vertaal sommer van 'goed' na 'uitstekend'."
Persverklaring: Program van die twaalfde Tuin van Digters op 15 en 16 September 2023 in Wellington
2023-08-19Die gewilde Tuin van Digters-fees, wat oor die jare gevestig is as die Tuiste van die Afrikaanse digkuns in Suid-Afrika (en die wêreld!), vind op Vrydag 15 en Saterdag 16 September 2023 vir die 12de agtereenvolgende jaar by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas.
Persverklaring: Laaste week om programvoorstelle vir KKNK 2024 in te dien
2023-08-18Kunstenaars en kreatiewe skeppers en denkers het nog een week om programvoorstelle vir die 28ste KKNK in te dien. Slegs aanlyn voorstelle wat teen die sluitingsdatum van Vrydag 25 Augustus ingedien is, word oorweeg.
Laaste hulde aan Dan Sleigh
2023-08-17Die skrywer Dan Sleigh is op 29 Julie 2023 oorlede. LitNet plaas – met toestemming – huldeblyke en foto’s deur familie en vriende. (Uit die skrywes sou mens kon aflei dat Dan Sleigh se grootwordjare en sy vroeë blootstelling aan ’n VOC-baken op die plaas waar hy gebore is, dalk die inspirasie kon wees vir sy volgehoue belangstelling, navorsing en skrywes oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis.)
Persverklaring: Spesiale fokus op die landbou by die Etienne van Heerden Veldsoirée
2023-08-17Almal wat belangstel in Suid-Afrika se toekoms, en veral in die toekoms van ons landbougemeenskappe, moet solank hul kaartjies bespreek vir twee belangrike gesprekke op Saterdag 23 September by Buffelshoek, ’n plaas net buite Cradock.
Press release: Special focus on agriculture at the Etienne van Heerden Veldsoirée
2023-08-17Anyone who is interested in South Africa’s future, especially of our agricultural communities, should book their tickets for two important talks on Saturday, 23 September at Buffelshoek, a farm just outside Cradock.
Uitnodiging: Algemene Simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns | 28 en 29 September 2023
2023-08-17Akademielede en ander belangstellendes word aangemoedig om die simposium by te woon van 28 tot 29 September 2023. Die tema vir vanjaar se simposium is Volhoubare menslike welstand in Suid-Afrika.
