Elders gesien: Die tweejaarlikse TT Cloete-lesing

  • 0

 LitNet deel, met hul toestemming, hierdie inskrywing op Facebook van die Vakgroep Afrikaans en Nederlands, NWU

Die tweejaarlikse TT Cloete-lesing is laas week Donderdag, 16 November, deur die vakgroep Afrikaans en Nederlands op die NWU se Potchefstroomkampus aangebied. Dit is die dertiende lesing in die lesingreeks en vierde huldigingslesing sedert Cloete se dood in 2015.

Die doel van die lesings is eerstens om erkenning te gee aan die werk van Cloete, wat vir baie jare aan die NWU (voorheen die PU vir CHO) verbonde was. Tweedens is die doel om ’n platform vir openbare gesprek in en om die letterkunde te skep.

Vanjaar se lesing, met die titel “Grammatika en kreatiwiteit,” is behartig deur Timothy Colleman, leerstoelbekleër van die Nederlandse Wisselleerstoel in Suid-Afrika. Hierdie leerstoel is ’n gesamentlike inisiatief van die Taalunie, Diplomatieke Verteenwoordiging van Vlaandere in Suider-Afrika en die Ambassade van die Koninkryk van die Nederlande in Suid-Afrika. Daarmee saam word dit gereël deur die Taalunie, Internationale Vereniging voor Neerlandistiek (IVN) en Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN). Hierdie Neerlandistiekorganisasies is verteenwoordig deur Geraldine Reymenants en Nicolas Vandeviver (Diplomatieke Verteenwoordiging van Vlaandere in Suider-Afrika); Berto Bosscha en Jessica Glendinning (Ambassade van die Koninkryk van die Nederlande in Suid-Afrika) en Nerina Bosman (SAVN).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top