
Laerskool Noord, ’n komedie
met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie, Neels Coetzee
Regie: Gideon Lombard
Teks: Ilne Fourie
(Ouderdomsbeperking van 13)
Na meer as 80 vertoning en amper twee jaar op die pad is die komedie Laerskool Noord weereens op die pad, maar op sy laaste rondtes.
Laerskool Noord se leuse is Kyk noord en stoot voort, maar in hierdie lekker lag produksie is dit alles behalwe die geval. Drie onderwyseresse beplan ’n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussen die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans, en sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper en seëvier met haar glitter stickertjies en sticky notes, is hierdie personeelkamer ’n tikkende tydbom. Boonop gaan Meneer enige oomblik aankondig wie by hom oorneem as die nuwe hoof van Laerskool Noord. Kan dit een van hulle wees?
Laerskool Noord is ’n komiese kykie na wat werklik agter die swartbord gebeur.
Skrywer, Ilne Fourie, bekend vir haar RSG-radiodramas, kleur met haar tong-in-die-kies-humor en pittige waarnemingsvermoë hierdie karakters só in dat iedereen van ons sonder twyfel een van ons oud-onderwyseresse sal herken.
Gideon Lombard, bekroonde akteur en regisseur, hou almal se varkies, en in Meneer se geval, poedels op hok.
Die produksie word geskep in samewerking met Vrystaat Kunstefees en Aardklop en NATi.
- 7 Februarie: Drostdy Teater, Stellenbosch. Om 20:15. Kaartjies Computicket
- 8 Februarie: Hoërskool Swartland. Malmesbury: Kaartjies by die skoolkantoor
- 9 Februarie: Hoërskool Hopefield. Om 19:00. Kaartjies: Quicket
- 10 Februarie: Koelkamers-Teater, Paternoster. Om 17:00. Kaartjies: Www.Diekoelkamers.Com
- 3, 7, 8: Maart: Centurion Teater. Bespreek by Quicket
- 6 Maart: Springs Stadsteater. Bespreek by Computicket
- 6 April: George Arts Theatre. Bespreek by Computicket
- 8 April: Humansdorp
- 9 April: Gqeberha, Hoërskool Framesby
- 10 April: Uitenhage, Barklystraat Teater
- 11 April: Joubertina
- 12 April: Graaff Reinet, Hoër Volkskool
- 13 April: Beaufort-Wes

