Persverklaring: Debuutvertoning van My broer, Gertjie by die Toyota US Woordfees 2023
2023-10-13Die filmmaker Niel van Deventer se dokumentêre film My broer, Gertjie is die verhaal van Gert Vlok Nel soos gesien deur die oë van sy broer en grootste ondersteuner, Elias. Die debuutvertoning vind 13 Oktober om 18:00 by die Neelsie Cinema as deel van die Toyota US Woordfees 2023 plaas.
Orde van die Windpomp 2023 aan Clinton du Plessis | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-10-12By die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée op Cradock is die Orde van die Windpomp deur Darryl David, die feesdirekteur, en die skrywer Etienne van Heerden aan die Cradockse digter Clinton du Plessis oorhandig. Van Heerden het daarna verwys as ’n "eksentrieke toekenning" vir wat hy Du Plessis se "dokumentêre" poësie noem.
Nuut by Tafelberg: In die Nimmer-Immer-Bos deur Linda Rode, geïllustreer deur Fiona Moodie
2023-10-12Reis saam na die Nimmer-Immer-Bos, waar ’n wêreld van stories wag!
Nuut by Naledi: Joernaal deur Clinton V du Plessis
2023-10-12Clinton V du Plessis is gebore op Kookhuis. Sy vader was ’n spoorweg-arbeider en sy moeder, aan wie hierdie bundel opgedra is, was ’n huisvrou wat nie kon lees of skryf nie.
Pasverskyn: vernietig deur Michel Houellebecq
2023-10-12Moderne begeerte, die massamedia, die stryd van bejaardes en eensames, en menslike sterflikheid word ondersoek.
Uitnodiging: Poësie en die klimaatskrisis – hoe praat digters terug?
2023-10-11Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Werkgemeenskap Vrystaat, in samewerking met die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, nooi alle belangstellendes hiermee hartlik uit na ’n byeenkoms waarby Pieter Odendaal as spreker gaan optree.
Uitnodiging: FilosofieKafee, 12 Oktober 2023 by die Boekklub, Pniel
2023-10-11Johann Rossouw in gesprek met Lydia von Wielligh-Steyn oor Michel Houellebecq se jongste roman, vernietig (Naledi, 2023) wat ontleed word aan die hand van René Girard se teorie van mimetiese begeerte en mededinging ten einde aan te toon hoekom Houellebecq die Dostojewski van ons tyd is.
Uitnodiging: Hertzoggedenklesing 2023
2023-10-11Alle belangstellendes word baie hartlik uitgenooi na die jaarlikse Hertzoggedenklesing wat vanjaar op Woensdag 18 Oktober 2023 om 18:00 in Pretoria plaasvind.
Persverklaring: Wenner van die Toyota US Woordfeeskortverhaalkompetisie 2023
2023-10-09Die wenner van die Toyota US Woordfees-kortverhaalkompetisie van 2023 is nou bekend.
Persverklaring: Kortverhaalskrywers van LitNet se Kommadagga-slypskool is bekend
2023-10-08Die Jakes Gerwel Stigting, LitNet en Huisgenoot maak graag die name bekend van die vyf kortverhaalskrywers wat gekies is vir die vierde jaarlikse Kommadagga-slypskool.
Press release: LitNet’s Kommadagga Workshop short story writers announced
2023-10-08The Jakes Gerwel Foundation, LitNet and Huisgenoot are delighted to announce the names of the five writers chosen for the fourth annual Kommadagga Workshop on short story writing.
Persverklaring: Max du Preez lewer die eerste PEN Afrikaans-lesing oor die stand van mediavryheid in Suid-Afrika by die Toyota US Woordfees 2023
2023-10-06Die veteraanjoernalis, analis en kommentator Max du Preez sal praat oor die verskillende gedaantes van Vrye Weekblad teen die agtergrond van uitdagings vir uitdrukkingsvryheid waarmee hulle deur die jare te doen gekry het.
Persverklaring: PEN Afrikaans en Human & Rousseau span saam as deel van ’n internasionale projek om ’n liefde vir lees te bevorder, ook in Xhosa
2023-10-06Moomin Characters Ltd en PEN International span sedert 2018 kragte saam om die beroemde Finse skrywer Tove Jansson se kortverhaal "Die onsigbare kind" te publiseer, met die doel om ’n liefde vir lees te bevorder, sowel as groter inklusiwiteit en kritiese denke oor ’n reeks temas wat met geslagsdiskriminasie verband kan hou.
Uitnodiging: DJ Opperman-gedenklesing 2023
2023-10-06Alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die driejaarlikse DJ Opperman-gedenklesing wat op 18 Oktober 2023 in Stellenbosch plaasvind.
