Persverklaring: Kortlys vir LAPA Uitgewers se Jeugromankompetisie 2023 bekend!

  • 0

Die kortlys vir LAPA Uitgewers se Jeugromankompetisie vir 2023 is bekend! Die Jeugromankompetisie word elke tweede jaar aangebied en dié gewilde kompetisie trek elke slag groot name, soos Annelie Ferreira (Dit het alles begin by ’n hond), Fanie Viljoen (Offers vir die vlieë) en Nerine Ahlers (Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit).

Die kompetisie se prysgeld beloop R60 000 en selfs skrywers wat nie in die top drie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

Die kortlys (in geen spesifieke volgorde nie):
  • Die dertiende dag in Chengdu – De Wet Hugo
  • ’n Spinasie-situasie – Nerine Ahlers
  • Bravo! Charlie – Jacolet van den Berg
  • Ek is Elisabeth – Nerine Ahlers
  • ’n Hart van groen – Annelie Ferreira
  • Ons laaste legendariese somer – Fanie Viljoen
  • Quinn se jaar van kwik – Zelda Bezuidenhout
  • Sterstof – Annerle Barnard
  • Ver-volg-verhaal – Francois Bloemhof
  • Dodelike diamantjie – Jan Vermeulen
  • Vrou met vonk – Helene de Clercq

Die wenners word regstreeks op Woensdag 13 Maart om 20:00 op die Lekkerleesboekrak (Facebook) bekendgemaak. Skrywer Marion Erskine en smaakmaker Anschen Conradie, albei betrokke by die Lekkerleesboekrak, sal die verrigtinge lei.

Teken in op om saam te kuier.

Lees ook:

Wenners van LAPA se Jeugromankompetisie bekend

Wenners van LAPA se Jeugromankompetisie 2017 aangewys

Twintig vrae aan LAPA se jeugromanwenners

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top