In die redigeringswerkwinkel kyk deelnemers en VivA se voormalige taaladviseur, Sophia Kapp, na makroredigeringskwessies soos genrekonvensies, struktuur en verwysings, mikroredigeringskwessies soos styl, formatering, taalgebruik en interpunksie, en die K3-model as ’n praktiese hulpmiddel by redigering.
Daar moet vooraf geregistreer word om hierdie werkwinkel by te woon en die koste beloop R450,00 per persoon vir deelname. Vir meer inligting oor hierdie werkwinkel of om te bespreek vir die volgende werkwinkel, kan belangstellendes op hierdie skakel klik.
Die redigeringswerkwinkel vind 26 Februarie van 09:00 tot 13:00 plaas.