Persverklaring: AfriSnaaks, jou lekker ding!

  • 0

Wayne McKay tree op in AfriSnaaks by die Kunstekaap-teater van 5 tot 10 Februarie 2024. Bespreek kaartjies hier.

Komediant, radio-omroeper en all-round entertainer Wayne McKay is weer op die planke te sien in sy nuwe show AfriSnaaks, in samewerking met Vulture Productions. Berei jouself voor virre aand van lag en ’n comedy show waar kulturele celebration centre stage vat. Bring jou vriende en familie om unieke stories te kom geniet wat highlight hoe taal, kultuur en gemeenskap ôs geïnspireer het en ôs maak wie ôs is.

Komedie het regtig altyd die power om mense te laat dink, en wanne ’n komedie show geskep is met die doel om hulde te bring aan die parts, in die geval die Afrikaanse taal, van someone wat hul identiteit gevorm en influence het, kan dit ’n paar werklik uitlokkende materiaal deliver, veral wanneer die layer van comedy bygevoeg is. In AfriSnaaks, geregisseer deur skrywer en akteur Jeremeo Le Cordeur, bring Wayne McKay ’n nuwe eenmanvertoning na vore wat geïnspireer is deur die komediant se “diep verbondenheid met die taal, [sy] liefde vir kreatiwiteit, en [sy] wens om ’n unieke bydrae te lewer tot die wêreld van stand-up komedie met die Afrikaanse taal as die sentrale fokus.”

Die vertoning sal gehoorlede oppe toer deur McKay se lewe neem tewyl hy Afrikaans en Afrikaaps in verskillende omgewings ervaar en sy eie special flair na sy komiese verhale bring. Toe hy oor sy vertoning gevra is, het hy gesê: “dit beloof ’n ryk taalervaring vir die gehoor [te wees]. Die resultaat van hierdie taalmengsel kan nie net snaakse situasies skep nie, maar ook ’n kulturele brug slaan wat mense van verskeie taalagtergronde kan verbind.”

Daar is nogals ’n groot verskeidenheid temas is wat aangeraak inni show is; onderwerpe soos heritage, skool, die COVID-19-pandemie, asook kulturele en linguistiese diversiteit in Suid-Afrika. Die laaste van hierdie McKay het kommentaar gelewer oor hoe dit “n dieper insig bied in die taalkundige en kulturele diversiteit binne die samelewing. Deur te fokus op die verskille en ooreenkomste tussen Afrikaans en Afrikaaps, kan AfriSnaaks ’n bydrae lewer tot die bevordering van kulturele begrip en respek vir taal diversiteit”.

“Ek hoop dat die gehoor uit die vertoning onthou hoe dit hulle laat voel het. Vir my is die doel van ’n stand-up komedie-show nie net om grappig te wees nie, maar ook om ’n emosionele resonansie by die gehoor te skep. Ek wil hê hulle moet nie net lag nie, maar ook ’n gevoel van vreugde, herkenning en dalk selfs empatie ervaar.”

McKay merk op dat hierri goed beplande,  komiese vertoning nie sonder uitdagings gekom het nie, en sê dat die regisseur, Jeremeo Le Cordeur, constantly die verbetering en verheffing van AfriSnaaks bevorder het; “Die verwagtinge van ’n ervare regisseur kan ’n druk op my plaas om op ’n hoë vlak van professionele uitvoering te lewer. Jeremeo Le Cordeur se betrokkenheid suggereer nie net ’n hoë standaard van kwaliteit nie, maar ook ’n spesifieke visie vir die produksie” het McKay gesê. Hy’t oek uitgeken dat die wêk ’n opportunity was om vi hom as ’n kunstenaar te groei.

“Die krag van stand-up komedie lê daarin om mense saam te bring deur gedeelde emosies. As die gehoor na die vertoning kan terugdink en onthou hoe hulle gelag het, hoe hulle hul alledaagse sorge vir ’n rukkie vergeet het, en hoe hulle dalk ’n nuwe perspektief op sekere sake gekry het, dan beskou ek dit as ’n sukses.”

AfriSnaaks belowe omme heerlike concoction van woorde, kultuur, taal en komedie te wees, gevul met skerp, topical humor. “Altesaam, julle kan dus ’n ervaring verwag wat nie net vermaaklik is nie, maar ook ’n venster na nuwe taal- en kultuur ervarings bied. Dit maak AfriSnaaks uniek en potensieel baie gedenkwaardig vir julle.”



AfriSnaaks

5 tot 10 Februarie 2024
70 min
Kunstekaap-teater: Innovation Lounge
Geen o/16
Kaartjies beskikbaar by Webtickets.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top