Nuut by Naledi: ’n Lewe hier deur Robert Vosloo
2023-11-02Hoe eien ons hierdie lewe, hiér en nóú, toe as óns lewe? Hoe onthou ons die verlede reg? Wat behels ’n lewe – ook ’n lewe saam met ander – wat in die teken van genade en dankbaarheid staan? Hoe praat ons oor hoop te midde van donkerte en angs? Hierdie is van die vrae wat in ’n Lewe hier ter sprake kom.
Persverklaring: ’n Dubbeldoorvoorreg by die Breytenbach Galery
2023-11-02Daar is Saterdag 4 November 2023 ’n dubbeldoorvoorreg by die Breytenbach Galery. Die bekroonde Woordkunstenaar Chris van Niekerk gaan gedigte van Breyten Breytenbach voorlees, terwyl luisteraars sy skilderye vir Oulap se Rooi maak (ook mos) mooi kan besigtig.
Persverklaring: Lize Beekman by Die Boer-teaterrestaurant
2023-11-01Lize Beekman tree vanjaar slegs op 4 en 5 November in die Kaap op. Hier is nog inligting.
Press release: An Eastern Cape metro receives a UNESCO City of Literature status
2023-11-01It is hoped that the City of Literature will not only provide a profile and bring benefits to Buffalo City Metro, but also to Amazwi as a national museum of literature based in the province, as well as libraries, universities, bookshops, other literary activities in the province, independent publishers and many authors at large.
Persverklaring: Dis tyd vir die Klerksdorp Boekefees
2023-11-01Die fees skop op ’n hoë noot af op Vrydagaand 3 November met Dana Snyman wat van sy reisstories met Klerksdorpers kom deel.
Coffee Junction Café in Montana, Pretoria: uitnodiging na Gebeente-boekbekendstelling
2023-10-31Jy word hartlik uitgenooi na die boekbekendstelling van Etienne van Heerden se Gebeente op Woensdag 1 November 2023 om 18:30 vir 19:00. Hier is die besonderhede.
Boekeplek in Garsfontein, Pretoria: uitnodiging na Gebeente-boekbekendstelling
2023-10-31Jy word hartlik uitgenooi na die boekbekendstelling van Etienne van Heerden se Gebeente op Donderdag 2 November 2023 om 11:00. Hier is die besonderhede.
Graad 4: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-10-30Is jy in graad 4 en moet jy voorberei vir jou Wiskunde-eksamen? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveldt om jou somme te oefen, onder andere met ’n woordsom van ’n graad 4-leerder wat inkopies moet gaan doen. Vier hierdie feesseisoen fees nie net omdat jy goeie winskopies by die plaaslike mark raakloop nie, maar ook weens jou goeie punte!
Persverklaring: Oproep om nominasies vir die SA Akademiepryse 2024
2023-10-30Die SA Akademie wag nominasies in vir die Akademiepryse wat in 2024 vir toekenning oorweeg word.
Graad 6: NW-voorbereidingstoets en memo, vierde kwartaal
2023-10-30Is jy in graad 6 en droom jy oor hoe die maan tydens jou vakansie op die see sal skyn? As jy met hierdie gratis NW-vraestel van JC van Tonder vir jou eksamen voorberei, sal jy sien dat dit nie regtig is wat met die maan gebeur nie. Leer hier wat regtig gebeur, gaan skryf die eksamen – en kort voor lank sien jy blink rapportpunte én daardie helder weerkaatsing op die water.
Persverklaring: ATKV deel van Worldplay on Paper by Mogale-fees 2023 | 3 November, Javett-UP
2023-10-30Woordkuns word inderdaad woord en kuns, maar dit is ook ’n geleentheid waar tien opwindende zines in A5-grootte bekendgestel word. Tien digters en tien beeldende kunstenaars/illustreerders het in pare saamgewerk om elkeen ’n unieke zine te skep, as’t ware klein, geïllustreerde digbundels.
Persverklaring: Jean Meiring in gesprek met Etienne van Heerden oor Gebeente
2023-10-28Jean Meiring sal op 2 November 2023 in Parktown, Johannesburg, gesels met Etienne van Heerden oor sy roman Gebeente.
Persverklaring: Die wenner van ATKV-DigiToneel – jong Stellenbosser is gekies vir die kollig!
2023-10-27Die wenner van ATKV-DigiToneel 2023 is op 24 Oktober bekendgemaak tydens die laaste episode van Gekies vir die Kollig, die ATKV se realiteitsreeks op VIA (DStv-kanaal 147) ná ’n sensoriese reis van agt maande op soek na die jongste talent vir die kamera. Jean Retief (17) van die Hoërskool Stellenbosch het die beoordelaars in die finale ronde beïndruk met sy monoloog, Opbreek, geskryf deur André Gerber.
Persverklaring: Woordtrofees-benoemings 2023
2023-10-27The nominations for this year’s Woordtrofees Awards have been released. The winners, who will receive a certificate and a financial prize, will be announced on 13 November at an awards ceremony to be held at Oude Libertas Amphitheatre in Stellenbosch.
