LitNet

LitNet

Persverklaring: Nuwe datums vir die 2023 Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe – 15 tot 16 Februarie 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-11-22

Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika sal hul navorsing, wat in Afrikaans aangebied word, in die vorm van ’n referaat (20 minute) of plakkaat (5 minute) by die simposium aan bied.

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool 2023 | Theatre review workshop 2023

LitNet Slypskole 2023-11-21

LitNet en STAND (The Sustaining Theatre and Dance Foundation) bied oor die volgende maande ’n aanlyn teaterresensiekursus vir vyf Afrikaanse en vyf Engelse aspirantresensente aan. Hier is al die inligting. | Over the next few months LitNet and STAND (The Sustaining Theatre and Dance Foundation) will be presenting an online theatre review workshop for five aspiring Afrikaans and five aspiring English theatre reviewers. Here is all the information.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-20

Is jy in graad 6 en droom jy oor die vakansie? In die gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen wat jy hier kan aflaai, sal jy heelwat taaloefeninge met sport as onderwerp aantref. Draf flink deur hierdie vraestel vir dinamiese punte. Oor ’n rukkie is dit tyd vir sports by die see (in die woordeboek kan jy naslaan dat dit ’n aanvaarbare Afrikaanse woord is).

LitNet: Die plagiaat-pandemie

LitNet Nuusbrief 2023-11-17

LitNet: Die plagiaat-pandemie

Nuut by Naledi: Geweld teen vroue: Dit is tyd dat mans begin praat

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-11-17

Saamgestel deur Bernard Lategan, Jody Hendricks, Willemien Brümmer, Kopano Ratele en Chris Jones: "Aangesien geweld gedy wanneer omstanders niks doen nie, wil ons (as mans) onsself daartoe verbind om alle vorme van gedrag wat die waardigheid van vroue aantas aan die kaak te stel en ons daarteen te verset, ongeag of dit tuis, in die werksplek of in sosiale ruimtes voorkom."

Nuut by Pharos: Senior tweetalige skoolwoordeboek

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-11-17

Die Senior tweetalige skoolwoordeboek (graad 10–12) bevat 50 000+ trefwoorde. Die uitleg en sorgvuldige taalleiding steun suksesvolle vertaling en kommunikasie in beide Afrikaans en Engels.

Nuut by Naledi: Deur die tonnel van twyfel deur Koos Kombuis

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-11-17

Koos vertel in Deur die tonnel van twyfel iets van sy eie reis as self-erkende “weeskind van die kosmos”. Hy beskryf ook, sonder om te oordeel, sommige van die alternatiewe wat mense aangryp in hul soektog na ’n sinvolle geestelike verwysingsveld, soos ateïsme, die I-Ching, evolusie, asook die charismatiese opsie.

Persverklaring: Christof Berg se "Wil jy sien hoe lyk die hemel"

LitNet Musiek 2023-11-17

Maar dis juis die verliese wat ons dryf om insig te gaan soek. Dit is soos Cohen gesê het, dat die lig inkom deur die krake.

Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-17

Is jy in graad 10 en moet jy die Venn-diagram baasraak? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af, oefen jou somme en wen die res van die klas met uitstekende punte!

Fresh off the press: Who will rule South Africa? by Adriaan Basson and Qaanitah Hunter

LitNet Books and writers 2023-11-17

Basson and Hunter map out the likely scenarios for a coalition government after the 2024 election and what it will mean for the country if politicians such as John Steenhuisen, Julius Malema or Herman Mashaba gain access to the Union Buildings.

Graad 11: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-17

Is jy in graad 11 en lê jou Wiskunde-eksamen voor? Eet wortels om met al die vierkantswortels te help. En laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en wys daardie Wiskundesomme waar Dawid die wortels begrawe het.

Persverklaring: Voorleggings ingewag vir Jan Rabie-Rapportprys 2024

LitNet Boeke en skrywers 2023-11-16

Uitgewers word uitgenooi om boeke voor te lê vir die Jan Rabie-Rapportprys 2024 vir debuut- of tweede prosawerke in Afrikaans. Die inskrywingsvorm kan hier afgelaai word.

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Soekenjin deur Bibi Slippers | 21 November, Johannesburg

LitNet Boeke en skrywers 2023-11-16

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Soekenjin, Bibi Slippers se jongste digbundel, op 21 November by Love Books in Melville, Johannesburg.

Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-15

Is jy in graad 9 en laat die algebraïese formules jou kop draai? Hierdie gratis oefenvraestel en memo wat deur Lee-Ann Langeveld vir LitNet opgestel is, mag dalk ’n towerformule bevat wat jou die werk beter sal help verstaan. Laai die vraestel en memorandum gratis hier af.

Boekbekendstelling: Duiwelsroos deur Leon van Nierop | 18 November 2023, Bloemfontein

LitNet Boeke en skrywers 2023-11-15

Leon van Nierop se nuutste boek, Duiwelsroos, word op Saterdag 18 November 2023 om 10:00 by NALN in Bloemfontein vrygestel. Die geleentheid is ook ter viering van Leon van Nierop se skrywersloopbaan.

 

Top