Persverklaring: 2024 Endler-konsertreeks betower met eklektiese eerste seisoen

  • 0

Die eerste seisoen van die Universiteit Stellenbosch se Endler-konsertreeks vind van Februarie tot Julie 2024 plaas. Foto: verskaf

Die Universiteit Stellenbosch Konservatorium is trots om die langverwagte begin aan te kondig vir die 2024 Endler-konsertreeks (Seisoen 1), wat gehore vanaf hierdie Vrydag, 23 Februarie sal bekoor, en duur tot dit met die gesogte Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees afgesluit word mid Julie.

Hierdie seisoen beloof om ’n musikale reis te wees, met ’n uitstekende reeks plaaslike en internasionale kunstenaars. Konsertgangers kan ’n buitengewone verskeidenheid konserte verwag wat uiteenlopende musikale genres strek - van klassiek, koor, opera en groot orkes, tot jazz en wêreldmusiek, sowel as boeiende ensembles, en baanbrekende samewerkings. Die Universiteit Stellenbosch Departement Musiek is opgewonde om ’n seisoen van hoëstandaarduitvoerings aan te bied wat die rykdom en verskeidenheid van die musikale landskap van Stellenbosch en verder ten toon stel.

Die reeks open op Vrydag 23 Februarie met Intertwined: Dvořák and Brahms – ’n unieke musikale samewerking wanneer die Suid-Afrikaanse virtuose David Bester (viool), Aristide du Plessis (tjello) en Nina Schumann (klavier) vir die eerste keer saam verskyn. Op die program is twee ikoniese Dvořák- en Brahms-werke, saam met die wêreldpremière van verweef, ’n nuwe komposisie deur Stellenbosse komponiste Antoni Schonken en Arthur Feder.

Die plaaslike Kaapse jazz-pianis Ramon Alexander. Foto: verskaf

In Jazz Chronicles of a German in Cape Town (Vrydag 1 Maart) voer die Duitse kontrabaskitaarspeler Martin Zenker, wat gereeld tussen Mongolië, München, Rio de Janeiro en Stellenbosch reis, saam met musikante van Duitsland en Suid-Afrika wat deel is van ’n nuwe opwindende uitruilprogram tussen die US Departement Musiek en die Universiteit van Musiek en Uitvoerende Kunste München, op. Die konsert sluit die plaaslike kunstenaars Ramon Alexander (klavier), Sima Mashazi (sang) en die Duitse pianis Andreas Kissenbeck, in.

Vanjaar, op Saterdag 2 Maart, is ook die eerste verskyning van die Wynlandse Filharmoniese Orkes onder leiding van Reghardt Kühn in die Endler-konsertreeks met hul Somer-Oesfeeskonsert, wat die oesseisoen van die Kaapse wynlande vier.

Die Wynlandse Filharmoniese Orkes onder leiding van Reghardt Kühn in die Endler-konsertreeks met hul Somer-Oesfeeskonsert, vier die oesseisoen van die Kaapse wynlande. Foto: verskaf

Ander eerstes sluit in die debuutuitvoering van die IMAI Trio (Vrydag 8 Maart) met klarinetspeler, Annelize de Villiers, dirigent en fagotspeler Brandon Phillips, en pianis José Dias wat die fassinerende musiek verken wat geskryf is vir hierdie unieke instrumentale kombinasie – van die groot skaal van Beethoven tot die Argentynse tango.

Op Maandag 11 Maart bied die US Sangafdeling en UCT Opera hul nuutste samewerking Canciones españolas, onder leiding van Jeremy Silver, en op 15 en 16 Maart span die Schola Cantorum-koor en die Stellenbosch Camerata, onder leiding van Martin Berger, saam om die groots Mozart se Requiem. Op 27 Maart sal die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) onder leiding van Liam Burden werke van Dvořák en Hofmyer ten toon stel, terwyl die Stellenbosch Jeugorkes (SYO) die aand met ’n gordyn-optrekitem open.

In April tot Junie tree die Tygerberg Kinderkoor (21 April, 8 Junie), die Stellenbosch Universiteitskoor (3 en 4 Mei) en Voces Cordis-koor (24 Mei) op en is is daar ‘n 80ste verjaardagvieringskonsert ter ere van dirigent, Acáma Fick op 24 April. Op 27 April is daar ‘n spesiale Band Extravaganza Freedom Day-konsert. Ander kunstenaars wat die Endler-verhoog sal verskyn is die 2023 Unisa Nasionale Klavierkompetisie-wenners Gerhard Joubert (klassieke klavier) en Brathew van Schalkwyk (jazzklavier) in A Night at the Piano (10 Mei) en die bekroonde Megan-Geoffrey Prins (klavier) en Karen Devroop (sax) kombineer kragte in Duality: Jazz Saxophone & Classical Piano op 7 Junie. Die legendariese Zimbabwiese sanger en kitaarspeler, Louis Mhlanga tree op 24 Junie by die IAML-kongres op met Schalk Joubert (bas), Kevin Gibson (tromme) en Sima Mazhazi (sang) in Afrika, My Love – An evening with Louis Mhlanga & friends. Kaartjies vir die konserte vanaf April tot Junie open in Maart.

Nina Schumann. Foto: verskaf

“Hierdie seisoen is ’n viering van ons verbintenis tot ons uiteenlopende en dinamiese musikale gemeenskap," sê Vicky Davis, Artistieke Bestuurder van die US Konservatorium. "Ons is verheug om plaaslike en internasionale talente bymekaar te bring en ’n goed gebalanseerde program van werke en genres aan te bied - welbekend en nuut - wat ’n atmosfeer skep wat die talent en diversiteit van ons musiekgemeenskap vier.”

Musiekliefhebbers word aangemoedig om vroegtydig hul kaartjies te verseker vir wat beloof om ’n onvergeetlike reeks konserte te wees.

Om kaartjies te bespreek besoek gerus www.webtickets.co.za

Vir persnavrae, onderhoude of bykomende inligting, kontak asseblief:

E-pos: concerts@sun.ac.za
Tel: 021 808 2358
Web: endler.sun.ac.za

Instagram: www.instagram.com/sukonservatorium

Facebook: www.facebook.com/Stellenbosch.Konservatorium

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top