Press release | Persverklaring: IMAI Trio

  • 0

(Afrikaanse volg op die Engels)

Endler Prestige Concert Series presents “IMAI Trio” with Annelize de Villiers (clarinet), Brandon Phillips (bassoon), José Dias (piano)

Friday 8 March 19:00 | Endler Hall

The Endler Prestige Concert Series is thrilled to present the newly formed IMAI Trio on Friday evening, 8 March 2024, at 19:00 at the Endler Hall, Stellenbosch Konservatorium. Comprising three distinguished South African musicians – clarinetist Annelize de Villiers, conductor and bassoonist Brandon Phillips, and pianist José Dias – the IMAI Trio promises an evening of exquisite chamber music exploration.

Diverse Musical Palette

The newly constituted IMAI Trio brings together three close colleagues, each a prominent SA musician in their own right – clarinetist Annelize de Villiers, conductor and bassoonist Brandon Phillips, and pianist José Dias. In this exciting new ensemble they will be exploring the fascinating music written for this unique instrumental combination.

The Endler audience will be treated to an eclectic programme of trio and duo works, showcasing the various instruments’ musical characters – from the grand scale of Beethoven’s beloved “Gassenhauer” Trio to the heartfelt tragedy of Glinka’s Trio Pathétique, plus an added dash of Argentinian tango by Astor Piazzolla, and much more.

Annelize de Villiers expresses her excitement about the IMAI Trio, stating: “I am so excited about our new IMAI Trio - I can’t wait to make music with two very special colleagues and incredible musicians! Our first concert together will showcase our love for diverse styles and genres of music, and I look forward to exploring the beautiful and intricate colors, textures, and melodies of the music, and to share this with the audience.”

Brandon Phillips shares his anticipation: “I look forward to making music with Annelize and José. Music is their life, and I’m blessed to share the stage with such amazing musicians. This will be our first performance as the IMAI Trio, and I know it’s going to be one of the musical highlights of my career.”

José Dias echoes the excitement, stating: “Not only is the music on this program an absolute treat to play, but to know that you have next to you two world-class colleagues just makes it so much more exciting! I am so happy about our new IMAI trio and I cannot wait for this performance and many more to come.”

An Unmissable Concert This concert promises to be a musical highlight, with the IMAI Trio delivering a captivating performance that showcases their passion for diverse musical styles and genres. Bookings at webtickets.co.za

***

Endler Prestige-konsertreeks bied aan: “IMAI Trio” met Annelize de Villiers (klarinet), Brandon Phillips (fagot), José Dias (klavier)

Vrydag 8 Maart 19:00 | Endlersaal

Die Endler Prestige-konsertreeks bied met trots die nuutgestigte IMAI Trio op Vrydagaand, 8 Maart 2024, om 19:00 by die Endlersaal, Stellenbosch Konservatorium aan. Bestaande uit drie vooraanstaande Suid-Afrikaanse musikante – klarinetspeler Annelize de Villiers, dirigent en fagotspeler Brandon Phillips, en pianis José Dias – beloof die IMAI Trio ’n aand van keurige kamermusiekverkenning.

Diverse musikale palet

Die nuutgestigte IMAI Trio bring drie hegte kollegas bymekaar, elk ’n prominente SA musikant in eie reg – klarinetspeler Annelize de Villiers, dirigent en fagotspeler Brandon Phillips, en pianis José Dias. In hierdie opwindende nuwe ensemble verken hulle die fassinerende musiek wat vir hierdie unieke instrumentale kombinasie geskryf is.

Die Endler-gehoor sal getrakteer word met ’n eklektiese program van trio- en duowerke wat die verskillende instrumente se musikale karakters ten toon stel - van die grootse skaal van Beethoven se geliefde ”Gassenhauer” Trio tot die boeiende tragedie van Glinka se Trio Pathétique, met selfs ’n knippie Argentynse tango deur Astor Piazzolla daarby, en veel meer.

Annelize de Villiers spreek haar opgewondenheid oor die IMAI Trio uit en sê: “Ek is so opgewonde oor ons nuwe IMAI Trio - ek kan nie wag om saam met twee baie spesiale kollegas en ongelooflike musikante musiek te maak nie! Ons eerste konsert saam sal ons liefde vir diverse style en genres van musiek ten toon stel, en ek sien uit daarna om die pragtige en ingewikkelde kleure, teksture en melodieë van die musiek te verken, en om dit met die gehoor te deel.”

Brandon Phillips deel sy afwagting: “Ek sien uit daarna om saam met Annelize en José musiek te maak. Musiek is hul lewe, en ek is geseënd om die verhoog met sulke wonderlike musikante te deel. Dit sal ons eerste optrede as die IMAI Trio wees, en ek weet dit gaan een van die musikale hoogtepunte van my loopbaan wees.”

José Dias eggo die opgewondenheid en sê: “Nie net is die musiek op hierdie program ’n absolute bederf om te speel nie, maar om te weet dat jy langs jou twee wêreldklas kollegas het, maak dit net soveel meer opwindend! Ek is so bly oor ons nuwe IMAI-trio en ek kan nie wag vir hierdie optrede en nog vele meer om te kom nie.”

’n Konsert wat nie gemis mag word nie. Hierdie konsert beloof om ’n musikale hoogtepunt te wees, met die IMAI Trio wat ’n boeiende vertoning lewer wat hul passie vir uiteenlopende musiekstyle en genres ten toon stel. Besprekings by webtickets.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top